kategorieë: Ons menseBekendes

Govan Whittles wys ‘n ander kant van SA in nuwe dokkie

kykNET bied met trots Govan Ontbloot aan – ’n splinternuwe dokumentêre reeks wat op 30 Julie om 21:00 begin. Hierdie unieke en stylvolle produksie is nie ’n aktualiteits- of geselsprogram nie, maar eerder ’n eerlike, menslike verkenning van buitengewone Suid-Afrikaanse verhale – aangebied deur Govan Whittles, een van Suid-Afrika se mees ervare joernaliste.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Govan is bekend vir sy werk aan groot nuusstories soos Marikana, die Oscar Pistorius-verhoor en sy politieke dekking van partye soos die EFF, ANC en DA. Die Mail & Guardian, eNCA en Newzroom Afrika is van die instellings waar hy al sy stempel afgedruk het. Hy het ook internasionaal verskyn op platforms soos CNN en BBC. Govan is tans ’n aanbieder van Carte Blanche.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met ’n eerlike en visueel treffende aanslag laat Govan Ontbloot komplekse stories op natuurlike en waardige wyse ontvou. Die reeks bly doelbewus weg van tradisionele aanbiedingsvorms en vertrou eerder op kragtige beelde en eenvoudige, opregte vertellings om ’n impak te maak. Govan Whittles se unieke onderhoudstyl – deurdag, onbevooroordeeld en empaties – neem kykers saam op ’n reis na mense en ervarings wat dikwels buite die blikveld van hoofstroommedia val.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek hoop hierdie program gee mense ’n nuwe uitkyk – veral vir dié wat ander oordeel. Govan Ontbloot wil kykers aanmoedig om mense wat anders as hulle is met ’n oop gemoed te probeer verstaan,” sê Govan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Met sy onopgesmukte styl en nuuskierigheid, bring Govan die kykers nader aan mense wat hulle dalk vreemd of bedenklik sou vind.

Dié reeks van nege episodes bestaan uit heel uiteenlopende episodes wat die rykdom van die Suid-Afrikaanse sosiale landskap belig: van die drome van ’n Afrikaner-kultuurgemeenskap in Kleinfontein buite Pretoria, tot die wêreld van Afrikaanse swingers en Tokkie van Wyk se New Life Centre, waar verslaafdes kom vir genesing deur die enigste pil wat volgens Tokkie werk – die “gospel”. Govan reis ook na Namakwaland om uit vind hoe dit gaan met die delwers wat as pionne in Louis Liebenberg se magspel misbruik is. Só wys elke episode ’n wêreld wat vir die meeste van ons onbekend is.

John Webb, die uitvoerende vervaardiger, sê: “Wat Govan Ontbloot spesiaal maak, is Govan se vermoë om gewone mense gemaklik genoeg te laat voel om hul ware self te wys. Dis in daardie oomblikke waar ons eg Suid-Afrikaanse stories hoor.”

Rudi Botha, uitvoerende vervaardiger, voeg by: “Ons land het soveel uiteenlopende mense – elkeen met unieke uitdagings en verhale om te vertel.  Govan is in ’n klas van sy eie en kry dit reg om jou dié diverse landskap deur sy oë te laat sien en jou die soet en die suur van ons mense te laat verstaan.”

Onder die temas wat ondersoek word, is verlies, verslawing, misleiding, dapperheid, kriminaliteit en uithouvermoë.

Die reeksregisseur Andrew Hofmeyr sê: “Govan se nuuskierigheid gaan met amper forensiese kennis gepaard, en sy gemaklike dog reguit interaksie met allerlei mense, skep oomblikke waardeur ons almal kan loskom van vooropgestelde idees. Hy maak ons bewus daarvan dat ons ’n nuwe koers kan kies, vir onsself, ons gemeenskappe, en dalk vir ons land ook.”

Die dokkie word deur Combined Artistic Productions vervaardig wat verantwoordelik is vir programme soos Carte Blanche, Original Sin: My Son the Killer en Strangers You Know.

Govan Ontbloot begin 30 Julie om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: “Ek’s iewers tussen Dr. Phil en Judge Judy!” – Leandie du Randt oor haar rol in The Mommy Club se reünie

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Groot sjokolade-en-bosbessie-kraakkoekie

Genoeg vir 6-8   Bestanddele   280 ml (1 k + 2 e) sagte botter…

14 hours Gelede

Hoenderaftreksel

Maak jou eie hoenderaftreksel. Hierdie resep lewer sowat 2,5 liter. Deur Vickie de Beer

16 hours Gelede

Hoenderaftreksel met hoenderkluitjies

Hoendersop word nie verniet Joodse penisillien genoem nie. Daar is bevind dat hoendersop jou werklik…

16 hours Gelede

Ja, jy kan ‘n gelukkiger lewe lei. Hier’s hoe

Ons deel 10 wenke wat jou kan help om NOU te leef. Foto Clem Onojeghuo,…

17 hours Gelede

Doen-dit-self: Kokedama

Definisie van Kokedama: Die oorsprong hiervan kom uit Japan, waar dié plante baie populêr is.…

19 hours Gelede

Druk jy jou kind tot in die rooi?

Ouers belê baie tyd, emosionele energie en geld om ’n gelukkige en suksesvolle toekoms vir…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.