kategorieë: LeesOntspanning

GRATIS verhaal: Stervanger

GRATIS verhaal: Stervanger deur Martie Swanepoel. Hooffoto: iStock/Anastasiia Shavshyna

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stervanger deur MARTIE SWANEPOEL is ‘n storie vir almal wat nog kind is in hulle harte. Dis ‘n storie wat Mammas vir hul kinders kan lees en waarin Oumas en kleinkinders hulself kan verloor. Beleef hoe Amo, ‘n tengerige slimkop in graad sewe, leer om homself te laat geld in ‘n wêreld waarin die uitdagings groot lyk vir ‘n jong seun. Amo word geboelie, sy ma het ‘n nuwe kêrel en boonop trek daar ‘n lastige meisiekind op die buurplaas in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoofstuk 1: Meisiekind

“Die kind het oefeninge en sonskyn nodig, Elsa. Kyk hoe bleek is hy. Heeldag voor die rekenaar en heelnag voor die teleskoop. Ek sê jou, daardie kind het balans nodig.”

Van al die boyfriends wat sy ma al gehad het, dis nou al drie, is Janus seker die goorste, is Amo se mening. Glibberige Gerhardus en daai Barry-ou het hom gewoonlik net geïgnoreer. Net in sy ma belang gestel. Maar Janus wil skynbaar aan sy ma bewys hy is ’n goeie opvoeder. Hy wil soort van ’n pa wees en dit irriteer vir Amo.

Klik hier

Hoofstuk 2: Moeilikheid

“O vrek, hier kom ’n ding,” fluister Jaco vir Amo.

“E … e … nou noem vir my al die sterre se name op,” sê Wessels. Amo proes en druk sy mond teen sy mou om die lag te smoor.

“Ek kan nie, daar is te veel!” sê die meisie met ’n groot glimlag. Amo sit dadelik belangstellend regop. Hierdie meisiekind weet waarvan sy praat.

Klik hier

Hoofstuk 3: Buddy

Mamoeks roep van onder af: “Amo, hier is ’n besoeker vir jou!” Jessie het haar klaar in die kombuis ingewurm. Sy en haar hond.

“Jessie wil opstap na die watertoring en rietbos. Stap saam met haar.”

Amo kan nie glo dat sy ma wil hê hy moet die meisiekind na een van sy heiligste plekke op aarde neem nie. Netnou wil sy die toring uitklim. Die leë plafon op die stellasie langs die watertenk was sy pa se gunsteling plek. Hy en sy pa het saam ’n nuwe platform gebou vir hulle teleskope. Maar nou is dit verbode om die toring uit te klim. Mamoeks het hom verbied.

Klik hier

Hoofstuk 4: Trip

Die lekkerste deel van die skooldag vir Amo is dat Kurt uit Jessie se pad bly en hom dus ook vermy. Kurt se oog is effe geswel en Amo wonder wat die ander kinders sal doen as hulle uitvind Jessie het die skoolboelie so hard geklits. Hy besluit egter dat dit nie hy sal wees wat die nuus aan die res van Brandwag gaan oordra nie. Hy is nie ’n klikbek nie en as Kurt uitvind dis hy wat gepraat het, is stof vreet sy voorland.

Klik hier

Hoofstuk 5: Blou

Die volgende oggend kom Jessie kruppel aangestap na die busstop.

“Hey Jess, is dit seer?” Vra Amo.

“Ek sal leef.”

Hy wil, maar vra haar nie waar sy die vorige aand was nie. Jessie is stil in die bus. Sy reageer nie eens as Kurt haar met ’n lemoen gooi nie. By die skool staan Sanet en haar maats weerskante van die voorhekkie waar die buskinders moet deurloop.

Klik hier

Hoofstuk 6: Hop-hop

Amo loop stadig na die bushalte. Hy weet nie wat om vir Jessie te sê nie. Hy het nie eens by die tent ingegaan om Sanet te sien nie.

Gelukkig kom Sanet se ma se nuwe Mercedes verbygesweef. Sanet word dramaties tot by die kar gedra met ’n fladderende groep meisies wat ‘’oe’’ en ‘’aa’’ agterna.

Amo is verlig toe hy sien Jessie staan eenkant en glimlag.

“En die Oscar as beste aktrise gaan aan … Sanet!”

Klik hier

Hoofstuk 7: Groot dag

Jessie-hulle se huis lyk vir Amo soos ’n prentjie uit ’n ander land. Amo stel hom voor Turkse of Egiptiese huise lyk so. Daar is min stoele. Oral op die vloer is Persiese tapyte met groot helder kussings waarin mens kan wegsink. Jessie noem haar ma Annushka of sommer net Annie.

Amo voel nogal tuis in Annie se studio want teen die mure is talle sterrekonstellasies opgeplak. Annie gooi vir hulle ystee in voor hulle begin werk.

Klik hier

Hoofstuk 8: Fiets

Hy weet nie waar Janus vandaan gekom het nie, maar toe hy weer sien, het Janus Kurt aan die kraag beet. Met sy ander hand ruk hy die pet van Kurt se kop en gee dit aan Amo terug.
“Lekker om iemand te boelie wat kleiner as jy is, nê?”

Jak kies die hasepad.

“Hardloop maar boeta, ek weet hoe lyk jy. Ek wag vir julle volgende jaar by die hoërskool. Daar is lekker fris bulle wat met julle kan gesels.”

Janus druk sy vinger onder Kurt se neus.

“Seuntjie, hierdie oom trek jou stertvelle af as ek jou ooit weer sien ’n kleiner outjie boelie.”

Klik hier

Hoofstuk 9: Tjomma

Naby Kurt-hulle se afdraai sien hy iemand in die pad stap. Dis Kurt, hy het ’n rugsak by hom.

“Hey, Kurt! Wat maak jy die tyd van die nag op die pad?”

Kurt herken Amo eers as hy die valhelm afhaal.

“Breins, wat is dit met die valhelm? Verbeel jy jou bike is ’n motorfiets?” Hy grynslag.

“Waarheen is jy op pad, Kurt?”

“Ek waai. Ek gee pad uit hierdie dorp.”

Klik hier

Hoofstuk 10: Droom

Amo huil harder. Sy ma vryf oor sy rug. Dan skraap hy sy moed bymekaar.

“Dis Kurt, hy is nie in die rivier nie. Hy het nie verdrink nie.”

“Weet jy waar hy is?”

Klik hier

Hoofstuk 11: Siek

AMO voel die volgende weke eensaam by die skool. Soos laasjaar. Voor Jessie gekom het.

Hy praat partykeer met Ulrich en Jeandré as hulle vir die vasvra-olimpiade oefen, maar dis al. Kurt-hulle los hom uit vandat die stories oor Jessie se siekte begin uitlek het. Die kinders las die vreeslikste stertjies by aan Jessie se siekte en dit maak Amo kwaad.

Klik hier

Hoofstuk 12: Trane

Juffrou Alta kom haal hom daar.

“Ek het jou ma probeer bel, maar sy is by ’n distriksvergadering vir Afrikaans. Janus gaan jou huis toe neem.”

Juffrou Alta is al ouerig, weet hy. Hy hoop nie sy tree ooit af nie. Hy weet nie hoe oud sy is nie. Sy is beslis ouer as Mamoeks, maar nie so oud soos sy ouma nie.

Klik hier

Hoofstuk 13: Soen

Amo is nie lus om die boodskap met die ander te deel nie. Sy gesprekke met Jessie is vir hom amper heilig. Maar later pla sy gewete hom.

“Jessie sê sterkte. Sy sê ons moet die ander se alies skop.”

Die ander staar hom ’n paar sekondes verstom aan, dan antwoord Jaco. “Sê vir haar ons bring die beker huis toe.” Die ander stem saam. Vandag gaan hulle wen. Vir Jessie.

Klik hier

Hoofstuk 14: Wraggies

AMO is al wakker lank voor Mamoeks hom kan kom wakker maak om te ry. Janus het gesê sy moenie padkos inpak nie. Hulle sal sommer by die Wimpy langs die pad eet. Mamoeks pak nogtans ’n sak vol lekkers en snoepgoed in vir hulle week in die gastehuis.

Amo hou daarvan om in Janus se nuwe bakkie te ry. Dis ’n Ford Ranger Wild Trek. Die enigste een op Ventersdrif. ’n Wintie-bakkie, sê die ander seuns. Maar Janus jaag nie soos ’n windlawaai nie. Hy ry heel stemming.

“Jou ma het vir my gepreek. Ek mag nie met jou in die kar jaag nie,” sê Janus asof hy Amo se gedagtes kan lees.

“Hoe vinnig het jy hom al gery?” vra Amo nuuskierig.

“Belowe jy sal jou ma nie sê nie?”

Amo knik sy kop.

Klik hier

Hoofstuk 15: Wonderwerke

“Sy is nou wakker en ek het vir haar gesê ons sal deur die venster vir haar waai. Miskien gaan dit more beter en dan kan jy ingaan,” sê Annie en neem Amo se hand. Hy voel effens bang om Jessie na al die weke weer te sien. Laas was dit die dag voor die huissport en sy het nog gelag en rondgehardloop.

Klik hier

Hoofstuk 16: Tent

Annie belowe Amo hy kan die aand kom en sy teleskoop saambring.

“Ons kan haar bed skuif tot naby die buite-venster. Dan kan julle lekker in die sterre rondreis.”

By die gastehuis slaap Amo tot Janus hom wakker maak vir aandete.

“Ons gaan eet sommer ’n pizza voor ons hospitaal toe gaan.”

Amo weet Janus is nie lief vir pizza nie.

“Dis ok, Janus, ons hoef nie net te doen waarvan ek hou nie. Kom ons gaan eet eerder ’n steak. Dit sal ons krag gee.”

Klik hier

Hoofstuk 17: Buddy

“Amo, vandag gaan dalk vir jou ’n baie moeilike dag wees by die hospitaal.Verstaan jy wat ek bedoel? Jessie is baie siek, maar sy vra heeltyd vir Annie wanneer jy kom. Jy is mos ’n dapper laaitie? Ek sal heeltyd in die kafeteria wees as jy my nodig kry.”

’n Hol gevoel kom lê op die krop van Amo se maag. Dis nie regverdig nie, wil hy skreeu.

“Die week is dan nog nie eens om nie?”

“Ek weet, Amo. Kom ons kyk maar hoe dinge vandag verloop.”

Klik hier

Hoofstuk 18: Brand

DIE ure, dae en weke gaan in ‘n waas verby. Amo volg die daaglikse roetiene gedwee. Elke oggend skool toe en middae rivier toe met Jama. Saans sit hy met die teleskoop by die venster. Sy punte lyk nie te vrot nie, maar ook nie vreeslik goed nie, maar Mamoeks los hom.

Een middag sit hy en Jama langs die rivier. Die rivier loop nie sterk nie want die reën is vanjaar laat.

Hy sien rotse in die rivier wat net in droë jare sigbaar is. Selfs die Augustus-winde waai nou eers in Oktober, dink hy en kyk hoe die bome oorkant die rivier oorbuig van die sterk wind.

Daar is darem ‘n paar wolke in die lug. Dalk bring dit reën. Hulle het ‘n biddag vir reën by die skool gehou. Die boere het reën dringend nodig.

Klik hier

Hoofstuk 19: Held

DIE volgende oggend by die skool preek Snorre tydens opening oor onverantwoordelikheid en hoe hulle God moet dank vir die wonderwerk dat hulle maats gespaar is. Hy laat al die seuns agter bly en preek verder vir hulle oor die gevare van rook.

“Vir wat raas hy met ons almal?” mor Ulrich. “Dis mos net Kurt-hulle wat rook?”

Klik hier

Hoofstuk 20: Trou

MAMOEKS maak Amo sesuur die Saterdagoggend wakker. Janus het vir hulle ‘n plek bespreek op ‘n river raft-avontuur. Die rivier is lekker vol na die reën wat die Vrystaat uiteindelik kom laaf het.

Jama mag ook saamgaan. Janus het dit spesiaal gereël en Jama kry ook ‘n spesiale lewensreddingsbaadjie.

Die instrukteur verduidelik vir hulle presies wat hulle moet doen as daar stroomversnellings is. Hy gee ook instruksies vir noodgevalle. Mamoeks is bietjie bang. Sy is nie een vir avonture nie. Amo het al ‘n paar keer saam sy pa ge-river raft.

Hulle roei lang ente tussen die stroomversnellings. Amo kyk uit vir likkewane. Hy sien drie vettes. Al langs die rivier groet vistermanne en kampeerders hulle.

Klik hier

Hoofstuk 21: Slot

Hy hardloop oor die gras rivier toe. Jama agterna. Hy gee nie om of hy nog sy nagklere aanhet nie.

Hulle hardloop af met die rivierpad. Verby die rietbos met sy nuwe groen lote. Uitasem gaan sit hy by die rotse by die gruisgat. Jama kom lek aan sy gesig. Dan gaan sit hy regop langs Amo.

Amo vee die sweet en trane van sy gesig af. Sy oë brand. Hy haat dit as jy tjank. Hy is nou te groot om te tjank. Hy het in hierdie graad sewe jaar te veel getjank.

Hy is skielik nie meer lus om na Ventersdrif Hoërskool te gaan nie. Hy wil nie hê Janus moet een van sy onnies wees nie. Miskien moet hy na die Engelse hoërskool gaan waar Mamoeks skoolhou?

Klik hier

Nog GRATIS verhale

Botox, Barbies en Bietse – klik hier

Sjef Snoekie – klik hier

Lam in Wolfsklere – klik hier

Vlam – klik hier

Dans met die rooi rok – klik hier

Annemieke Mentz – klik hier

GRATIS blokkiesraaisels – klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

9 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.