kategorieë: GrimeringSkoonheid

Grimeer met Pantone se kleur van die jaar, Classic Blue

Grimeer met Pantone se kleur van die jaar, Classic Blue. Deur Suzanne Kotzé. Foto: Shutterstock/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pantone se kleur van die jaar

Ons wag elke jaar met groot afwagting dat Pantone sy kleur van die jaar aankondig, en 2020 se kleur is 19-4052 Classic Blue. Aanvanklik het ek gedink ag, gewone blou, dis vervelig, maar lees jy oor hoekom die blou gekies is, word dit sommer dadelik jou nuwe gunstelingkleur!

Pantone sê die volgende oor die kleur: “Die kleur verteenwoordig kalmte, vertroue en konneksie. Hierdie blou beklemtoon ons behoefte aan ‘n betroubare en bestendige  fondament waarop ons kan bou soos ons oorgaan na ‘n nuwe era. Ons leef in ‘n tyd waar vertroue en geloof nodig is. Dit is die tipe standvastigheid en vertroue wat deur Pantone 19-4052 Classic Blue uitgedruk word. Dis ‘n soliede en betroubare skakering waarop ons altyd kan staatmaak,” sê Leatrice Eiseman, uitvoerende direkteur van die Pantone Color Institute

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou oogkleur en blou – sal dit werk?

Bruin en haselneutkleurige oë lyk veral mooi saam met blou. Die koel skakerings komplementeer die warm oogkleur.

Het jy blou oë, is blou aksente ook mooi om jou oogkleur te beklemtoon. Swart oogomlyner lyk gewoonlik te hard saam met jou oogkleur, so probeer gerus ‘n streep blou!

Lees ook: 9 skoonheidswenke vir die werkende vrou

Blou oogomlyner

Trek ‘n blou streep

Hierdie voorkoms moet skoon en minimalisties lyk. Die maklikste en veiligste manier om blou ooggrimering te dra sonder om te lyk of jy in die tagtigs verdwaal het, is om net ‘n lyntjie op jou ooglid aan te bring. Hou die res van jou grimering natuurlik; vermy helder pienk lippe saam met die voorkoms!

#rrWenke

Wend oogskadu wat dieselfde kleur as jou vel is of deursigtige poeier aan jou ooglede voordat jy oogomlyner aanwend. Dit absorbeer oortollige olie op jou ooglede en keer dat jou oogomlyner smeer.

Het jy nie ‘n blou oogomlyner nie, maar wel blou oogskadu? (Dis altyd die kleur wat in my ooggrimeringpalet oorbly …) Maak ‘n dun kwassie in water nat en gebruik die oogskadu as oogomlyner.

blou oogomlyner

  1. CATRICE Kohl Kajal Pencil (R39,95)
  2. Essence kajal eyeliner (R19,95)
  3. NYX Professional Makeup Vivid Brights Eye Liner Envy (R139,95)

Hoe om blou as naekleur te dra

Maak blou jou nuwe swart as dit by naelkleure kom. As jy bang is dis te veel, speel rond daarmee en gebruik dit in negatiewe spasie naelkuns.

Loer hier vir nog lekker naelwenke

Blou driehoeke

Blou naels. Foto: Kristina Stojiljkovic

Ons hou van die eenvoudige, negatiewe naelkuns (Psst! dit beteken dat ‘n deel van jou natuurlike nael ook wys) saam met blou. Dit is boonop maklik om dit self by die huis te doen, veral met die hulp van naelstreepband.

Doen dit so

Plak die streepband op en verf die deel bo (of onder).

Verf twee dun lagies kleur aan (eerder as een dik laag)

Trek die streepband af voordat die naelverf heeltemal droog is, anders kan dit oneweredige lyne maak.

#rrWenk: Ons het dit self getoets en nie spesiale naelstreepband byderhand gehad nie, en toe sommer maskeerband gebruik en heel goed reggekom.

Blou naels

  1. Mavala Mini Nail Colour in 103 Cobalt Blue, (R87).
  2. Essence Shine Last & Go Gel Nail polish in shade 57 (R29,95).
  3. Revlon Gel Envy in Wild Car (R135).

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.