kategorieë: Wenke

Grimeerwenke vir die vakansie

1. Kies ’n getinte vogroom of bb-room pleks van ’n onderlaag – dit gee steeds ligte dekking maar lyk natuurliker. Physician’s Formula Super BB All-in-1 Beauty Balm Cream is ’n goeie voorbeeld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Pienk blosser skep ’n gesonde blos op jou wange. Vermy net die pienk blosser wanneer jou gesig rooi is van te veel son. Probeer YSL Blush Volupté Blush Palette in #2 Belle du Jour.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Gebruik dan eerder verbronsingspoeier as ’n blosser. Physicians Formula Bronze Booster Glow Boosting Sun Stones werk goed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Tik verbronsingspoeier op jou slape, voorkop en bors – oral waar die lig natuurlik val. ’n Ronde gesig sal minder rond lyk wanneer jy die verbronsingspoeier ook op en om jou kakebeen en ken aanwend.

5. Kies natuurlike oogskadu’s en ’n bruin oogpotlood om jou te beklemtoon. Essence All About Nude Eyeshadow doen dit perfek!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6. Tint jou wimpers sodat jy nie maskara strand toe hoef te dra nie. Strandgrimering moet liefs vermy word. Dit sweet of smeer gewoonlik wanneer jy swem. Julienne 45 Day Permascara is ’n wenner.

7. Minder is meer as dit by vakansiegrimering kom, hou jou voorkoms vars.

8. Op die strand of langs die swembad is ’n gekleurde lipsalf ideaal om ’n vars titsel kleur op jou lippe te kry, sonder dat dit lyk of jy met lipstiffie gaan swem het. Elizabeth Arden Eight Hour Lip Protectant Stick SPF 15 in Blush lyk altyd mooi.

9. Sagte turkoois-skakerings lyk mooi wanneer jy kleur wil dra, maar moet dit nie te kwistig aanwend nie – dit moet steeds natuurlik lyk.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

24 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.