kategorieë: Skoonheid

Grimering in 3D

Die toekoms van grimering

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sou jy ooit kon dink grimering kan deur middel van ’n rekenaardrukker gedruk word? Verwelkom die nuwe Mink 3D-grimeerdrukker wat, letterlik, grimering uitdruk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die Mink persoonlike drukker kan enige foto onmiddellik in ’n drabare kosmetiese middel omskep. Jou kamera, selfoon of skootrekenaar word ’n eindelose skoonheidsgang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Mink is tans nog net ’n model/prototipe wat jou $300 uit die sak sal jaag. Die stigter, Grace Choi, beoog egter om die produk uiteindelik teen ’n goedkoper prys te verkoop, sodra dit gepatenteer is. Sy wil hê die Mink moet die grootte van ’n MAC Mini wees.

Hoe werk dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Mink kan na bewering enigeen toelaat om persoonlike grimeerskakerings op enige tyd van die dag te skep. Volgens Choi is die grimering nie dieselfde as ’n drukker se ink of kleursel nie, maar dit word gemaak van dieselfde bronne as die grimeerprodukte wat op winkelrakke beskikbaar is. Sy wil egter nie te veel oor die proses of uitvinding verklap nie, aangesien die produk (en die tegnologie rondom dit) nog nie gepatenteer is nie.

Choi glo die Mink is die toekoms van grimering en sy wil aanvanklik op jong meisies fokus, juis omdat hulle in ’n eksperimentele fase van grimering is en nie sommer bang is om nuwe dinge te probeer nie.

Kyk hier na ’n video-insetsel waar Choi oor die Mink gesels.

Bron: www.thecrunch.com

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.