kategorieë: Ons menseBekendes

Hannon verjaar vandag – dis hoe die Glam Guru dit vier!

Deur Karlien Meiring. Hooffoto: Opulenz Portraits

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die wêreld van skoonheid en glans is daar min name wat so bekend as Hannon Bothma oftewel die Glam Guru is. Ons eie Suid-Afrikaanse skoonheidskenner. Met ’n buitengewone loopbaan wat oor dekades strek en ’n voorliefde vir die verbetering van natuurlike skoonheid, het Hannon ‘n rigtinggewende lig geword wat al talle gesigte en lewens met sy kennis, vaardighede en skoonheidsprodukte verander het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aan sy passie vir skoonheid, wat steeds miljoene inspireer en betower, blyk daar geen einde nie. Hy vier vandag nog ’n reis om die son en gesels met ons oor ’n lewe wat daaraan toegewy is om ander hul glansrykste self te laat voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe vier jy gewoonlik jou verjaardag? Enige unieke tradisies wat jy volg?

Ek sê elke jaar dat ek nie op my verjaardag gaan werk nie, maar ek slaag nooit daarin nie. As ek myself kry, skuif ek agter my lessenaar, kamera of ’n mikrofoon in.

Ek het ’n vrolike vriendekring by my gimnasium, so ek begin gewoonlik my verjaardagoggend om vyfuur op die trapmeule. Deur die dag bel ek my pa om vir hom dankie te sê vir die wonderlike voorbeeld wat hy vir my is. Dan bederf ek graag myself met ’n voetbehandeling. Ek is baie gelukkig dat baie van my vriende my graag met ’n ete bederf. Soms is dit ’n ontbyt, middagete en aandete. ‘n Glas vonkelwyn en ‘n groot sny koek is ook sinoniem met my verjaardag .

As ‘n skoonheidskenner, wat is van jou gunstelingskoonheidsrituele wat jy glo tot jou stralende voorkoms bydra?

  • Om ’n basiese skoonheidsroetine te volg as deel van jou lewensstyl, is nie onderhandelbaar as jy op jou beste wil lyk nie, myne sluit die volgende in:
  • ‘n Skoon gereinigde vel gevolg deur ’n kollageenserum en vogroom laat my vel heeldag vars lyk en saans laat ek my nagserum werk terwyl ek slaap.
  • Ek gebruik ’n velskroproom twee maal per week om my vel glad te hou en te verseker dat nuwe vel gevorm word.
  • My familie is omtrent almal bleskoppe, so ek drink en gebruik van jongs af elke dag anti-haarverliesprodukte om my hare gesond en welig te hou.
  • Ek maak tyd vir myself en slaap wanneer ek moeg is. Ek ontspan met ‘n gesigmasker wanneer my vel droog voel. Ek is nie lief vir skoonheidsbehandelings nie, maar as my voete mooi versorg is, voel ek sommer aantrekliker.
  • Om geluk en gesondheid te kan uitstraal, is ‘n gesonde en positiewe lewensingesteldheid belangrik. Eet en drink gesond, maar moenie ’n sny koek of glas wyn van die hand wys as dit jou dag lekkerder gaan maak nie.
  • Om stralend te lyk, moet jy innerlike geluk uitstraal. Ander kan dit sien. Ek omring myself deur positiewe mense wat ook wyse vriende is – mense wat uit lewenservaring waarde tot my lewe kan toevoeg, maar wat ook nie huiwer om my daaraan te herinner as ek onrealisties is nie.

Verjaardae lei dikwels tot nadenke. As jy op jou reis in die skoonheidsbedryf terugkyk, wat is van die waardevolste lesse wat jy oor selfversorging en selfaanvaarding geleer het?

As ek gelukkig is, gaan ek baie oud word. Niemand kan eksklusief bou op die pilare van ’n mooi gesig en figuur nie, so dit is wel waar dat saam met die grysheid, wysheid kom, maar jy hoef nie noodwendig jou grysheid vir die wêreld te wys as jy nog nie gereed is nie. Om mooi te lyk verander en maak plek vir interessant lyk.

Met ’n reusebegroting en baie tyd kan enigiemand soos ’n rolprentster lyk. Baie tyd en geld is nie vir almal beskore nie. Doen wat jy kan met die tyd wat jy het om elke dag die beste weergawe van jouself te wees en moenie mooi lyk uitstel vir spesiale geleenthede nie. Elke dag is ’n spesiale geleentheid met ongekende potensiaal wat jy moet aangryp.

Niemand word soggens beeldskoon wakker nie en hoe jy lyk gaan jou dag beïnvloed, so jy moet self jou dag beter maak deur moeite met jou voorkoms te doen. Trek elke dag op jou mooiste aan, sorg dat jy gelukkig is met hoe jou hare lyk voor jy die huis verlaat en dra gerus altyd ’n lekkerruikdingetjie.

As jy jeugdiger lyk, voel jy jonger. As jy in pas bly met die mode en saam met die tyd beweeg ten opsigte van jou kleredrag en moderne idees gaan jy altyd meer aanklank by jonger mense vind – ongeag hoeveel lagplooie jy om jou oë het.

My ma se beste skoonheidsraad was dat ‘n opregte glimlag baie mooier en meer waardevol as die helderste lipstiffie is.

Baie mense beskou veroudering as vreesaanjaend. Hoe omhels jy die verouderingsproses, en watter raad het jy vir ander om op enige ouderdom selfversekerd en mooi te voel?

Dis glad nie nodig om die bobbejaan agter die bult te gaan haal ten opsigte van jou unieke veroudering nie. Jy mag dalk nog vir lank gesondheid geniet, so trek aan volgens jou fikse figuur en nie jou ouderdom nie. Gebruik jou verouderde voorkoms as ’n kenmerk van vryheid. Grys hare met ’n bloedrooi lipstiffie lyk rebels en baie jeugdig. Daar is geen rede hoekom jy nie geskeurde denims kan dra nie. Ek het vir myself die afgelope jaar ’n swart leerlangbroek en diervelmotiefhemp gekoop, want terwyl ek goed daarin voel, gaan niemand my anders oortuig nie.

Maak tyd om vandag jouself te versorg, want dis eers môre dat jy die voordeel daarvan sal geniet, maar moenie ’n minuut te lank voor die spieël bestee as dit beteken dat jy ’n heerlike avontuur gaan misloop nie.

Ek omring myself met jonger mense, want so gee die “jonger dink” en “jonger lyk” af aan my.

Dit mag ’n uitdaging raak om die verweer te keer met elke aspek van jou fisiese voorkoms. Fokus waarop jy kan om dit altyd jou beste bate te maak. Solank jy die wil het om mooi te lyk, gaan jy die wil het om voluit te leef.

Is daar enige spesifieke skoonheidsproduk of hulpmiddel wat jy onlangs ontdek het of die afgelope tyd geniet het?

Die afgelope jaar het ek op revolusionêre aktiewe bestanddele afgekom, wat ek besig is om uit te toets – nie net op myself nie, maar landwyd op vele proefkandidate. Daar is byvoorbeeld ’n bestanddeel wat grys hare oor ‘n tydperk van vyf maande weer laat pigmenteer. Só is daar ook ’n bestanddeel wat erge velpigmentasie in ’n kwessie van ’n maand omtrent heeltemal kan verlig. As hierdie toetse suksesvol is, sal ek dit binnekort in my reeks bekendstel!

Lees ook: Sinéad O’Connor is in die ouderdom van 56 oorlede

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 hours Gelede

Roeline geniet dit vreeslik om “mevrou dominee” in Diepe waters te speel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in Fraksie, Binnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n…

4 hours Gelede

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

23 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

1 day Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.