kategorieë: Ons menseBekendes

Hartklop: leer ken die karakters in kykNET se eerste hospitaaldrama

Johannesburg. Vroegoggend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Blonde vrou word in haar motor wakker. Daar is bloedvlekke op haar moulose top. Sy kyk in die truspieëljie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Vrou met ’n serp wat haar kop bedek wag langs die pad. ’n Mini met ’n persoonlike nommerplaat stop langs haar en sy klim in. Sy haal haar serp af en glimlag vir haar vriendin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Gespierde man doen verbete oefening in sy woonstel met ’n panoramiese uitsig op Johannesburg.

’n Vrou drink koffie terwyl sy na die reuse-diamant in haar trouring staar.

’n Jong man met ’n rugsak kom aangestap en sien hoe die blonde vrou vir haarself steke in haar mond sit.

Só skop die eerste paar minute van kykNET se nuwe dramareeks, Hartklop, af. Die reeks is vanaf Dinsdag 18 Julie 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees. Ses karakters, elkeen met sy eie storie, maar een ding in gemeen: Beyers Naudé Akademiese Hospitaal, ’n staatshospitaal in Johannesburg en die top-opleidingshospitaal in die land.

Van die ses hoofkarakters is drie dokters wat in die eerste episode vir hulle eerstejaarinternskap aanmeld. Simoné Pretorius (Binnelanders, Hotel) is Dr. Elani Breytenbach wat uit ’n bevoorregte huis kom en ’n regsgeleerde ma het wat alles vir haar dogter sal doen. Haar kliniese assistent en direkte hoof is Dr. Veronica Pietersen (Renate Stuurman) en die konsultant, oftewel die hoof van die afdeling, is Dr. Suzanne de Jongh (Marlee van der Merwe).

Elani
Veronica
Suzanne

Carla Classen (Stroomop, Lioness) is Dr. Karima Salie wat haar konserwatiewe agtergrond wil agterlaat. Sy en Elani was kamermaats op Tukkies. Karima werk in ongevalle onder die kliniese assistant Dr. Louw van Onselen (David Louw) en die hoof van hulle afdeling is Dr. Daniel Strydom (Jacques Bessenger).

Karima
Louw
Daniël

Dr. Fezile Nodada, vertolk deur Oros Mampofu (Skeem Saam, Savage Beauty), is ’n jong man uit die Oos-Kaap wat tussen westerse medisyne en Afrika tradisies staan – hy wil as chirurg kwalifiseer. Die kliniese assistent saam met wie hy werk, is Dr. Jolene Joubert (Leandie du Randt). Die konsultant van chirurgie is Prof. Gustav Coetzee (Dawid Minnaar). Christel van den Bergh is te sien as Anke Dempsey, ’n hoogse bekwaamde verpleegster in die noodafdeling.

Fezile

Ander groot name in die rolverdeling (sommige deurlopend en ander gasrolle) sluit in Arno Marais, Rika Sennett, Thulani Mtsweni, Susan Coetzer, Vusi Thanda, Esmeralda Bihl, Elma Postma, Francois Jacobs en Bouwer Bosch.

Gustav
Anke

Die hospitaaltonele is in sale en teaters by die Solomon Stix Morewa-gedenkhospitaal en by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg verfilm. Die mediese gevalle wat deel van die verskeie storielyne is, is alles gegrond op werklike gevalle en ’n span dokters en mediese kenners het as konsultante gedien. Opgeleide verpleegsusters het met die verfilming van die operasietonele gehelp om dit so realisties moontlik te maak.

Die reeks is deur Zoë Laband (The Girl from St. Agnes) geskryf en die regisseurs is Harold Hölscher en Christo Davids. Christo is ook te sien as Sollie, Dr. Veronica Pietersen se man.

Omdat die reeks grotendeels in die ongevalle/trauma-eenheid afspeel, was die grimeerspan van kardinale belang. “Ons het ’n klein span gehad, maar met baie talent. Die eer moet aan Ronwyn Jarret gaan. Sy was vir al die prosteses – soos borskaste, skedels en harte – en bloed verantwoordelik. Dit was niks vreemd om te sien hoe sy een of ander orgaan tussen tonele verf nie,” sê JP Potgieter, vervaardiger by Quizzical Pictures. Ander reekse op hulle kerfstok sluit Reyka, Desert Rose en iNumber Number in.

Wat maak hospitaalreekse so kykbaar?

“Ek dink dis omdat ons almal kan identifiseer met die karakters; die dokters én die pasiënte,” sê JP. “Die feit dat die dokters se eie stories afspeel teen die agtergrond van die pasiënte se krisisse, maak die stories baie dinamies en bring dit ’n natuurlike spanningslyn. Met Hartklop is dit nie anders nie. Elke episode het sy eie drama vir elkeen van die karakters – van die karakters wat in elke of bykans elke episode is tot die karakters wat net in een of twee episodes is.”

KYK: Die Hartklop-akteurs het ons meer vertel oor wat kykers kan verwag van dié splinternuwe drama!

· Hartklop begin op Dinsdag, 18 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Hartklop: kykNET se eerste hospitaaldrama-reeks gaan kykers boei

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

13 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.