Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met silikoon of bakpapier uit.Hawermoutkoekies met sjokoladesplinters
Ingredients
Instructions
1 Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Meng die vanielje, koeksoda en sout by.
2 Meng die meel, hawermout, klapper, sjokolade en amandels by die eiermengsel.
3 Skep ¼ k grootte balletjies 2 cm uit mekaar op die bakplaat en druk plat tot 1 cm dik.
4 Bak vir 15-20 min. tot goudbruin. Draai die bakplaat ná 10 min. om. Laat effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.