kategorieë: Wenke

Het jy plooie in jou nek?

Vraag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is in my vroeë dertigs en sien ek het ’n effense plooi in my nek begin ontwikkel. Wat kan ek doen om dit weg te vat, of te keer dat dit dieper word? – Dianne

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Antwoord

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy moet jou fibroblastselle weer stimuleer sodat nuwe, gesonde kollageen en elastien geproduseer kan word. Neem die volgende aanvullings: vitamien A, C en essensiële vetsure, veral omega-3, CoQ10 en ’n goeie multivitamien. Salonbehandelings wat goed werk, is suur- en naaldbehandelings wat die wondgenesingstegniek gebruik om die fibroblastselle te stimuleer om nuwe, gesonde kollageen en elastien te vervaardig. Daar is sigbare verbetering ná hierdie behandelings, maar al die plooitjies sal nie verdwyn nie. Jy moet ook jou vel reg versorg sodat dit van binne en buite goed gevoed word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

*Isabel Roos uitvoerende direkteur van die Isa Carstens Akademie in Stellenbosch en Pretoria

Ons sê probeer gerus ’n nek- of décolleté-room: La Prairie Cellular Night Repair Cream Face, Neck, Décolleté of Neck & More

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.