kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hoe om die beste orgasmes en seksuele bevrediging op elke ouderdom te kry

Hoe om die beste orgasmes en seksuele bevrediging op elke ouderdom te kry deur Ami Moore

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ooooo … Die liefde!

Op soete 16 is soentjies elke Valentyntjie se droom. Opwindend, baie romanties en oorgenoeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op 29 dink jy nie meer so nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op 59, sê die kenners, dink jy heel moontlik weer so.

Die een konstante van die lewe is dat dinge verander. Glo dit of nie maar selfs seks verander – en daarmee saam verander  seksuele bevrediging óók. As seksuele bevrediging gaan oor in watter fase van jou lewe jy is, bring elke dekade sy eie plesiertjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: 6 redes hoekom seks goed is vir jou

Op 19-29

Flankeer en gaan uit

Dit is die dekade vir lighartige flankeerdery, kersligetes, afsprake en romantiese aandjies. Aan die een kant stoot jou hormone jou in die rigting van seks terwyl jou goeie oordeel jou terughou, want jy is onbewustelik ook besig om elke man wat jou paadjie kruis as lewensmaat op te weeg.

Die meeste mense het teen hierdie dekade hul eie eerste penetrerende sekservaring. Seksuele bevrediging gaan nou oor die ontdek en geniet van jou eie seksualiteit.

Maar die vind van ’n lewensmaat is net so belangrik: jy wil weet jy is vir iemand spesiaal, en teen die laaste helfte van die dekade wil jy weet dat jy die regte maat gekry het. Hierdie spesiale maat is ’n belangrike komponent van seksuele bevrediging.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor seksuele etiket

Uitdagings

Hier is die uitdagings wat vir jou wag.

Selfaanvaarding

Tog, al is jy op jou mooiste, is jy skugter. Feit is dat ons as vroue dikwels nog nie vrede met ons lyf het nie. Dit maak ons skaam en selfbewus. Dit kan selfs veroorsaak dat jy seks vermy.

Hoe kom jy by gesonde selfaanvaarding – en meer, gelukkige seks – uit? Fokus op jou goeie punte. Dit is ’n horingou wenk maar dit bly nuut omdat ons almal iewers in ons lewe dit ons eie moet maak.

Dus: waarom fokus op jou dik bene, asof dit al is wat tel? Jy het vir seker die mooiste borste en/of glansende hare en/of ’n sexy naeltjie. Bekyk jouself in die spieël en soek jou mooiste fisieke eienskappe uit.

Van nou af definieer jy jou in terme hiervan, soos: Ek is ’n mooi vrou met pragtige, slank enkels, sielvolle oë, kurwes en sagtheid. Lys al jou mooi en vergeet van die een of twee trekke wat so-so is.

Lees ook: Seks moenie seer wees nie – dis wat jy oor pynlike seks moet weet

Veiligheid

Jy het al élke waarskuwing teen vigs, HPV en ander seksueel oordraagbare siektes gehoor. Maar ons is almal weerloos en vatbaar – en in hierdie dekade te maklik naïef daaroor.

Pas jouself op: bly getrou en/of gebruik kondome en PrEP soos gepas.

Bestuur jou vrugbaarheid

Fisiek is dit die ideale dekade vir babas. In die werklike lewe kan ’n baba nou jou studie en loopbaangeleenthede baie moeiliker maak of selfs kelder. Jou vrugbaarheid is joune, en jý is die een met die finale sê oor die ouderdom waarop jy wil swanger raak. Dit is jou besluit– solank jy verantwoordelikheid vir voorbehoeding aanvaar.

Alkohol

Dit laat inhibisies (soms ’n voordeel) én verantwoordelikheid (altyd ’n nadeel) by die venster uitwaai …

Lees ook: Wat mans by vroue oor seks wil weet

Op 29-39

Goeie nuus!

Kyk wat wag – die G-kol, veelvuldige orgasmes, uithouvermoë, sekuriteit … Wie kan kla as al die aspekte van fisieke seksuele bevrediging so maklik kom?

Navorsing wys dat vroue in hul dertigerjare baie meer seksueel as jonger en ouer vroue is. Hulle voel meer sexy, stel meer belang in seks en het meer seks. In jou vroeë dertigerjare het jy meer seksuele selfvertroue as in jou twintigerjare, en daarom is jy gemaklik daarmee om seks te verken. Jy mik vir ’n orgasme elke keer – en dit gebeur.

Lees ook: Wat vroue by mans oor seks wil weet

Uitdagings

Hier is die uitdagings wat vir jou wag.

Jou vol kalender kelder seks

Voor ons seksueel kan wees, moet ons parasimpatiese senuweestelsel aanskakel. Dit is die deel van ons senuweestelsel wat inskop wanneer ons rus, ná ete kos verteer en slaap. Daarom is ’n goeie dosis ontspanning ’n voorvereiste vir goeie seks.

Maar die dertigerjare is ’n besige tyd. Jy maak kinders groot, werk hard, oefen hard en val saans pootuit in die bed. Dus moet jy beplan om te ontspan. Maak afspraakaandjies met mekaar waar julle tyd in jul skedule opsysit vir ontspan en saamwees, eerder as om te verwag dat seks op aanvraag moet gebeur, maak nie saak hoe moeg jy is nie

Lees ook: Die brein en seksualiteit

Stres en seks is nie maats nie

Stres verhoog jou kortisolvlak, en dit onderdruk jou vermoë om seksueel te reageer. As seks nie nou op sy beste is nie, pluis die bronne van stres in jou lewe uit.

Lees ook: Wat jy moet weet oor depressie en seksuele gesondheid

Óf orgasme óf geluk? Baie mense gebruik antidepressante, wat die serotonienvlak opstoot en so depressie verlig. Maar hoe hoër jou serotonienvlak is, hoe minder is jou vermoë tot ’n orgasme

Op 39-49

Dubbeld soveel seks is ’n plus

Jou loopbaan is op koers en werksgewys is jy vaardig sodat dit nie te veel stres op jou plaas nie. Jou lewe vlot, en jy het weer tyd vir seks. Uiteindelik is jou nagte weer jou eie – jy hoef nie te borsvoed of siek kinders te troetel nie. As almal saans bed toe staan, is jul bed net jou en jou maat s’n.

Dit is nie al goeie nuus nie: jy is in die fase dat jy nou makliker ’n orgasme bereik as ooit tevore. Jy het ook meer seksuele selfvertroue en ervaring en daarom is jy niks skaam om te sorg dat jy seks geniet nie. Die groot O raak nou die norm.

Seks in jou veertigerjare het baie ander voordele: dit hou jou hart fiks, dit help jou blaasbeheer in stand hou en dit help jou bloeddruk verlaag. Hoe meer seks, hoe meer voordele!

Lees ook: Wat elke vrou oor menopouse en seks moet weet

Uitdagings

Hier is die uitdagings wat vir jou wag.

Verveling

Die reëlmaat van al daardie orgasmes raak effens roetine. Lekker en oukei maar te voorspelbaar om regtig opwindend te wees. Maar gee jy om? Nee, want ietsie effens kinky raak nou deel van seksuele bevrediging. Nuwe posisies, seks op ongewone plekke, bietjie tot regtig stout speelgoed, tantriese seks, SMBD en sommer net die vryheid om meer avontuurlik intiem te wees.

Lees ook: Die dieper betekenis van seks

Hartsake

Wees bedag op die eerste tekens van ereksieprobleme. Dit kan beteken dat jou maat se hart en bloeddruk aandag nodig het.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor diabetes en seksuele gesondheid

Stadiger reaksies

Jy kan langer neem om by ’n orgasme uit te kom. Gelukkig neem jou maat se testosteroonvlak nou effens af sodat hy langer kan uithou.

Lees ook: Is een van julle hiperseksueel?

’n Uiteenskuif

Paartjies kan nou maklik uiteen dryf, selfs al is julle seksueel gelukkig. Dit is nou die tyd om doelbewus jul emosionele band sterker te maak en opnuut op mekaar te fokus. Waardeer en geniet mekaar se goeie eienskappe.

Lees ook: Hoe om beter oor seks te praat

Op 49-59

Serotonien eerder as seks. Of ’n bietjie hulp?

Wanneer die menopouse inskop, kan jou seksuele vermoëns effens – of heeltemal – afneem. Party van ons voel en lyk jonk. Seks nou al opgee? Dit klink te veel na ’n verlies.

Gelukkig help die mediese wetenskap hiermee. Mans kan die beroemde blou pilletjie gaan kry, mans en vroue kan testosteroon gebruik, en vroue kan stimulerende of hormonale vogmiddels aanwend om vaginale droogheid uit te skakel.

Met ander woorde julle kan seks en orgasmes soos vantevore geniet. Of amper soveel, want eintlik is ’n orgasme nie meer al belangrike deel van seksuele bevrediging vir jou nie. Nou tel maats-wees. Jy sal selfs kameraderie sonder ’n orgasme verkies bo ’n orgasme sonder kameraderie.

Seks kom nou nie meer vanself nie, maar vir paartjies wie se emosionele verhouding gelukkig is, pla dit nie soveel nie.

Lees ook: Wat jy moet weet oor seks en kanker

Uitdagings

Hier is die uitdagings wat vir jou wag.

Verleë oor verleentheid

Sterk ereksies gebeur nie vanselfsprekend nie en orgasmes kan lank neem om te realiseer. Maar as jy jou verwagtings realisties aanpas is seks – en jy – glad nie ’n mislukking nie. Fokus op die genot wat daar is, eerder as op die orgasmiese hoogtepunte wat jy in jou dertig- en veertigerjare gehaal het.

Lees ook: Wanneer seks seer is … Loer hier

Tyd is ’n faktor

Vat jou tyd – julle het dit mos nou. En kies jul tyd. Mans se testosteroonvlakke is natuurlik vroegoggend op sy hoogste.

Lees ook: Die oorsake van lae libido in mans

Oefen – saam!

Testosteroon help libido in stand hou. Oefe-ning ook. Selfs net een sessie stoot jou testosteroonvlak op, wys navorsing. Oefen saam, dan is julle in pas met mekaar.

Lees ook: Wat mans en vroue moet weet oor erektiele disfunksie

Stramheid, pap spiere, ’n boepie en hartmoeilikheid

Seks vereis dat jy darem steeds atleties moet wees. Oefen dat julle aërobies fiks, skraler en soepel bly.

Lees ook: Mans moet dokter toe gaan as hulle enige van hierdie 7 tekens sien

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.