kategorieë: Ontspanning

KKNK vier vanjaar drie dekades

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Goeie kuns, in al sy vorme en genres, laat die mens vir ’n wyle van die lewe se kwellinge vergeet. Kuns is medisyne vir die siel. Voeg daarby die natuurskoon en vars lug van die Klein Karoo en jy het die ideale plek om te herlaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die program vir die 28ste KKNK, geborg deur Absa, is verlede week by Leopard’s Leap in Franschhoek bekendgestel. Kabous Meiring en Dean John Smith was as seremoniemeesters aan stuur van sake, met uittreksels uit twee van dié fees se teaterhoogtepunte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Van die mense agter die skerms wat sorg dat die KKNK glad verloop, is Lizané Basson, algemene bestuurder, J.C. Aucamp, bemarkingsbestuurder en Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur.

John Tshabalala van Absa gesels met gaste.

“By die KKNK wag daar van Saterdag 23 tot Sondag 31 Maart op Oudtshoorn voorwaar ’n kuur vir elke kwaal. Dié fees word in die Maart-skoolvakansie aangebied en eindig oor Paasnaweek. Behalwe vir uitstaande drama, komedie, dans en visuele kuns, is daar ook leefstylervarings en gespreksreekse wat sorg vir heerlike kuier en polemiek. Die fees bied hope gratis en goedkoop vermaak, nie net in meer formele venues nie, maar ook in die strate van Oudtshoorn. Dis jou gesondheidskliniek vir algehele welstand!” Só sê Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK.

Saartjie Botha, direkteur van die US Toyota Woordfees en Karen Meiring in ligte luim.

Vyf kunstenaars word vanjaar hier vereer: Deon Meyer met die KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir literêre bydrae, Jana Cilliers met die KKNK-prys vir vertolking, Eldon van der Merwe met die KKNK-prys vir Jong Stem, Poem Mooney met die KKNK-prys vir Lewensbydrae tot Kuns en Kultuur en die visuele kunstenaar Colbert Mashile is die Feeskunstenaar.

Deon Meyer ontvang vanjaar die KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir literêre bydrae en hy en Coenie de Villiers bring Roem: ’n Musiekverhaal op die planke. Anrich Herbst, Eldon van der Merwe, Daneel van der Walt, Nelandi Boshoff, Mauritz Lotz & Blake Hellaby is op die verhoog, onder regie van Nicole Holm. Van links by die bekendstellingsfunksie verlede week is Marianne Vorster-Meyer, Deon Meyer, Anrich Herbst, Nelandi Boshoff en Nicole Holm.

Deon Meyer en Coenie de Villiers keer ná hul sensasionele Karoo Suite-vertonings terug met Roem: ’n Musiekverhaal. Anrich Herbst, Eldon van der Merwe, Daneel van der Walt, Nelandi Boshoff, Mauritz Lotz & Blake Hellaby is op die verhoog, onder regie van Nicole Holm.

Coenie de Villiers kry ’n bietjie poeier voor hy voor die kameras verskyn.

Jana Cilliers deel in die drama Veelhoek – een van 27 feesdebute op die program – die verhoog met Ludwig Binge, onder regie van Marthinus Basson. Cilliers het ook die teks geskryf. Sandra Prinsloo en David Viviers is te sien in Henque Heymans se satire Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan. Prinsloo speel ook die hoofrol as Maria Callas in die bekroonde produksie van Terrence McNally se Master Class. Antoinette Kellermann en André Roothman is op die verhoog in Die stoele, ’n klassieke tragi-klug deur Eugène Ionesco, met regie, ontwerp en vertaling deur Basson.

Bekroonde skrywer en dramaturg Willem Anker keer ná tien jaar terug met ’n nuwe toneelteks, Patmos. Tinarie van Wyk Loots, Marlo Minnaar, Eben Genis, René Cloete en Marelize Viljoen is op die verhoog te sien, met regie en ontwerp deur Jaco Bouwer.

Die bekroonde skrywer en dramaturg Willem Anker keer ná tien jaar terug met ’n nuwe toneelteks, Patmos. Tinarie van Wyk Loots en Marlo Minnaar speel onder meer daarin en het dele uit die teks voorgedra.

Stand-up kry in 2024 ’n tuiste by die fees, met Kekkelkliniek wat ’n hoogtepunte uit dié aanbod is. In hierdie skaterlagvertoning is onder andere Alfred Adriaan, Stuart Taylor, Conrad Koch & Lindy Johnson op die verhoog. Komediante wat in solo-optredes te sien is, sluit in Ambrose Uren, Koch (en sy poppe), Dalin Oliver, KG Mokgadi, Mel die Storieverteller, Rob van Vuuren, Taylor, Yasseen Barnes, asook Johnson & Kate Pinchuck wat saam op die verhoog is.

Ewan Strydom voer ’n onderhoud met Deon Meyer vir Bravo!

Van die musiekdebute sluit in: Stef Bos se terugkeer na die KKNK vir die eerste keer in meer as ’n dekade vir Bijna 30 jaar later; Zolani Mahola (The One Who Sings) & Dozi deel die verhoog in Die kort en die lank. In Blommetjie gedenk aan my is onder andere Anton Goosen, Sonja Herholdt, Zolani Mahola, Lise Swart, Schalk Joubert & Illimar Neitz te sien. Wouter van de Venter & Clinton Waring se Beste vriende sing Laurika is ’n viering van Laurika Rauch se musiek; Winand Grundling (orrel) & Johann Nel (verteller) is te sien in Aanskou die mens; CH2: Spanish Fire met kitaarduo Corneille Hutten & Christiaan Jacobsz; Jak de Priester se Hartkamer; Elzabé Zietsman & Tony Bentel is te sien in Vier Panado’s en ’n Chardonnay en Petronel Baard, Chanette Paul, Jan van Tonder & Alzanley is te sien in Tweeluik.

André Terblanché, Lourens Raaf, Esté Raaf en Eldon van der Merwe kuier by die bekendstelling. Eldon word vanjaar vereer met die KKNK-prys vir Jong Stem en hy is ook onder meer te sien in Coenie en Deon se musiekblyspel.

Die KKNK is ’n familiefees en die feesaanbod sluit ’n uitgebreide verskeidenheid van jeug- en familieteater in.

Uitstaande teaterproduksies van ander kunstefeeste is ook op die program ingesluit, waaronder Die vegetariër, ’n drama met Tinarie van Wyk Loots, Wilhelm van der Walt, Eben Genis & Melissa Myburgh, onder regie van Jaco Bouwer; Philip Rademeyer se drama Goed wat wag om te gebeur, met Antoinette Kellermann, Gideon Lombard & Emma Kotze; Routrip, Elzabé Zietsman se dramakomedie; Jefferson J. Dirks-Korkee se drama Rooilug, Lara Hattingh se solo-drama Byster en die gewilde sketskomedie Die Francois Toerien Show +.

Elzabé Zietsman en Johann Slabbert klink ’n glasie by die bekendstelling. Elzabé Zietsman is te sien in Johann se nuutste toneeltuk, Routrip.

Drie van die top-produksies uit die Universiteit Stellenbosch se Première Teaterfees in 2023 maak ’n draai in die Klein Karoo: Incarnations of Sand, ’n absurde teaterstuk; Su’walla Kassam, ’n klug met verskeie kinkels wanneer ’n paartjie uit verskillende gelowe op trou staan en The Old Man Who Thought He Had a Dog, ’n tragi-komedie, wat as wenner van die Première Teaterfees aangewys is.

Twee dansteaterproduksies is te sien, met Joburg Ballet wat vir die eerste keer by die KKNK optree in ’n opwindende trio van werke met een Suid-Afrikaanse première en twee wêreldpremières vir SCARCITY, terwyl Figure of 8 Dance Collective in Set in Motion die lewe se onverwagse draaie en ompaaie, asook die uitwerking daarvan op ons ondersoek.

Lucky Pakkie-teater keer terug na Baron van Reedestraat met kraakvars teaterkonsepte. Die inhoud is – nes die lucky packets van ouds – hoogs geheim. Elke Lucky Pakkie bestaan uit vier vertonings van 15 minute elk.

Die Feesmark is die hartklop van die fees en hier kan feesgangers vir ure wandel deur dié inkopieparadys se stalletjies. Die KKNK-winkel swaai sy deur oop in ’n nuwe area met meer en mooier aandenkings as in 2023.

Karoo Kaarte, die KKNK se veelbekroonde en grensverskuiwende multidissiplinêre kunsteprogram wat sedert 2021 op Oudtshoorn gestalte kry, betrek in 2024 Oudtshoorniete se stories en bied allerlei ervaringe dwarsdeur die fees en oor die dorp heen aan.

Kry die feesprogram by www.kknk.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.

Lees ook: Die Suidoosterfees word mondig! Hier’s waarna jy kan uitsien

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

16 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

21 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

2 days Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.