Hoe om podsendings af te laai

Hoe om podsendings af te laai deur Leigh Hermon (Here’s how to listen to podcasts on your next road trip in Country Life ), Hannelie Diedericks en Zoë Salzwedel, verwerk deur Catherine Schenck. Hooffoto: iStock/alexis84

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Goed, die podcast-gogga het jou nou behoorlik gebyt – en nou wil jy lekker begin luister en al jou podsendings op een plek vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar …

Jy is nie seker hoe om dit te doen nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toemaar!

Ons het vir jou ’n stap-vir-stap gids saamgestel sodat jy saam met ons lekker kan luister. Loer net hier.

Lees ook: Almal praat oor podsendings – maar wat presies is dit?

iStock/Khosrork

Luister aanlyn

As jy WiFi by die huis of werk het (of, natuurlik, waarookal jy na podsendings luister …) kan jy sommer net op die webblad van die podsending gaan, op “speel” klik, en luister!

Maar, vir dié van ons wat nie altyd iewers is met internet nie, is daar gelukkig heelwat ander maniere om na podsendings te luister. Hier is’n paar maniere hoe jy podsendings kan aflaai op jou toestel en daarna luister.

Luister nou na ons podsendingskanaal! Klik hier

Lees ook: Die rooi rose-redaksie se gunsteling-podsendings

iStock/Darunechka

Vir Android-gebruikers

#rrWenk: Dit sluit toestelle soos Samsung, LG, Huawei, en Nokia in

iStock/rvlsoft

Sommige Android-fone het ’n voorafgelaaide program om af te laai en te kan stroom. Indien jou foon hierdie reeds het, gebruik sommer hierdie speler! Jou foon behoort vir jou stap-vir-stap ’n gids te kan gee.

As jou slimtoestel nie een het nie, raai ons jou aan om die Player.FM-program af te laai. Dis gratis en maklik om te gebruik.

1 Soek die Play Store-ikoon op jou foon. Sodra jy dit gekry het, klik daarop en maak die app oop.
2 Tik “Player.FM” in die soekfunksie in.
3 Die Player.FM-ikoon is ’n rooi sirkel met ’n skewe C in. (Die volle naam vir Player FM in Play Store is Podcast App: Free & Offline Podcasts by Player FM).


4 Klik op die groen Install-blokkie en wag dat die Player FM-app aflaai.
5 Sodra die app geïnstalleer is, klik op die Open-blokkie.
6 Volgende gaan die app vir jou dié opsie gee: “Continue with Google” of “Create account” – as jy ’n Google-rekening het, kan jy net op daardie opsie klik, anders moet jy ’n profiel skep.
7 Sodra jy ingeteken het of ’n profiel geskep het, gee hulle vir jou ’n paar temas waaruit jy kan kies, soos nuus, sport, geskiedenis … Kies die temas waarin jy belang stel en klik net die rooi sirkel met die pyltjie in die onderste regterhoek. (As jy nie temas wil kies nie, kan jy ook dié stap oorslaan.)
8 As jy temas gekies het, gaan jy die opsie kry om in te teken (subscribe) vir spesifieke podsendings waarin jy dalk volgens jou gekose temas sou belang stel. As jy dié stap oorgeslaan het, neem die app jou dadelik na die Podcast Smarter-blad. Hier moet jy kies tussen Player FM Pro of Player FM Patron. (Albei opsies waarvoor jy betaal.) Daar is ook ’n opsie om in Free Mode te bly.  Kies ’n opsie en wag totdat jou profiel met die cloud sinkroniseer.
9 Jy is nou gereed om die wêreld van podsendings te geniet!
10 Klik op die Discover-knoppie heel links in die onderste hoek. Hier sal jy deur die gewildste programme, sowel as verskillende kategorieë kan blaai, of na die naam van ’n spesifieke program kan soek.
11 Sodra jy ’n program kry, kan jy dit dadelik speel deur die Play-sirkeltjie te druk of die program op jou toestel aflaai.
12 Laai die program af deur op die ellips-ikoon te klik. Hier gaan jy die opsies Share, Download of About kry. Klik op Download en wag totdat die program afgelaai het.
13 As jy wil luister na dit wat jy afgelaai het, hoef jy net op die Downloads-opsie tweede van links in die onderste linkerhoek te klik.

Dis hoe maklik dit is!

Lees ook: Ken jy memes?

iStock/santypan

OS / iPhone of iPad-gebruikers

#rrWenk: Dit beteken dat enige Apple-produkte onder hierdie afdeling val.

iStock/rvlsoft

iPhone-gebruikers het ’n podcast-program (iTunes – Podcasts) wat vooraf op hul foon gelaai is, gereed om te gebruik. Dis verniet en dis maklik om te gebruik!

1 Soek op jou skerm die pers prentjie met ’n wit mikrofoon wat deur twee wit sirkels omring is. Tik daarop en laat jou reis in die wêreld van podsendings begin.


2 Onderaan die program sal jy vier verskillende opsies kry: Listen now, Library, Browse en Search. As jy nuut in die wêreld van podsendings is, kry jy waarskynlik niks onder die eerste twee oortjies nie, so tik Browse.
3 Onder Browse sal jy Apple se aanbevole podsendings, gewilde programme en kategorieë kry. Tik op kategorieë en begin blaai deur die honderde programme wat onder elke onderwerp beskikbaar is. Jy sal deur die gewildste programme, sowel as verskillende kategorieë kan blaai, of na ’n spesifieke program se naam kan soek.
4 Sodra jy ’n program kry, kan jy dit op jou toestel aflaai.
5 Dis maklik om ’n program af te laai. Klik die pers plus-knoppie regs van ’n program; dit moet in ’n wolk verander. Dit beteken dat dit by jou biblioteek gevoeg is, maar jy moet op die wolk tik om die program af te laai. Die wolk sal verander na ’n pers vierkant, omring deur ’n grys sirkel, wat die vordering van jou aflaaiproses wys. Sodra dit afgelaai is, sal die vierkant verdwyn.
6 As jy wil luister na dit wat jy afgelaai het, tik Listen onderaan die skerm.

Siedaar! Jy kan nou ook podsendings luister.

iStock/cyano66

Goeie wenk

As jy hou van die reeks waarna jy luister, klik op die Teken In-knoppie (Subscribe) en die program sal outomaties aandui wanneer nuwe episodes beskikbaar is. Jy kan jou slimtoestel instel sodat dit slegs nuwe episodes aflaai wanneer jy in ’n WiFi-gebied is.

Dis ook goed om die program te evalueer (gee vyf sterre vir ’n goeie program), wat ander luisteraars ’n aanduiding sal gee van die gehalte van die program.

iStock/LiliGraphie

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.