Margaret se Wêreld: Dis ’n wonderlike lewe

Margaret se Wêreld: Dis ’n wonderlike lewe deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Claude Lelouch.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek noem maar net dat die naam my laat glimlag.

Dié legendariese Franse regisseur sit by Nikki Beach langs nog ’n legende in die Europese rolprentbedryf, Monica Bellucci, en nóg ’n groot talent, Marianne Denicourt. Hulle doen bemarking vir Les Plus Belles Années d’une Vie (of Die mooiste jare van ’n lewe).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Margaret se Wêreld: Omhels wie jy is

Monica Belucci, Claude LeLouche, Marian Denicourt en Margaret Gardiner. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Ek is bevoorreg om met hierdie legendes van ware kuns te kan praat. Almal voor my is ouer as vyftig. Dit is so skaars.

In Hollywood word mans op die skerm gekoppel aan vroue wat twintig jaar jonger as hulle is, maar vroue word selde saam met jonger mans geplaas. Die onlangse gesprekke oor #TimesUp verander dit en televisie en rolprente het die water begin toets en flieks gemaak met ware aktrises soos Diane Keaton en Jessica Lange.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal sulke dae …

In Europa word vroue toegelaat om te verouder en om sexy te wees, ongeag die aantal jare wat sy tol op hul liggame geëis het. Die twee vroue voor my is sexy. Dit is nie net hoe hulle aantrek nie. Dit is deels oor hoe hulle lyk, maar hulle is nie meer twintig nie en – hier is die belangrike deel – hulle probeer nie om twintig te wees nie. Hulle verdien hul plek en het selfvertroue.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Die mooiste vrou in die wêreld – en ek …

Ek word bederf met ’n haarstilering en grimering voor my onderhoud met Taron!

Deesdae word veroudering as ’n misdaad beskou, veral vir vroue. Vroue is verskonend dat hulle op die aarde is as hul visuele rakleeftyd verby is.

Ek voel dit moet verander.

Elke dag bring ’n nuwe avontuur. Ek leer. Ek word vir seker ouer! Maar hoekom moet ek minder lief vir myself wees omdat ek ouer word? Ek is nie twintig nie. En ek wil nie teruggaan nie. Ek wil vorentoe gaan. Ek wil myself wees. My outentieke self wat nie inval by ander se persepsies oor wat ek moet wees nie. Ek probeer om my beste te wees, wat ook al dit op ’n spesifieke dag is.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal soms ’n helpende hand nodig.

Die vertrek waar die YouTube-onderhoud gedoen sal word.

Die onderhoud is vol wyshede en ek hardloop oor na Croisette om met die wonderlike Taron Egerton en regisseur Dexter Fletcher van Rocketman te praat. Dié fliek handel oor Elton John se vormingsjare en sy lewenstryd. Dit is ’n goeie fliek wat uit ’n ongewone hoek vertel word. Sy liedjies vertel die storie en die lirieke kry ’n ander betekenis as jy hulle in die perspektief van die fliek sien.

Ek wil die fliek ’n tweede keer sien.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Op die stel van Rocketman in Engeland!

Ek praat ook met Bryce Dallas Howard. Haar pa is Ron Howard, die groot regisseur wat ’n kinderster in Amerika was. Ons gesels oor die raad wat hy haar gegee het en hoe sy roem hanteer. Dis die onderliggende tema van Rocketman. Ek sal die onderhoud binnekort plaas. Geniet intussen my gesprek met Taron en die regisseur.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal “bad hair days”

Klik hier vir die onderhoud met Taron en as jy daarvan hou, teken in – dis gratis:

Ek moet dit noem dat die onderhoud gevoer is in die Grace Kelly-suite van die Carlton Hotel en die vertrek is vol foto’s van Grace in die dae toe sy die Cannes-rolprentfees bygewoon het. Dit is wonderlik om in die spore van sulke legendes te kan stap.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Die dinge wat mense kwytraak

Hierdie blogplasing vorm deel van Margaret se reeks oor haar besoek aan die Cannes-fees in Frankryk. Lees die ander dae se plasings hier:

Vlugvoosheid en die rooi tapyt

Vrouwees by die Cannes-fees

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.