kategorieë: KalenderOntspanning

’n Nuwe adres vir die Stevenson-galery in Johannesburg

’n Nuwe adres vir die Stevenson-galery in Johannesburg. Inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na ’n dekade in Braamfontein het die Stevenson-galery na 7de Laan 46, Parktown Noord verhuis. Hul nuwe tuiste is op ’n toeganklike roete vir verskeie voorstede insluitend Parkhurst en Rosebank. Hulle kan ook maklik via Jan Smutslaan en die Gautrein bereik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die besluit om te verhuis volg na jare se onderhandelinge tussen die galery-direkteure, kunstenaars en ondersteuners. In die besonder het kunstenaars met ’n lang verhouding met die stad soos Robin Rhode, Nandipha Mntambo en Moshekwa Langa hulle daarop gewys dat daar ’n behoefte bestaan om meer bereikbaar te wees vir ’n wyer verskeidenheid belanghebbendes en vir meer toeganklikheid tot die galery.

Robin Rhode sê hy het nog altyd Stevenson se verbintenis tot die ekosisteem rondom Wits gerespekteer, maar hy het tog met die galery gesels oor hoe die geografie die gehoor kan beperk. “Baie van my vriende in Johannesburg, en veral my ondersteuners in die kunswêreld, het eenvoudig nie vir Braamfontein op hul radar nie. Daar kom ’n tyd dat veranderinge moet plaasvind en ons sien daarna uit om dinge bietjie los te skud in die Noorde.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die verhuising plaas die galery voor nuwe kreatiewe uitdagings. Die Vyfde-vloerruimte, Makhwapheni en die Muurprojek is in Braamfontein bokant, onder en buite die galery gehuisves. Die nuwe adres is dus ’n katalisator vir verandering.

Die nuwe ruimte bestaan uit ’n ou gesinswoning uit die vroeë 20ste eeu met koeistalle daarnaas as deel van die oorspronklike planne. Om die gebou se geskiedenis te erken, is die Tonic-ontwerpduo Greg Gamble en Philippe van der Merwe deur David Brodie, ’n direkteur van  Stevenson, aangewys om die gebou te restoureer en in ’n galery te omskep.

Hulle is verheug om betrokke te wees by die transformasie van ’n klassieke Parktown Noord-huis in ’n nuwe tuiste vir Stevenson. Hulle beoog om met hierdie opknapping die historiese integriteit en sjarme van die oorspronklike gebou te behou, en terselfdertyd die binnekant te omskep in ’n ligte ruimte wat ideaal is vir die besigtiging van kuns.

Nandipha Mntambo sien ook uit na die nuwe gallery.

“My kuns is altyd in dialoog met die argitektuur wat dit omring en dit is ’n wonderlike vooruitsig om uit te stal in ’n gebou wat so ’n sterk gevoel van die historiese erfenis van Johannesburg sal bied, om nie te praat van die moontlikhede wat die tuin bied vir nuwe maniere om te werk en te dink nie. Ek sien daarna uit om te sien hoe Tonic se moderne aanslag sal ineenvloei met die erfenisagtergrond van die huis. ”

By die nuwe galery sal Stevenson vir die eerste keer parkeer- en rolstoeltoegang hê.

“Ons nuwe omgewing is die tuiste van plaaslike kreatiewe nywerhede en veterane van die gasvryheidsbedryf,” sê Brodie. “Dit is heerlik om by ander galerye in die omgewing aan te sluit en deel te vorm van ’n gekonsolideerde netwerk vir Johannesburgse kunsgangers.”

Mandla Sibeko, voormalige direkteur van die FNB JoburgArtFair, is ook opgewonde oor die skuif.

Vir versamelaars wat nie bekend is met die ou Braamfontein-spasie nie, sal dit kunstenaars soos Robin Rhode, Nicholas Hlobo en Penny Siopis tot op hul voorstoep bring.

Both, and, die galery se retrospektiewe uitstalling oor die afgelope 15 jaar wat verlede jaar in Johannesburg en Kaapstad plaasgevind het, het Stevenson se verbintenis tot die kunsdiskoers in Suid-Afrika bevestig en hulle beskou die verskuiwing van die galery as ’n belangrike stap om hierdie fokuspunte te beklemtoon.

Stevenson sal sy bande met die akademiese infrastruktuur in die stad behou en ook die Botswana-gebore kunstenaar, Meleko Mokgosi, wat in New York woonagtig is, se eerste plaaslike museum-soloprogram by Wits Art Museum in September fasiliteer. Mokgosi sal gelyktydig ook by die nuwe galery uitstal.

Brodie sê een van die dinge wat hy nog altyd geniet het van ’n galery in Johannesburg is die buigsaamheid van die kunsgehoor en hul belangstelling om verskillende dele van die stad te ervaar.

Sedert hul vroeë dae was hul gehoor grootliks studente en universiteitsverwante besoekers, maar hierdie verhuising stuur die galery in ’n heel nuwe rigting.

“Ons ou ruimte sal nou gebruik word deur ’n organisasie wat fokus op ekonomiese navorsing en beleidskwessies.”

Die nuwe galery se opening het gepaard gegaan  met ’n solo-uitstalling deur Portia Zvavahera. Nog kunstenaars wat gedurende die jaar wat kom sal uitstal, is Meleko Mokgosi, Dada Khanyisa, Zanele Muholi, Thenjiwe Niki Nkosi en Meschac Gaba.

Loer hier vir meer inligting

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

22 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.