kategorieë: KalenderOntspanning

Kom kuier saam by die Linden-wintermark

Kom kuier saam by die Linden-wintermark Foto’s en inligting verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Breek uit jou winter hibernering en gaan kuier Saterdag 13 Julie 2019 by die Linden-mark by die Botaniese Tuine by die Emmarentiadam. Daar sal jy 160 innoverende stalletjies vind wat onder meer warm winterkos, stomendwarm-sjokolade, warm baadjies, stewels en eksklusiewe lyfprodukte sal verkoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaan geniet die viool- en saksofoon-klanke van Luca Tim, gevolg deur die marimba-orkes, Cole Train, wat jou dansvoete sal laat jeuk met hul eksotiese klanke. Daarna sal die ses-stuk orkes, Sea of Green, vir vermaak sorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Van die hoogtepunte by die mark is die kinder-entrepreneursafdeling wat kinders van jongs af wil inspireer om soos entrepreneurs te dink. Saterdag sal vyftien kinders hul ware van 11:00 tot 13:00 uitstal.

Om kinders die res van die dag te vermaak, sal daar gesigverf, mans op stelte, kreatiewe kuns en ’n springkasteel wees.

Die mark beoog ook om mense bewus te maak van CLAW se werk met hawelose diere en mense. Hulle versprei kospakkies, ondersteun huishoudings waarvan ’n kind die hoof is, help gemeenskappe toegang kry tot gesondheidsorg en hospies-fasiliteite. Besoekers word aangemoedig om ’n warm baadjie of trui saam te bring asook ’n paar ekstra skoene sodat dit aan minderbevoorrregtes versprei kan word.

Soos gewoonlik, sal Benji + Moon daar wees om saam met CLAW die gewilde Date-a-Dog aan te bied. Jy kan ’n hawelose hond vir ’n stappie deur die mark neem, en as jy verlief raak op die hond, kan jy hom aanneem. Die inisiatief het groot sukses behaal by vorige markte en sewe honde is al aangeneem. Daar is ook donasies van R4 740 ingesamel.

Markgangers kan hul deel doen om die planeet te bewaar deur die eko-vriendelike, herbruikbare bekers van SWIG te gebruik. Jy betaal R10-deposito vir die beker en jy kan dit oral by die mark gebruik of die beker as memento hou.

Die mark is hondevriendelik en jou woef is welkom.

Die mark vind plaas vanaf 9:00 tot 16:00 by die botaniese tuine by 45 Thomas Bowler-straat, Emmarentia-dam, Johannesburg. Toegang R30 per volwassene en R15 vir pensioenarisse. Kinders kry gratis toegang.

Aanlyn-kaartjies by https://qkt.io/Rya672

Parkering: R20 by Rooseveldt High (fondse gaan aan die skool)

Gesels gerus saam op sosiale media: facebook, Instagram en twitter.

Loer hier vir nog heerlike aktiwiteite vir die winter

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.