kategorieë: Ontspanning

Hoezit Samelewing eindelik by Afriforum-Teater met 5 Vrouens en Ek

5 VROUENS EN EK, wat aangebied word in samewerking met Taputti Egyptian Perfume Oils, is geïnspireer en opgedra aan die vyf vroue wat Boyce die man gemaak het wat hy vandag is en bekyk jy sy Facebook-blad sien jy hoe sale vol dames, regoor die land, by sy vertonings op liedjies van ABBA, Laura Branigan, Cher en Tina Turner saam dans en sing en hulleself in die oomblik verloor!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek is nie naastenby ’n komediant nie, maar het ’n talent om stories te vertel. Met hierdie vertoning, neem ek mense op reis deur die lewens van die vyf spesiale vroue wat my gemaak het wie ek vandag is. Elkeen het ’n storie, lewensles en lied wat aan hulle gekoppel is,” verduidelik hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die hoofdoel en idee agter hierdie inisiatief is om vroue te bemagtig en aan te moedig om hulle waarde en potensiaal raak te sien, uit te leef en ’n verskil te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Elke vrou kan ’n impak maak. Elke vrou kan help skryf aan iemand se storie. Elke vrou het op hierdie aarde bestaansreg. As jy net op ’n plek kan kom van selfaanvaarding, het jy meer as genoeg in jou om die wêreld te verander.”

Hoewel dit die eerste keer is wat 5 VROUENS EN EK in Pretoria aangebied word, word dit regoor die land voor uitverkoopte gehore opgevoer en is hy verstom oor vroue se uiteenlopende reaksies op wat hulle op die verhoog sien.

“Dis ongelooflik om vroue se uniekheid in volle glorie te ervaar. By elke vertoning is daar oomblikke waar ’n storie of lied trefkrag het wat jy nie kon voorspel nie. Oomblikke wat jy sien hoe dames hulleself geniet, ontspan en net is wie hulle is, ongeag van wat ander dink, en dis vir my ’n groot hoogtepunt,” sê Francois.

Nog ’n hoogtepunt, is om hierdie geleentheid saam met Taputti Egyptian Perfume Oils aan te bied, wat met hulle besonderse handelsmerk, storie daaragter en produkte die toonbeeld is van uniekheid, vroulikheid, elegansie, diversiteit, status en vroue-bemagtiging.

“Ons slagspreuk is 100% in lyn met Hoezit Samelewing se vertonings. Jou geur. Jou storie. (Your fragrance. Your story.)

Die naam, TAPPUTI, is geïnspireer deur Tapputi Belatekallim wat beskou word as die wêreld se eerste amptelike vroulike chemikus, ’n parfuummaker wat op ’n antieke spykerskriftablet genoem word. Argeoloë het bewyse van haar werk gevind op ’n Assiriese spykerskriftablet wat uit 1200 v.C. dateer in Babiloniese Mesopotamië.

As koninklike parfuummaker, was Tapputi nie net die hoof van haar eie huishouding (wat is wat “Belatekallim” beteken) nie; maar word ook beskou as ’n kenner in haar veld en die amptelike hoof van die parfuum-aanleg by die paleis.

Ons staan almal aan die hoof van ons huis, baie van ons is entrepreneurs of werkende vroue, ma’s, eggenote, susters en vriendinne, en het so baie skoene om te vul. Taputti het net soos ons ’n geur gehad, ’n storie. Elkeen van ons het ook ’n geur en ’n storie, net soos elke ander vrou en daarom skakel ons en die vertoning baie goed bymekaar in,” sê Alishia van Deventer, eienaar en hoofuitvoerende beampte van Tapputi Egyptian Perfume Oils.

Omdat dit nog altyd sy droom was om by ’n teater op te tree, sien hy ook uit om in die voetspore te volg van al die bekendes wat al voorheen op dié verhoog verskyn het.

Wanneer hy nie besig is om vroue te vermaak nie, bied hy spesiale kinderverhoogstuk (Franna) aan waar hy stories, dans en drama gebruik om laerskoolleerders te inspireer. Verder tree hy ook as motiveringspreker op by hoërskole en ander geleenthede.

Alhoewel sy kalender propvol is vir die res van die jaar, hou hy nooit ophou droom en beplan nie en het hy reeds heelwat projekte in die pyplyn vir 2024.

“Ek kan ’n verskil maak en sal aanhou om kreatiewe maniere uit te dink om van die wêreld ’n beter plek te maak,” sluit hy af.

Bespreek nóú vir jou en jou vriendinne ’n tafel vir 5 VROUENS EN EK en kom geniet ’n heerlike middag saam. Enkele tafelbesprekings is hier beskikbaar: https://tapputioils.co.za/products/5-vrouens-en-ek-1

Sitplekkaartjies beskikbaar by hierdie skakel: https://afriforumteater.co.za/event-details?id=0ef312ad-719d-465d-ad65-2bfb89394090 (onder 5 VROUENS EN EK)

Die vertoning begin 14:00 en kaartjies kos R200 per persoon.

Lees ook: Komedie-legendes in nuwe kykNET-reeks te sien

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

1 hour Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

4 hours Gelede

My ma se appeltert

6 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 day Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.