kategorieë: Wenke

Ons top tien-wimperwenke

1. Wimpervoorbereiders (primer) voed jou wimpers en laat hulle terselfdertyd langer en dikker lyk. Wend dit aan voor jy jou maskara aanwend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Kyk af en in die spieël in wanneer jy maskara aanwend, só bereik jy die wortels beter en krul jou wimpers ook meer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Wend eers maskara aan jou onderste wimpers en dan aan jou boonste wimpers; dit keer dat die boonste maskara teen jou oogbanke afgee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. Begin by die binnehoeke van jou oog en werk uitwaarts, só skep jy ’n waaier-effek.

5. Tik met ’n groot poeierkwas deursigtige gesigpoeier oor jou ooglede, wimpers en onder die oë aan. Dit voorkom dat jou maskara maklik smeer en die poeier op jou wimpers laat die wimpers voller lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6. Gebruik ’n waterdigte maskara as jy ’n olierige vel of ooglede het, want dit voorkom dat die maskara maklik smeer.

7. As jy waterdigte maskara gebruik, kies ’n grimeerverwyderaar wat olie bevat. Dit verwyder die maskara die beste.

8. Gebruik maskara met ’n kleiner borseltjie as jy baie kort wimpers het.

9. Gebruik ’n wimperkruller slegs op skoon wimpers. Kyk af, plaas jou wimpers tussen die twee tangetjies, lig jou arm op en druk vir so 10 sekondes af.

10. Wimperserum help die groei van jou wimpers aan. Gebruik dit saans op skoon oë en wimpers.

Lees ook: Ooggrimering vir vroue met kontaklense

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

20 hours Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

21 hours Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

21 hours Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

2 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

2 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.