kategorieë: Ons menseBekendes

“I’m humbled!” Terry Pheto genomineer vir drie IARA-toekennings

Die Suid-Afrikaanse aktrise Terry Pheto is Sondagaand vir drie toekennings genomineer vir die vierde amptelike International Achievement Recognition Awards (IARA) wat op 2 September sal plaasvind. Sy is genomineer as Beste aktrise vir haar hoofrol as Naledi Khama in die film A United Kingdom, vir Beste aktrise in ‘n TV of Drama-reeks vir haar rol as Winnie Mandela in die mini-reeks Madiba én vir Beste internasionale aktrise in 2017.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die 36-jarige filmster wat haar debuut gemaak het in die rolprentverwerking van Athol Fugard se Tsotsi het daarna in verskeie Suid-Afrikaanse films en reekse verskyn. Sy het later Hollywood toe getrek om nog geleenthede na te jaag. Van 2011 tot 2013 het sy gereeld die rol van Dokter Malaika Maponya vertolk in die alombekende sepie The Bold and the Beautiful. Sy het intussen in verskeie rolprente en reekse verskyn en is op die oomblik ook ambassadeur vir die luukse horlosiehandelsmerk Longines.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Terry het op Instagram gedeel dat sy geëerd voel oor die erkenning wat sy ontvang:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy is menigte male hierdie jaar genomineer vir pryse, onder andere by die Black Reel Awards vir beste aktrise in ’n TV-reeks. Haar rits erkennings hierdie jaar maak haar die mees genomineerde aktrise van 2017. Ons hou duim vas dat sy hierdie keer met al drie pryse wegstap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.