kategorieë: VelsorgSkoonheid

Justine se slaapterapiereeks behoort deel van jou skoonheidsroetine uit te maak

Die moderne vrou het seker vir elke aspek van haar skoonheid ’n roetine: Een vir velsorg, hare, naels en persoonlike higiëne en ’n ander vir grimering en lippe. Al hierdie noodsaaklike gewoontes help ons in ons strewe na ’n gesonde vel en skoonheid, maar daar is nog een belangrike strategie wat elke skoonheidsoeker behoort te volg: Herstel jou vel terwyl jy slaap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Slaap is absoluut noodsaaklik om jou vel gesond te hou,” sê Edwin Kodinye, die hoof van die skoonheidsafdeling by Avon Justine. “Wanneer jy rus, ondergaan jou vel ’n verjongingsproses danksy twee veranderinge: Jou velselle groei aktief terwyl kortisol (die hormoon wat onder meer inflammasie reguleer) en pH-vlakke saans afneem. Die vervaardiging van sebum neem ook in die aand af wat tot ’n verlies van vog lei. Laastens wanneer jou vel deur die hernuwingsproses gaan, neem jou vel die bestanddele van velprodukte beter op en daarom is skoonheidsorg in die aand kritiek om ’n gesonde, jong vel te verseker.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy die nadelige veranderinge wat jou vel snags ondergaan wil teenwerk en seker maak dat jou vel goed herstel wanneer jy gaan slaap dan is ’n doeltreffende skoonheidsproduk ’n absolute moet.

Justine, die handelsmerk verantwoordelik vir die oorspronklike Tissue Oil, het ’n slaapterapiereeks van stapel gestuur wat slaapterapie-olie, ’n kalmerende lyfolie, ’n voedsame lyfbotter, olie-badroom en ’n nagroom insluit. Hier is wat die reeks vir jou kan doen:

Justine Tissue Oil Sleep Therapy Oil

Die Justine Tissue Oil-slaapterapieolie is met terapeutiese botaniese bestanddele en essensiële olies verryk sodat jy kan ontspan en rustigheid ervaar. Terwyl jy ’n goeie nagrus geniet, hernuwe en herstel die olie jou vel.

Justine Tissue Oil Sleep Therapy Oil Bath Crème

Die Justine Tissue Oil-slaapterapiebadroom is ’n terapeutiese badroom met ’n luukse skuim en ’n ontspannende geur vir ’n spa-ervaring wat jou lekker sal laat slaap.

Justine Tissue Oil Sleep Therapy Night Cream

Hierdie nagroom bevat Marokkaanse roosolie, kamille- en laventel- essensiële olies. Dit het ’n kalmerende reuk wat jou help ontspan en vir beter slaap sorg sodat jou vel goed kan herstel.

Justine Tissue Oil Sleep Therapy Melt-In Mask

Die masker wat so te sê op jou vel smelt, bevat die voedsame Tissue Oil-mengsel en spesiaal uitgesoekte essensiële olies, soos soetamandelolie. Die bygevoegde aktiewe bestanddele en hialuronsuur bevogtig jou vel vir ’n vars gevoel die volgende dag.

Justine Tissue Oil Sleep Therapy Body Butter

’n Dik, luukse lyfbotter wat Justine se voedsame Tissue Oil-mengsel bevat en uitgesoekte essensiële olies en botaniese bestanddele wat help om jou vel tydens slaap te herstel.

Die Justine Tissue Olie-slaapterapiereeks is beskikbaar by hul aanlyn winkel (www.justine.co.za) of kan deur jou plaaslike Justine-konsultant verkry word. Gratis aflewerings vir bestellings van R500 of meer.

*Die produkte is op wetenskaplike studies gegrond. Dermatologies vir allergieë getoets. Geskik vir alledaagse gebruik.

Lees ook: Bevogtig jou somervel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

9 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

13 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

16 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.