kategorieë: VelsorgSkoonheid

K-skoonheid het my vel verander

K-skoonheid het my vel verander deur Hannelie Diedericks, Suzanne Kotzé en Corné Greeff. Hooffoto:iStock/Paulynn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

rooi rose se adjunk-redakteur, Hannelie Diedericks, is gaande oor die K-skoonheid velsorgroetine. Hier is wat sy sê:

Ek dink baie mense sien veranderinge in hul vel met die K-Beauty roetine as gevolg van die ekstra sorg en tyd wat dit verg om ’n 10-stap roetine te volg.

Dis natuurlik nie noodsaaklik om 10 stappe te volg nieMeng-en-pas die stappe eerder om by jou eie behoeftes en skedule te pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sommige K-Beauty produkte is net so goed as die meer bekende skoonheidsprodukte wat mens in apteke of kettingwinkels kan koop en is ook soms selfs goedkoper.

As jy jou huiswerk doen is dit moontlik om ’n goeie, effektiewe velsorgroetine vir jouself te skep wat goedkoper mag wees as met byvoorbeeld luukse Europese ingevoerde produkte.

Die grootste struikelblok is dat die kopie wat op die verpakking verskyn soms net in Koreaans of Japannees is, en dat dit moeilik is om produkte te identifiseer of te kan sien hoe om dit te gebruik of wat die bestanddele is. Gelukkig is daar nou ’n paar plaaslike aanlynwinkels, soos Glow Theory, K Beauty Africa en Butterkup Beauty wat in K-Beauty-produkte spesialiseer en inligting verskaf wat dit meer verbruikersvriendelik maak. YouTubers soos Gothamista gee ook goeie, betroubare inligting oor produkte en bestanddele wat gereeld in K-Beauty produkte gebruik word.

Wonder jy wat K-Skoonheid is? Loer hier om meer uit te vind.

Só het Hannelie se velsorgroetine verander danksy K-skoonheid

K-skoonheid het my geïnspireer om meer stappe in my daaglikse velsorgroetine in te bring en meer aandag te gee aan aktiewe bestanddele en watter voordele dit inhou. Ek  gebruik steeds heelwat “Westerse” produkte, en gebruik hier en daar ’n K-skoonheid produk, en verander my roetine afhangende van hoe my vel op ’n spesifieke dag voel

Ek was my gesig nou twee keer

Die bekendste en dalk die belangrikste K-skoonheid-stap is sekerlik die dubbelreiniging, of twee-stap-reinigingsroetine, wat mens in die aande doen.  Jy verwyder eers jou grimering met ’n cleansing balm of reinigingsolie, en reinig jou vel daarna met ’n jel- of skuimreiniger.

Ek beskou toner as die eerste stap in die voedings/hidreringproses

Nog ’n verandering wat ek gemaak het, is om die “toner” of opknapper-stap nie te sien as die einde van die reinigingsproses nie, maar eerder die eerste stap in die voedings-/hidreringsproses.  K-Beauty Toners en Essences bevat hidrerende bestanddele soos hialuroonsuur en gliserien wat die vel bevog en voorberei op die opeenvolgende stappe.  Mens tik dit liggies met jou vingerpunte in die vel in, eerder as om dit met watte oor die vel te vee. Ek dink nie ek sal ooit terugkeer na die “ou” opknappers wat vol alkohol is en gewoonlik net mens se vel uitdroog en styf laat voel nie.  Hierdie hidrerende opknappers kan afgewissel word met suur-opknappers wat gebruik word om jou vel af te skilfer.

Ek gebruik ’n serum twee keer per dag.

In die verlede het ek my serums vir die aand gebêre, maar nadat ek bewus geraak het van die verskil wat ’n goeie vitamien C-produk aan mens se veltoon kan maak, het ek ’n vitamien C-serum by my oggendroetine ingewerk.

Ek gebruik twee keer per week ’n masker

Ek gebruik twee keer per week ’n masker wat ek afwissel afhangende van hoe my vel op daardie stadium voel.  Lappiesmaskers is prettig en maklik om te gebruik en die effek daarvan is gewoonlik onmiddellik sigbaar, maar ek het nog nie ’n lappiesmasker opgespoor waarvan ek die volgende oggend steeds die verskil in my vel kon raaksien nie.  Ek verkies slaapmaskers wat gedurende die nag op mens se vel bly – dit voel net of dit ’n groter verskil maak.

K-Beauty produkte wat ek al gebruik het

Eerste reiniger:

Banilla Co Clean It Zero Balm Cleanser R340 (Butterkup Beauty) – Dit laat die grimering van jou vel af smelt!

Tweede reiniger:

PYUNKANK YUL Cleansing Foam R 175 (Glow Theory) – Reinig jou vel deeglik nadat jy die grimering verwyder het. Ek gebruik dit saam met my Foreo Luna Mini vir ’n ekstra diep reiniging.

Toner/Essence:

PYUNKANG YUL Essence Toner R220 (Glow Theory) – Verfris en versag jou vel.

Suur-opknapper:

CPSRX AHA 7 Whitehead Power Liquid R295 (Glow Theory) – ek gebruik dit twee keer ’n week vir ’n ligte afskilfering.

Vitamien C Serum:

TIA’M My Signature C Source Vitamin C Serum (bêre in jou yskas om dit teen oksidasie te beskerm) R295 (Glow Theory). Ek het ’n merkbare verskil in die helderheid van my vel bespeur. My pigmentasievlekke lyk ook ligter.

Lappiesmaskers

HELLOSKIN Jumiso Sheet Masks (R40 elk beskikbaar by Glow Theory). ’nVinnige hidrerende inspuiting vir ’n droë, moeë vel.

#rrWenk: Hierdie lappiesmaskers maak baie oulike geskenke …

Op my wenslysie vir die toekoms

KLAIRS Midnight Blue Calming Sheet Mask  (R 50 beskikbaar by Glow Theory)

ISNTREE Real Rose Calming Mask (R 295 beskikbaar by Glow Theory)

Dr. Jart CERAMIDIN CREAM (R710 beskikbaar by Butterkup Beauty)

KLAIRS Supple Preparation Facial Toner (R420 beskikbaar by K-Beauty)

Nie-Koreaanse produkte

Jy hoef nie noodwendig Koreaanse produkte te gebruik nie, jy kan die tien-stap-regime ook met ander handelsmerke volg.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.