kategorieë: KalenderOntspanning

Klein Karoo Klassique: Restaurant-teaterervaring

By Die Windpomp Restaurant Teater, geleë in die CJV-saal agter die NG Moederkerk, kan feesgangers twee musiekuitvoerings en smulkos, berei deur die span van Signature Divine, ervaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Plaaslike pianis Sulayman Human keer Saterdagaand terug na sy tuisdorp vir ’n Aand met Sulayman Human. Aandetes word in Die Windpomp Restaurant Teater vanaf 19:00 bedien en feesgangers kan smulgeregte, met bestanddele uit die Klein Karoo en omgewing verwag. Die musiekoptredes begin om 21:00 en kaartjies hiervoor sluit nie aandete in nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sulayman Human

Kaartjies vir optredes in Die Windpomp Restaurant Teater is beskikbaar by Kunste Onbeperk se kantoor of by 044 203 8600. Etes word by die restaurant bespreek en betaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Saterdag en Sondag kan daar tussen 11:00 en 18:00 wyn en deli-produkte in die area buite die CJV-saal geproe word. Ligte etes word ook deur die dag by die restaurant bedien en dit is nie nodig om ’n uitvoering by te woon om die proeë en etes te geniet nie. Koffie deur Oudtshoorn se eerste koffiebrander, Beans about Coffee, help ook om die winterkoue te verdryf.

Daar is ook agt musiekuitvoerings wat op Klein Karoo Klassique se musiekprogram aangebring is. Kaartjies vir dié musiekuitvoerings is beskikbaar by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home teen R125 elk. Al vanjaar se uitvoerings word in die NG Moederkerk aangebied, waar daar ook ’n CD-winkel bedryf word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Drie gratis gesprekke word ná uitgesoekte uitvoerings aangebied: ’n gesprek oor barokmusiek met die kunstenaars van Folk Baroque, een met komponis Hendrik Hofmeyr na Alleenstryd: Hendrik Hofmeyr Huldigingskonsert en ’n gesprek met Charl du Plessis en Zanta Hofmeyr na Beethoven Tango.

’n Ander opwindende toevoeging tot vanjaar se aanbod is spesiale afslagpakkette vir groepe skoliere met ’n belangstelling in klassieke musiek. Vir dié groepe word kaartjies teen slegs R50 per uitvoering verkoop. Om hiervoor in aanmerking te kom, kan belangstellende groepe ’n e-pos aan J.C. Aucamp stuur by jc@kunste.org.za.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

My storie: Nageboorte-depressie is ‘n werklikheid

Die sogenaamde "baby blues" is mos maar net ’n bietjie emosionaliteit wat vinnig weer oorwaai,…

13 hours Gelede

Wenke vir ’n klein woonkamer

Klein woonkamers kan met ’n bietjie gekullery heelwat groter lyk. Met die regte riglyne kan…

14 hours Gelede

Tradisionele melktert

Vir 2 middelslagterte   Bestanddele   Deeg: 500 ml (2 k) meel 10 ml (2…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Luandri Reynders oor haar bittersoet Binnelanders-afskeid en nuwe begin

Ná byna vier jaar op Binnelanders het Luandri Reynders, geliefd vir haar vertolking van Karen…

15 hours Gelede

Jan Braai se Mieliepaptert

"In ’n wêreld vol onsekerheid het mieliepaptert my nog nooit teleurgestel nie. Dis ’n byna…

16 hours Gelede

Maak jou eie speelklei

Ons het ’n klompie oulike idees by ons sustertydskrif Your Family gekry waarmee jy jou…

16 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.