kategorieë: GebakKos

Koffie-en-okkerneut-koek

RESEP: Koffie-en-okkerneut-koek

Hooffoto: Aremediasyndication.com.au/magazinefeatures.co.za

8 porsies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bestanddele

Koek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

30 g botter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 e bruinsuiker

2 t fynkaneel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 k okkerneute, gerooster

½ k melk

1 e kitskoffiekorrels

185 g botter, saggemaak, ekstra

1⅓ k strooisuiker

3 eiers

1 k bruismeel

2/4 k meel

Toffiesous

½ k strooisuiker

¼ k water

¼ k room

Metode:

Koek

  1. Voorverhit oond tot 160 °C. Smeer ‘n klein koekpan van 22 cm goed. Strooi meel in en skud oortollige meel uit.
  2. Smelt botter in pot oor matige hitte. Roer bruinsuiker, kaneel en okkerneute by. Laat afkoel.
  3. Meng melk en koffie in bak en roer tot koffie oplos.
  4. Klits ekstra botter en strooisuiker in bak met elektriese menger tot lig en donsig. Klits eiers een-een by. Roer gesifte meelblom by en daarna melkmengsel.
  5. Smeer een derde van koekmengsel in panbasis en strooi een derde van okkerneutmengsel oor. Bedek met res van koekmengsel.
  6. Bak koek vir 55 minute. Laat vir 5 minute in koekpan staan voor jy dit op draadrak sit om verder af te koel.

Toffiesous

  1. Roer suiker en water in pot oor matige hitte tot suiker oplos. Bring tot kookpunt. Verminder hitte en laat prut (sonder om te roer) tot karamelkleurig. Voeg room by, roer vir 1 minuut of totdat mengsel effens verdik.
  2. Sit voor: Gaan vinnig te werk en bedruip koek met toffiesous. Gooi okkerneutmengsel oor en druk liggies vas.

Wenk vir die kinders as hulle die bakwerk doen: As jy onseker is of die koek gaar is, druk net ‘n toetspen of mens daarin. As dit skoon uitkom, weet jy dit is reg.

Hooffoto: Aremediasyndication.com.au/magazinefeatures.co.za

Lees nog:

Beste, maklikste sjokoladekoek!

Koekies met witsjokolade, lemoen en gemmer

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.