kategorieë: KalenderOntspanning

Kom kuier saam met KAMERS/Makers in Johannesburg hierdie naweek

Kom kuier saam met KAMERS/Makers in Johannesburg hierdie naweek Inligting verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

KAMERS/Makers voeg nog ’n Johannesburg-mark by hul 2019 lente-/somerreeks!

KAMERS/Makers is baie opgewonde om die kalender vir hul 2019 lente- en somermarkte bekend te stel – veral omdat daar nog ’n Johannesburg-mark sal plaasvind!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


KAMERS/ Makers se eerste helfte van 2019 was niks minder nie as wonderlik, met duisende uitgesoekte, handgemaakte Suid-Afrikaanse produkte wat by die herfsskoue uitgestal en verkoop is. Die nuwe ligging in Kaapstad, Jan van Riebeeck Hoërskool, het hom as die perfekte pasmaat vir SA se oorspronklike luukse artisan-mark bewys. In samewerking met verskeie rolspelers in die Kaapse toerismebedryf het ons vanjaar baie oorsese besoekers ontvang.

Daarna het ons ’n draai gaan maak by St. David’s Marist Inanda in Sandton vir ons eerste Johannesburg-mark van die jaar. Ja, jy het reg gelees, ons eerste Johannesburg-skou: ons maak later vanjaar weer ’n draai in Johannesburg! Hierdie twee markte het vanjaar reeds 70 splinternuwe Makers verwelkom – en baie van hulle het rekordverkope by ons markte aangeteken. Ons wil al ons ondersteuners van harte bedank omdat julle aanhou om plaaslike kleinhandelondernemings te ondersteun.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En so deel ons graag groot nuus: Aan die einde van Augustus keer die gewilde KAMERS/Makers terug na St. John’s College vir ’n tweede mark in Johannesburg. Ons is so opgewonde om terug te keer na hierdie ikoniese plek en ons gaan meer as 60 nuwe Makers aan julle voorstel. Ons verwelkom ook meer as 100 van ons gunsteling-Makers terug vir die lekkerste lentekuier in die land.

KAMERS/Makers in Johannesburg

KAMERS/Makers in Johannesburg

GALA Maanskyn-mark
Op 27 Augustus sal ons die mark by St. John’s College afskop met ’n vonkelwynvoorskou! Jy kan een van die eerste mense wees wat ons mark geniet tussen 16:00 en 20:00 die dag voor die mark open, met alles onder die KAMERS/Makers-son – in die maanlig. Die opbrengs van die kaartjieverkope sal aan Realema geskenk word. Realema kweek die onderwysers van more deur hul uitstekende internskap-program.

Verbeterde volhoubaarheid
Sedert ons saam met Consol Glass begin werk het, het ons al meer as 100 000 plastiekbottels uit sirkulasie geneem deur die gewilde Curvy-glasbottels by ons markte uit te deel. Saam verminder ons die behoefte aan enkelgebruik-plastiekbottels by al ons markte. Consol Glass gaan ’n opskietwinkel by die St. John’s-geleentheid bekend stel en hierdie stalletjie sal van nou af by al ons markte te vinde wees.

                                                                    

Vir ons eerste somermark van 2019 keer ons terug na Stellenbosch en die beeldskone Blaauwklippen-wynlandgoed, en daarna sluit ons die jaar op ’n hoë noot af in Irene by Cornwall Hill College.

Soos altyd kan jy ’n trots Suid-Afrikaanse viering van artisan-handwerk, ontwerp, dekor, mode, kos en so veel meer verwag … voorwaar ’n inspirerende
ervaring!

                            

KAMERS/Makers 2019 Johannesburg (Splinternuut!)
27 Augustus 2019: OPENINGSAAND maanskynmark ter ondersteuning van Realema  | Koste: R150 pp | 16:00 – 20:00
28 Augustus – 1 September | 09:00 – 17:00 | St. John’s College, Houghton | sien kaartjie prys onder

KAMERS/Makers 2019 Stellenbosch
29 Oktober – 3 November | 09:00 – 17:00
Blaauwklippen-wynlandgoed

KAMERS/Makers 2019 Irene, Pretoria
3-8 Desember | 09:00 – 17:00
Cornwall Hill College

Kaartjies:
R70 by www.plankton.mobi of R100 by die hek.
Toegangsgeld sluit ’n beperkte uitgawe KAMERS/Makers-inkopiesak, Consol-waterbottel en ’n tydskrif in.

Multi-dag-toegang: R130
Groepskorting: Koop 3, kry 1 gratis. Studente en pensioentrekkers R70. Onder 18’s gratis.

Besoek hul: kamers.co.za | shop.kamersvol.com | facebook | Twitter | Instagram | #KAMERS2019

Kamers/Makers in Johannesburg

Vir meer inligting oor Kamers, besoek gerus www.kamers.co.za of stuur ’n e-pos aan info@kamersvol.com.

Vir meer inligting oor Consol Glass, besoek www.consol.co.za of skakel +27 (11) 874 0000 / information@consol.co.za.

Vir nog lekker doendinge, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

13 hours Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

1 day Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.