Bestanddele
Viskoekies
- 4 middelslag-aartappels, geskil, in blokkies gesny en sag gekook
- 350 g gaar vis, gevlok
- gerasperdeskil van 1 suurlemoen
- hand vol gekapte dille en pietersielie
- 2 preie of ½ ui, fyngekap en in 15 ml (1 e) botter gebraai
- 250 ml (1 k) karringmelk
Krummelkors
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 250 ml (1 k) growwe broodkrummels van ciabatta gemaak
- 125 ml (½ k) gerasperde parmesaan (of pecorino, dis goedkoper)
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper
- olyf- of canola-olie vir braai
Metode
- Viskoekies: Druk die aartappels met ’n vurkfyn. Laat afkoel.
- Meng die vis, aartappels, suurlemoenskil, kruie en gebraaide prei.
- Geur met sout en vorm viskoekies van 8 cm. Sit vir 20 min. in die yskas.
- Krummelkors: Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die broodkrummels daarin tot goudbruin. Skep uit en laat eenkant afkoel. Roer die kaas en skil by.
- Gooi die karringmelk in ’n vlak bakkie, doop elke viskoekie vinnig in die karringmelk en druk dan in die krummels.
- Verhit olie in ’n pan en braai die viskoekie daarin tot goudkleurig aan elke kant. Sit voor met aartappelskyfies, ertjies en Tartaarse sous.
