kategorieë: Ontspanning

Land se bestes by Woordfees te sien en nou benoem

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts tensy anders vermeld

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons is baie tevrede met die gehalte van vanjaar se Woordfees. Kaartjieverkope was amper 100% beter as in 2022, maar het nog nie herstel tot die syfers van voor die pandemie nie. Daar is 40% meer boeke en ook 40% meer kuns verkoop as verlede jaar,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Caroline van Schalkwyk van die Cap Classique-vereniging en wynmaker Jeff Grier van Villiera Wines, het feesgangers meer oor Suid-Afrikaanse Cap Classique vertel, wat al vir meer as 50 jaar op die tradisionele manier in die sjampanje-styl gemaak word.more
By die wynproe en gesprek met die drie vroue-wynmakers agter Kleine Zalze se veelbekroonde wyne, het feesgangers die geleentheid gehad om die diverse aspekte van die landgoed te ontdek. Lizemari Geldenhuys, Nataleé Botha en Hanri Ferreira het van hul gesogste wyne geskink waaronder Chenin blanc, Cap Classique-vonkelwyne en Cabernet Sauvignon. Daar was lekker stories van elkeen van die drie wynmakers, wat elk hul eie bekoring na die druif bring.more

“Opmerklik was temas oor geestesgesondheid, patologie en gender, wat by ’n aantal produksies ontgin is.”

Met die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings pas bekend gemaak, is daar weer rede om oor te borrel. Die wenners, wat elkeen ’n oorkonde en ’n bedrag geld sal ontvang, word op 13 November by ’n toekenningsgeleentheid by die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch aangekondig.

Volgens Gillian Mitchell, die sameroeper van die Woordtrofees-beoordelaarspaneel, was veral die verskeidenheid binne genres vanjaar merkwaardig. “Daar was werklik iets vir almal. Die gehalte van eenpersoonstukke het beïndruk, en in die sterk Kinderteater-kategorie is ’n aantal aanbiedings ook terdeë deur volwassenes geniet. Musiek is goed ondersteun, en opwindende jong talent was in die feesprogramme vir Kontemporêre (Toyota Musiekfees) en Klassieke Musiek te sien.”

Hier is foto’s van Karoo Kitaar Blues deur John Hogg.
Uitstallings in die US Museum het onder meer werke van die feeskunstenaar, Wilma Cruise, foto’s van Karoo Kitaar Blues deur John Hogg en Bitterkomix se kunstenaars, Conrad Botes en Anton Kannemeyer ingesluit. Hier is van Wilma se kunswerke.more

Benewens die topboekverkopers by die EasyEquities Skrywersfees in vier verskillende genres (fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl) sal ’n aantal spesiale pryse toegeken word. Daaronder tel die toekennings vir WOW-skool van die Jaar en WOW-onderwyser van die Jaar. Vir hierdie Woordtrofees-kategorieë is daar egter geen kortlyste nie.

Darrel Bristow-Bovey was in gesprek met Marita van der Vyver oor sy nuutste boek, “Finding Endurance - Shackleton, My Father and a World Without End” as deel van die EasyEquities Skrywersfees.
Ek het die voorreg gehad om die gesprek met Chris Botes, alias “die ou gryse”, wederhelf van die bekende skrywer, Annelie Botes, te lei. Dit het oor haar jongste boek, “Katvis”, en oor die moeilike emosionele jaar wat hulle agter die rug het, gehandel.more

Die benoemings, gelys in alfabetiese volgorde, is:

Beste prestasie: Klassieke musiek – Vokaal

As ek…

Songs of Shakespeare

Universiteitskoor Stellenbosch

Van Mozart tot Verdi: Operahoogtepunte

“Clara” bring hulde aan die komponis-pianis Clara Schumann en is deur Riana Scheepers geskryf, waarin die pianis Nina Schumann en die aktrise Carla Smith die storie met musiek en storievertelling lewe kry. Hier is Carla Smith in aksie.

Beste prestasie: Klassieke musiek – Instrumentaal

Between Friends

Johann Sebastian Bach: The Flute Sonatas

Rachmaninoff’s 150th Birthday Piano Bash

Trio du Cap Classique

Variations on Virtuosity

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – Solo/duo

Amber/Ombré (Amanda Strydom)

Busrit in die aand (Tarryn Lamb, Frank Freeman)

Hoe ons voel (Amanda Strydom)

Vincent: His Quest to Love and Be Loved (Daniel Anderson, Germaine Gamiet)

In “Vincent: His Quest to Love and Be Loved” word die tragiese en kort lewe van Vincent van Gogh met die gevatte vertellinge, mooiste sang en voordrag deur Daniel Anderson illustreer. Germainne Gamiet begelei Daniel op die klavier. Daniel is benoem vir beste prestasie: kontemporêre musiekproduksie – solo.

Beste prestasie: Kontemporêre musiekproduksie – Groep/ensemble

Classical Calabash

Effervescence: Xamisa, iKapa, Kaapstad

Kaapse Djezz: Ghoema and Beyond

Woordmusiek

Nico Scheepers se nuutste toneelstuk, “Seemuur”, wat hy vertaal en regisseer het, het Conradie van Heerden in die rol van Alex. Die stuk is deur Simon Stephens geskryf.

Beste prestasie: Dans

Karatara – Produksie

Shaun Oelf – Uitvoering (Karatara)

Ultra – Ensemble: Bronwyn Craddock, Nicolas Laubser, Jan Kotze

Beste opkomende kunstenaar

Asiphe Mangqwengqwe – 50 Years of Jazzart (Dans)

Caleb Swanepoel – A Midsummer Night’s Dream (Toneel)

Koor – Magnet Theatre-opleidingsprogram: Oedipus at Colonus #aftersophocles (Toneel)

David Cyster – Beethoven Triple Concerto (Klassieke musiek)

Melisizwe Plaatjie – Effervescence: Xamisa, iKapa, Kaapstad (Kontemporêre musiek)

A Midsummer Night’s Dream spog met die meeste benoemings: Caleb Swanepoel is benoem vir beste opkomende kunstenaar (toneel) in die middel van die foto.
Jazzart-dansteater - Suid-Afrika se oudste kontemporêre dansopleiding en -uitvoerende geselskap - vier vanjaar hul 50ste verjaardag. Asiphe Mangqwengqwe is benoem as beste opkomende kunstenaar (dans). Foto Pierre Rommelaere. (Foto: Pierre Rommelaere)more

Beste prestasie: Toneel Tegnies

Die vegetariër – Stel, beligting, ontwerp

Droomkraan-kronieke – Stel en beligting

Hold Still – Stel

Tuis, ek’s liefie – Stel

“Tuis, ek’s liefie” met Cintaine Schutte, Wessel Pretorius, Chrystal-Donna Roberts, Carlo Daniels, Amanda Strydom en Veronique Jephtas, waarin ’n vrou verkies om in die vyftigs te leef, is benoem vir beste prestasie: tegnies vir stel. Bo is Cintaine en Amanda.more
In “Tuis, ek’s liefie” speel Cintaine Schutte en Wessel Pretorius die paartjie wat in die vyftigs wil leef.

Beste prestasie: Fringe

Anglo Angst

Byster

Tsekmate

Beste prestasie: Kinderteater

Braam en die engel

Die dag toe Guppie sweef

The King of Broken Things

Beste byspeler (manlik)

Eben Genis – Mirakel

Johann Nel – Droomwerk

José Dias – Master Class

Stian Bam – Die vegetariër

“Die vegetariër” is vir verskeie toekennings benoem: beste toneelstuk; vir beste prestasie: tegnies vir stel, beligting en ontwerp; Stian Bam vir beste byspeler (manlik) en Melissa Myburgh beste speler (vroulik), albei in die foto bo. Tinarie van Wyk Loots is ook benoem as beste speler (vroulik) in die produksie en Jaco Bouwer vir regie. (Foto: Nardus Engelbrecht)

Beste byspeler (vroulik)

Antoinette Kellermann – Goed wat wag om te gebeur

Emma Kotze – Goed wat wag om te gebeur

Faniswa Yisa – Oedipus at Colonus #aftersophocles

Jill Levenberg – Droomwerk

“Goed wat wag om te gebeur”, die Afrikaanse weergawe van Philip Rademeyer se The Graveyard, het Gideon Lombard, Antoinette Kellerman en Emma Kotze in die rolverdeling. Dis vir verskeie toekennings genomineer, waaronder beste byspeler vroulik (Antoinette en Emma) en beste byspeler manlik (Gideon).

Beste speler (manlik)

Andrew Buckland – Oedipus at Colonus #aftersophocles

Dawid Minnaar – Mirakel

Gideon Lombard – Goed wat wag om te gebeur

Mark Elderkin – A Midsummer Night’s Dream

Mark Elderkin in A Midsummer Night’s Dream is benoem vir beste speler (manlik) heel links op die foto.

Beste speler (vroulik)

Lee-Ann van Rooi – The Woman Who Fed the Dogs

Melissa Myburgh – Die vegetariër

Sandra Prinsloo – Master Class

Shimmy Isaacs – Gin my die genade

Tinarie van Wyk Loots – Die vegetariër

Daar was soveel om mee te identifiseer in die fringe-produksie, “Trou Koek/Tert” met Margo Kotze en Elmé Oosthuizen. Dis oor drome en troues en liefde en ai, as jy op die vooraand van jou troudag kouevoete kry.

Beste prestasie: Solo

Antoinette Kellermann – Teen wil en dank

Dean John Smith – Hallo, dis Bettie wat praat

Elzabé Zietsman – Routrip

Kim Blanche Adonis – My Fellow South Africans

“Monsters”, die toneelstuk deur Niklas Rådström wat op ware gebeure gegrond is, wentel om die ondervarging van twee tienjarige seuns ná die wrede mishandeling en moord van ’n tweejarige seuntjie, James Bulger. In die rolverdeling is Michele Burgers, Elton Landrew (foto bo), Ntlanhla Kutu en René Cloete, wat om die beurt die rolle van die speurder, James se ma en die ouers van die twee tienjariges speel.

Beste ensemble

Braam en die engel – Geselskap

Droomkraan-kronieke – Geselskap

A Midsummer Night’s Dream – Geselskap

Oedipus at Colonus #aftersophocles – Koor

Beste regie

Geoffrey Hyland – A Midsummer Night’s Dream

Jaco Bouwer – Die vegetariër

Nico Scheepers – Braam en die engel

Die kaalgestroopte seuntjiepop, Braam, met allerhande monsteragtige maskers, verslete doeke wat in die warm, sanderige wind waai waar Braam woon en ’n gevalle engel wat sy vlerke verloor om Braam op aarde te help. Die stuk is benoem vir beste prestasie: kinderteater; beste ensemble; beste regie (Nico Scheepers); en beste toneelstuk.more
Joanie Combrinck en De Klerk Oelofse in “Braam en die engel”.

Beste toneelstuk

A Midsummer Night’s Dream

Braam en die engel

Die vegetariër

Master Class

Soveel goeie vertonings, soveel benoemings. Die wenners word op 13 November by ’n toekenningsgeleentheid by die Oude Libertas-amfiteater in Stellenbosch aangekondig.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Cintaine Schutte oor die nuwe dramareeks, ‘Straat’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

11 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

13 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

15 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 day Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.