kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Ons bied aan: Die Gardena-reeks van grassnyers en knippers.

Ons bied aan: Die Gardena-reeks van grassnyers en knippers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die ontwerp spaar jou heelwat moeite wanneer jy die gras sny. Dit is veelsydig en kan vir ’n verskeidenheid van groot tot klein tuine gebruik word. Kom ons wees eerlik: Om selfs net ’n klein tot middelslaggrootte tuin netjies te hou, verg baie moeite.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die SILENO-reeks wat uit robotgrassnyers bestaan, maak dit vir jou moontlik om jou rustyd ten volle te geniet, terwyl die outomatiese grassnyer saggies voortgaan om die gras te sny. Kry weer tyd terug vir jouself!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nie net is die GARDENO SILENO-robotgrassnyers met 20 jaar se ervaring ontwikkel nie, maar GARDENA as geheel is konstant besig om hul reeks met unieke en vernuwende kenmerke uit te brei. Die SILENO-reeks, wat in twee klasse verdeel word, is ontwerp om vir verskillende tuingroottes voorsiening te maak:

  • Die SILENO-minimo-reeks – vir klein tuine tot 500 m².
  • Die SILENO-leefreeks – vir middelslaggrootte tot groot tuine tot 1 500 m²

GARDENA-robotgrassnyers werk in alle weersomstandighede, of dit nou reën of as die son skyn. Die robotgrassnyer verander outomaties hul snytye volgens die mate waarin die gras gegroei het. Die grassnyer se geïntegreerde en gevorderde sagteware maak dit selfs moontlik om temperature onder nul op te tel: Dit beteken sodra die temperatuur buite by vriespunt kom, word die skedule dadelik gestaak. Dit beskerm die gras aangesien dit skadelik is om die grashalms te sny as dit gevries is.

Die CorridorCut-funksie maak dit moontlik om in moeilike of smal gedeeltes te sny en die Spot Cutting-funksie is perfek vir gedeeltes wat minder gereeld gesny moet word, soos onder die trampolien. Spot Cutting werk in ’n spiraalvorm om elke deel van die grasperk waar daar meer gras is te sny. Die SILENO-robotgrassnyer hanteer hoeke van 25-35 % en sal die gras versigtig sny asof dit op ’n plat oppervlak was. Al hierdie funksies kan volgens die Bluetooth-toep vanaf die gemak van jou rusbank gestel word.

As jy beheer oor die grassny wil neem, dan beveel ons aan jy gebruik die PowerMax-grassnyers wat battery- en elektriesaangedrewe is. Dit is ideaal om die gras goed met gemak te sny.

Die PowerMax-grassnyer wat met batterye werk, gebruik ’n 18 V- litiumioon- battery wat deel van ’n veelsydige en vervangbare Power for All-batterystelsel is. Die battery pas in GARDENA se produkte wat met batterye werk. Dit is wonderlik vir die omgewing, want dit verminder koste en spaar ruimte. Dit beteken ook dat batterye en herlaaiers wat nie pas nie, iets van die verlede is. Om meer van die Power for All Alliance-batterystelsel uit te vind, klik hier: http://surl.li/mmuqf.

Tuiniers wat verkies om ’n grassnyer met ’n koord in plaas van ’n koordlose een te gebruik, het ’n keuse uit drie PowerMax-grassnyers wat deel van GARDENA se elektriese reeks vorm. Hul hoë-wringkrag-rataangedrewe meganisme het ’n kragtige 1 200 W-, 1 600 W- of 1 800 W-motor. Met ‘n snywydte van 32 of 37 cm is hulle indrukwekkende presteerders wanneer klein en middelslag-grasperke gesny moet word.

Of dit elektriesaangedrewe is of met ’n battery werk, is die PowerMax-grassnyers ontsettend liggewig en die snyresultate uitstekend danksy die dubbeld geharde lemme en presiese snit.

Grasperkkamme aan die kante verseker dis nie ’n probleem om gras langs grasperke of teen mure te sny nie. Dit beteken dat hierdie gedeeltes op een slag gesny kan word sonder dat dit nodig is om dit oor en oor te bewerk.

Die Cut and Collect-stelsel verseker dat die grassnyer ook baie doeltreffend is. Danksy die verbeterde lugsirkulasie kan meer grassnysels in die opgaarboks gaan. Jy hoef dit minder kere leeg te maak, wat beteken daar is minder onderbrekings wanneer jy gras sny. Die QuickFit Plus-funksie maak dit maklik om met die druk van ’n knoppie die hoogte waarvolgens die gras gesny moet word, aan te pas.

Die ergonomies gevormde handvatsels maak dit baie gemaklik om die grasperk te sny en jy kan die grassnyer in ’n natuurlike handposisie vashou. Dit is ook verstelbaar aangesien jy die grassnyer op verskillende maniere kan vashou en selfs met net een hand. Die handvatsels se hoogtes kan verstel word sodat die grassnyer by jou lengte kan pas.

Selfs die kleinste grasperke moet gereeld gesny word. Dit is die enigste manier om dit mooi groen en pragtig dik te hou. Die nuwe GARDENA HandyMower Li-18/22 maak dit ongelooflik maklik om klein grasperke te sny.

Liggewig, rats en kompak – die grassnyer word deur ‘n 18 V-battery aangedryf en sny ongeveer 50 m² gras in 20 minute. Dit is so eenvoudig en moeiteloos as om die sitkamer te stofsuig en die kersie op die koek is dat dit omgewingsvriendelik is.

Die HandyMower Li-18/22 gebruik die kragtige 18 V-litiumioonbattery wat deel van die veelsydige en verwisselbare Power for All-batterystelsel is. Dit beteken dat dit enige tyd herlaai kan word en vir baie ander tuingereedskap van hierdie stelsel gebruik kan word, soos dié vir sny, snoei, blare versamel en natmaak.

As die gras een keer per week gesny word, vorm minder gras en onkruid kry nie kans om te floreer nie.

Tydens die meeste snytake het jy dalk ’n randsnyer nodig om die rande af te rond. GARDENA bied ’n reeks battery- en elektriesaangedrewe snoeiers. Hierdie liggewigsnoeiers laat gemaklike gebruik toe vir lang tydperke sonder dat jy moeg word. Die verstelbare kop laat die snoeier kantel, wat dit maklik en doeltreffend maak om daardie moeilik bereikbare plekke te sny.

Die battery-aangedrewe snoeier gebruik die kragtige 18 V-litiumioon-battery wat deel is van die veelsydige en verwisselbare Power for All-batterystelsel.

Lees ook: GARDENA maak ‘Spring cleaning’ maklik met hierdie gereedskap

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

2 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

2 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

2 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

2 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.