kategorieë: GrimeringSkoonheid

Jou gids tot Barbie-lippe: hoe om pienk lipstiffie te dra

’n Helder lipstiffie kan enige vaal dag ophelder. Ons het die mooiste lipstiffies gevind wat vir jou sal werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Eers moet jy uitvind wat jou veltoon is om seker te maak dat jy die regte tipe pienk vir jou gelaat kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kies so die regte skakering vir jou veltoon

Wanneer jy ’n koel veltoon het, kies ’n lipstiffie met koel ondertone, soos blou-pienk, en wanneer jou veltoon warm is, kies warm skakerings soos koraal of helder pienk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe weet jy watter veltoon jy het?

Kyk na die are op jou pols: as dit meer blou lyk, het jy ‘n koel veltoon, en as dit meer groen lyk, het jy ‘n warm toon. Warm veltone is gewoonlik meer olyfkleurig of “geel”.

Blou-pienk lipstiffies vir ’n koel veltoon

1.
2.
3.

  1. Revlon ColorStay Suede Ink Lipstick in Tunnel Vision (R239)

  2. Yardley Stayfast Liquid Matte Lip Vinyl in Killer Queen (R170)

  3. Essence 8H Matte Liquid Lipstick in 05 Pink Blush (R82)

Koraal en helder pienk skakerings vir ’n warm veltoon

1.
2.
3.

  1. Elizabeth Arden Lip Colour Matte in Pink Visionary (R410)
  2. Essence Hydra Matte Lipstick in 407 Coral Competence (R70)

  3. Maybelline Superstay Matte Ink Lipstick in 80 Ruler (R220)

#rrWenke vir pragtige pienk lentelippe

  • Mat lipstiffies is steeds mode, maar kan velletjies op jou lippe erger laat lyk. Skilfer  die velletjies met ’n tandeborsel en Vaseline af.
  • Wanneer jy ’n helder pienk lipstiffie gebruik, is dit ’n goeie idee om eers ’n lipvlek aan te wend en dan die lipstiffie met jou vinger in die middel van jou lippe aan te tik.
  • Vol pienk lippe: Hou die res van jou grimering natuurlik met lekker baie maskara.
  • As jy van nature geneig is om effens rooi in die gesig te word, gebruik ’n kleurregstellende  voorbereidingslagie (primer) voor jy jou grimering aanwend.
  • Gebruik ’n neutrale oogskadu op jou ooglede wat die rooiheid verbloem en steeds natuurlik lyk.
  • Gebruik ’n oogpotlood in die binnekant van jou boonste ooglede om jou wimpers voller te laat lyk.
  • Wees versigtig om nie te veel blosser aan te wend nie, want pienk blosser en lippe gaan te veel wees.
  • Onthou altyd om dieselfde skakering blosser en lipstiffie te kies, maar saam met die helder pienk lipstiffie moet jy ’n sagter skakering blosser kies wat net help om vorm eerder as kleur aan jou gesig te gee en jou wangbene te definieer.

Lees ook: Grimeerwenke vir brildraers

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.