kategorieë: Lees

Lipstiffie se internasionale taal

Ons gaan vir ‘n jaar Oezbekistan toe,” kondig my aweregse man aan. Teen dié tyd skrik ek nie meer as hy met so ‘n aankondiging kom nie. Ek knik net en gaan stel op die Internet vas waar my pad nou heen loop. Ek is so gemaak en so gelaat staan: As ek iets van ‘n onderwerp weet, begin ek belang stel en wil meer weet. Die onbekende word ‘n uitdaging en kort voor lank selfs ‘n liefde. My gesindheid teenoor Oezbekistan was dus heeltemal reg. Toe ek ‘n maand later by die lughawe op Tasjkent afklim, was ek selfs toegerus met ‘n paar Russiese woorde om my gewilligheid te bevestig met wat die lewe my toedeel. Dit was vroeg Saterdagaand en ons het meer as dertig uur van vlieg agter die rug gehad: Sydney, Singapoer, Doebai, Moskou en uiteindelik Tasjkent. Hier wag ‘n verteenwoordiger van die firma op ons, troos ek myself toe ek die verwaarloosde lughawe deur die rukkende bus se vuil vensters beskou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Iewers wag ‘n hotel met ‘n gerieflike bad en bed. Ons klim langs hope vullis uit en stap in die lang gang af na die visum- en paspoorttoonbanke. Die Oezbeke storm by ons verby en drom om die toonbanke saam met elmboë wat oortyd werk. Dis duidelik dat hulle nie graag in rye staan nie, en fisiek om ‘n beter plek sal beding. Ons wag gedwee by die verligte venster, maar daar is geen teken van ‘n beampte nie. Uiteindelik maak ‘n stuurse polisievrou haar opwagting en verstaan my gebaretaal. Sy praat op haar radio’tjie en knik haar kop emosieloos in die rigting van die venster. Ons glimlag dankbaar en verkyk ons aan die Oezbeke se goedige geveg om voor in die skrum te druk by die paspoorttoonbank. Deur glas sien ons die bagasie op die vervoerbande aankom: feitlik geen tasse nie, net bokse en bokse met so hier en daar ‘n sportsak of ‘n swart plastieksak met toue vasgebind. Die bagasie val na buite af of na binne om die draaie en stol die hele proses.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die beweegbare rubberplate op die band lyk soos ‘n bergie se tande – hier een en daar ‘n halwe een. Die gevolg is dat die bagasie nie behoorlik aangestoot word nie. Die beste skrummers onder die passasiers wil hul bokse hê en klim bloot heen en weer oor die vervoerbande, haal bokse tussenin uit, gee aan en smyt wat nie aan hulle behoort nie sonder seremonie neer. Uiteindelik die immigrasiebeampte. Hy skakel sy rekenaar aan en gaan weer weg. “Dis nog Windows 98. Dit vat lank om aan die gang te kom,” fluister my man terwyl hy ons dokumente netjies uitpak vir die beampte se terugkeer. Woordeloos keer die beampte terug, woordeloos bekyk hy ons dokumente, ons gesigte, sy rekenaarskerm en weer ons gesigte. Ek fluister benoud: “Ons lyk sowaar slegter as op ons paspoortfoto’s. As jy slegter as jou paspoortfoto lyk, is jy oud, in-der-dagen-sat, klaar-met-die-wêreld. Kyk hy herken my nie eens nie!” teem ek. Iets moes tog vir hom bekend voorgekom het, want ná ‘n lang-lang proses is ons paspoorte gestempel en kan ons die agterhoede by die veel kleiner skrum gaan vorm. Toe praat die beampte vir die eerste keer in daardie allemanstaal waar sekere oorbekende frases ondanks groot afwykings in uitspraak herken word: “Twintig US dollar.” Ons kyk in ons beursies al weet ons dis vergeefs. Ons haal baie Australiese dollars uit, dirhams en my geliefde Suid- Afrikaanse rande, maar die immigrasiebeampte is onwrikbaar. Oezbekistan het ‘n baie swak verhouding met Amerika, in so ‘n mate dat die meeste Amerikaners die land verlaat het, maar Amerikaanse dollars is die versoek en Amerikaanse dollars moet dit wees. Ons smeek, ons verduidelik dat ons by die firma se verteenwoordiger die verlangde Amerikaanse dollars sal kan kry. Laat ons net asseblief deur. Maar hy skakel sy stel dat die woord nie “asseblief” beteken nie, maar “plesier”. Watter plesier hy gedink het ek beloof so hewig, weet ek nie, maar dit en my beste mimiekpoging oortuig hom om manlief se paspoort terug te gee. Maar myne hou hy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die immigrasiebeampte verdwyn met my paspoort in die strak dieptes van die gebou in. Ek gaan sit, soos ek beloof het, gedwee op een van die twee staalstoele in die reusagtige, vuil lokaal. Ek kyk met trane wat dreig hoe Johan deur paspoortbeheer rekenaar af, neem ons paspoorte en draai om deur toe. Johan se gesig is bleek onder die sonbrand en hy bekyk ons tydelike visums deeglik. Daar staan dit duidelik: die verlangde bedrag is reeds betaal. Maar ons beampte staan onwrikbaar by sy een verstaanbare frase. Ek weet met my meer-as-dertig-uurvliegtuig- gesiggie sal ek nie ver kom met vroulike lis nie. Maar ek onthou dat een van die drie Russiese woorde wat ek ken, iets soos asseblief insluit. Eers later sou ek vasen doer ver deur doeane skrum. Die stuurse polisievrou staan wydsbeen met arms agter die rug en staar na my.

Ná so tien minute sluit die paspoortbeamptes hul hokkies en verdwyn een na die ander agter die immigrasiebeampte aan. Ek kyk om my heen. Die stukkende vervoerband ruk en sug en kom tot stilstand en die laaste bokse het baas gekry. Dis net ek en die polisievrou. Ek waag ‘n glimlag en sy vererg haar. Die ligte flikker asof hulle ook tot ruste wil kom. Toe tref dit my. Ek sal nie vanaand nog hier kan uitkom nie. Die beamptes is weg. Die gebou loop leeg. Daar is tralies en versperrings. Ek kyk na my handbagasie: my rekenaar, handsak, ‘n sak met manlief se enigste pak klere en ‘n nuwe kasjmierjas wat ek hom gemaak koop het vir die Oezbekiese winter met temperature van tot minus 15 grade. Ek glimlag weer floutjies na die polisievrou se kant toe en dié keer vererg sy haar bloedig en gluur my verwoed aan. Ek wil huil, maar daardie moedswillige streep wat my so ‘n aaklige tiener gemaak het, kom ná jare weer te voorskyn. Ek sien my grimeersakkie diep onderin my handsak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek stap na die polisievrou en vra liefies na die toilet. Sy beduie met haar kop na die einde van die lang gang waar ons sowat twee uur gelede vol moed ingestap het. Ek sê beleefd dankie in Russies en stap met my handsak, rekenaar en manlief se enigste pak en nuwe woljas die gang af. My planne is agtermekaar: Ek sal die swart pak oor my klere aantrek en die woljas op die vuil vloer as matras gebruik, maar onderkry, kry die Oezbeke my nie. Ek haal my grimeersakkie uit en sit lipstiffie aan. Ek voel sommer klaar stukke beter. In die verweerde spieël sien ek die polisievrou het haar pos verskuif en staan selfs nog suurder in die deur. Wydsbeen, arms agter die rug. Ek draai om en stap na haar toe. In my beste Bolandse Afrikaans sê ek vir haar: “Haai ou girl, dit lyk my ons het albei ‘n opkikker nodig.

Daar is niks soos ‘n lipstiffie vir ‘n meisie se gemoed nie. Dê, probeer ‘n bietjie van my cherry blossom.” Wonder bo wonder glimlag sy, maar skud haar kop. Ek pak my grimering weg en besef ek het op Moskou laas ‘n draaitjie geloop. Die toilette is skoon, maar soos dikwels in Asië, net gate in die vloer. Ek het ‘n eks-kommunistiese polisievrou aan die glimlag gekry, sal ‘n ou gaatjie in die grond my nou onderkry! Met my rug na die deur vir ingeval die polisievrou haar plig baie ernstig opneem, mik ek my mik en wonder hoe oumense met stywe knieë die gedoente hanteer. En dis in dié onelegante posisie dat ek toe my man se bekommerde stem agter my hoor. Hy roep en bly toe stil. En die volgende oomblik bars ons albei uit van die lag, soveel dat die kwaai polisievrou, wat hom met geweld uit die toilet wil verwyder, hard moet stry teen ‘n glimlag.

Ek kyk met nuwe oë na my geliefde, want die gewoonlik vreeslik wetsgehoorsame man het met die regte dollars in die hand, net oor tralies en versperrings geklim. Hy is deur deure met “geen ingang” in die donker dieptes van die staatsgebou in. Hy het die immigrasiebeampte op die derde verdieping, die paspoortbeampte op die vierde verdieping en die doeanebeampte by die sigaretmasjien opgespoor – alles om my terug te kry. So stap ek die sterrehemel van Oezbekistan tegemoet, vol moed omdat ‘n lipstiffie ‘n internasionale taal praat en die liefde ná dertig jaar nog kan blom.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.