kategorieë: KalenderOntspanning

Lizz Meiring in nuwe eenvrouvertoning

Lizz Meiring, wat vanjaar haar 33ste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier, gaan spesiaal ’n Kaapse draai maak. Kapenaars kan uitsien na ’n splinternuwe, verrassende vertoning met die klem op top klas vermaak. Met Ander Woorde is ’n versameling sketse, stories en vertellings uit die pen van die aweregse, eiesoortige Lizz Meiring wie met haar liefde vir woorde en woordspelings die woorde uiter wat ons soms lomperig kwytraak om ons eie en ander se menslikheid te verstaan. Daar’s komiese inhoud, meer ernstige temas en als tussenin, want soos Lizz altyd sê, is “lag en huil, ironie, satire en patos mos maar ’n mespunt fyn van mekaar.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lizz vertel in die stuk ook grepe uit haar eie lewe en loopbaan – die lastige ongemaklikhede van kunstenaar wees, en die triomfantlike ontsnapping van kreatiwiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Besonderhede

Tydsduur: 60min
Kaartjieprys: R120 (beskikbaar direk by die teater)
Toerdatums:
• 28 Febuarie 2017: Stellenbosch Drostdy Teater. Besprekings: 087 943 2459 / info@drostdyteater.co.za
• 1 Maart 2017: Paarl OU Meul Teater. Besprekings: 082 464 2883 / michelle@oumeulteater.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.