Bestanddele
- 125 ml (½ k) botter
- 125 ml (½ k) suiker
- 250 g (1 pak) dadels, ontpit en gesnipper
- 500 ml (2 k) Rice Krispies
- fyn klapper om in te rol
Metode
- Smelt die botter en suiker saam in die mikrogolf. Roer kort-kort.
- Roer die dadels by en sit vir nog 2 min. in die mikrogolf tot die mengsel begin kook. Klits met ’n elektriese klitser tot die dadels fyn is.
- Roer genoeg Rice Krispies by tot dit stywe deeg vorm.
- Rol opgehoopte teelepels vol van die deeg in balletjies. Rol in klapper.