Pasteie
Bestanddele
Sowat 8 pasteie
Vulsel
- 700 g gehalte-varkworsies
- 1 ui, fyn gekap
- 10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 30 ml (2 e) vinkelsaad
- fyn gerasperde skil van 1 lemoen
- 45 ml (3 e) port
- ’n groot hand vol pietersielie en grasuie, fyn gekap
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 appel, gerasper
Deeg
- 200 g koekmeel
- 200 g botter
- 200 g cheddar
- gerasper eierglaseersel
Metode
Vulsel
- Druk die varkvleis uit die omhulsel in ’n mengbak uit.
- Braai die ui en knoffel in ’n pan tot goudkleurig. Roer die worsvleis by en braai vir 5 min. Gooi die vinkelsaad, lemoenskil, port en kruie by en meng goed. Geur met sout en peper. Sit laastens die appel by.
Deeg
- Verwerk al die bestandele in ’n voedselverwerker tot dit bymekaarkom. Vorm ’n plat sirkel, draai in kleefplastiek toe en sit vir 1 uur in die yskas.
- Rol die deeg 5 mm dik op ’n skoon, meel-bestrooide werkvlak uit.
- Druk 15 cm-sirkels uit en voer ’n muffin-pannetjie met 6 holtes met die deegsirkels uit.
- Verdeel die vulsel tussen die holtes en bedek elk met ’n 7 cm-sirkel. Knyp die deksel met jou vingerpunte toe en verf met geklitste eier.
- Bak vir 40 min. of tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel voor jy die pasteitjies uithaal.
Quiche
Bestanddele
Genoeg vir sowat 12 klein of 1 groot quiche
Deeg
- 500 g meel
- 240 g botter
- 200 g roomkaas
- 90 ml (6 e) water
Vulsel
- 4 eiers
- 125 ml (½ k) room
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 kg botterskorsieblokke, gerooster
- 80 ml (? k) pistasieneute
- 125 g bloukaas
- ’n hand vol pietersielie, gekap
Metode
Deeg
- Verwerk al die bestandele saam in ’n voedselverwerker tot dit ’n bal vorm. Draai die deeg in kleefplastiek toe en sit vir 1 uur in die yskas.
- Rol die deeg 5 mm dik op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit.
- Sny 12 cm × 8 cm-sirkels uit die deeg en voer quichepannetjies of ’n 20 cm-losboompan daarmee uit. Laat vir 20 min. in die yskas rus.
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer die pannetjies met bakpapier uit en vul met droë bone of keramiekballetjies. Bak vir 20 min. blind tot ligbruin. Haal die bakpapier en bone uit en bak vir nog 10 min. Laat afkoel.
Vulsel
- Klits die eiers en room saam en geur met sout en peper. Hou eenkant.
- Pak die pampoen, pistasieneute, bloukaas en pietersielie in die tertkors en gooi die eiermengsel oor.
- Sit op ’n bakplaat en bak by 180 °C tot die eiermengsel gestol het – sowat 60 min. vir die groot tert of 20-25 min. vir die kleintjies. Laat effens afkoel en sit voor.
