kategorieë: Wenke

Doen-dit-self: Neon en Nude-mani

Naelkuns neem behoorlik toe. Wees in die kol en verruil jou veilige pienk-en-wit-manikuur met dié trendy kombinasie van neon-en-nude-skakerings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Stap 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verf altyd eers jou naels met ’n goeie basis-lagie, dit keer dat die kleur nie jou nael vlek nie en verseker dat die naellak langer hou. Verf dan jou naels met ’n ligte of naak-skakering (amper velkleur, eerder as ligpienk) en wag vyf minute totdat dit droog is voor jy met die volgende stap begin.

Stap 2

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verf die punte (of die helfde) van jou nael met jou gunsteling neonkleur. As jy nie te veel bewe nie, probeer om stuk-stuk ’n lyn met ’n kurwe oor jou nael te verf, wees versigtig want as jy in een haal ’n horisontale streep probeer aanverf mag dit dalk skeef lyk. Andersins maak die kwassie goed nat met naellak, hou vertikaal en tik-tik die naellak van bo-af aan. As jy steeds sukkel om daardie perfekte reguit lyn te kry, gebruik ’n nael-plakker om te help. As jy nie van die french nael hou nie probeer iets soos chevron strepe of kolle met die neonkleur.

Stap 3

Verf ’n bo-lagie vir daardie ekstra glans en om te verseker dat jou neon-en-naakte naels langer hou.

Volg die stappe hier: http://www.youtube.com/watch?v=0n53WIpmdVo

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.