Marcus Rohrer-spirulina is 100% natuurlik en die suiwerste wat jy kan kry

Dit is propvol vitamiene, minerale, spoorelemente, chlorofil, ensieme en dit is ’n uitstekende bron van vitamiene A, K B12, yster, mangaan en chroom. Dit is kosjer en halaal, en vir alle ouderdomme asook vir vegetariërs of vegans geskik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat maak Marcus Rohrer-spirulina so anders?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Marcus Rohrer-spirulina groei op die sonnige eiland Hawaii. Die geriewe is van die grootste en die mees moderne akwatiese plase ter wêreld. Die vanggebied, wat ongeveer 200 m lank is, is op ’n stofvrye, ou lawaveld reg langs die Stille Oseaan geleë. Die seewater, wat vanaf ’n diepte van 2 000 voet gepomp word, is buitengewoon skoon en propvol minerale. Dit bevat 90 spoorelemente en het oor die laaste 2 500 jaar geen kontak met die atmosfeer gehad nie. Geen ander spirulina ter wêreld word in so ’n ryk bron van natuurlike voedingstowwe geplant nie. Daar is lawaklippe rondom die vanggebied wat maak dat stof nie kan opwaai en in die vanggebied kan val nie. Danksy die spesiale klimaat, die baie sonblootstelling en die water se optimale samestelling, kon die alge oor die jare been by hul omgewing aanpas en het hulle aangehou om te ontwikkel. Die oorspronklike spesie, Spirulina platensis, het die Spirulina Platensis Pacifica voortgebring, wat groter is, vinniger groei en ryker in betakaroteen is. Spirulina Pacficia is nie geneties aangepas nie en is volgens ekologiese riglyne gekweek – daar is geen onkruid- of plaagdoders gebruik nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waarom is spirulina goed vir jou?

Spirulina is die botaniese naam vir die blougroen alge wat net-net ’n millimeter lank is. Spirulina beteken “klein spiraal” in Latyns en dit verwys na die alge se spiraalagtige vorm. Spirulina is een van die oudste vorms van lewe. Dit word al vir die laaste 3,5 biljoen jaar op die aarde gegroei. Eeue gelede het die Asteke en die Maja die waarde en die genesende eienskappe van die spirulina-alge besef en het hulle dit gereeld gebruik as ’n manier om dieselfde voedingstowwe wat groente gee, in te kry. In moderne tye is spirulina wêreldwyd bekend as een van die natuur se rykste voedingsbronne. Miljoene mense gebruik dit daagliks om hul energievlakke, uithouvermoë en algehele welstand ’n hupstoot te gee.

Proteïene

Spirulina bestaan uit 55-65% volmaakte proteïene. Hierdie proteïene bevat al nege noodsaaklike aminosure. Die verteerbaarheid van hierdie proteïen is verder meer as 80% en dis raar in plantkosse.

Fikosianien

Die blou strook in spirulina kom van die pigment fikosianien af. Dit is ’n diepblou pigment wat die alge met fotosintese kan help omdat dit so te sê die lig vashou. Die antioksiese samestelling is een van die hoofelemente in spirulina. Die gesondste element is die kragtige antioksiese en teen-inflammatoriese uitwerking daarvan op jou liggaam. Vroeë studies het bewys dit kan die lewer en die niere beskerm.

Karotenoïede

Karotenoïede is ’n spesiale tipe plantgegronde samestelling wat ’n kragtige antioksiese effek op die liggaam het. Spirulina bevat heelwat hiervan, soos zeaxantien, betakaroteen en chlorofil. Hierdie samestellings werk saam om skadelike, reaktiewe molekules te bedwing wat in die liggaam opbou en skade veroorsaak. Een studie het gewys dat karotenoïede in spirulina baie meer biobeskikbaar as dié in spinasie is.

Yster

Spirulina bevat baie yster, en daar is bewys dat dit ’n redelike hoë biobeskikbaarheid het in vergelyking met ander plantgegronde bronne. Yster is ’n mineraal wat met hemoglobien (die selle wat suurstof na die res van ons liggaam vervoer) meng. Dit is absoluut noodsaaklik om genoegsame suurstof na al die weefsel te kry en só energie te vervaardig. Volgens ’n studie het ysteraanvullings ouer volwassenes wat ’n geruime tyd aan ’n ystertekort (bloedarmoede) lei, gehelp om die hoeveelheid suurstof wat hul liggame opneem te verbeter en hul immuunstelsel te versterk.

Minerale

Elke teelepel bied ’n gesonde skeut magnesium, sink, koper en mangaan. Dit is noodsaaklike rolspelers in meer as 300 chemiese reaksies in die liggaam. Dit maak dat die senuweestelsel goed werk en jou hart gesond bly.

Besoek gerus http://www.natroceutics.com/

Lees ook: Gesondheidswense vir partytjies en die feestyd

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

2 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

4 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

6 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

24 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.