kategorieë: VelsorgSkoonheid

Die 8 grootste foute wat jy kan maak as jou vel sensitief is

Die 8 grootste foute wat jy kan maak as jou vel sensitief is deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sensitiewe velle word gekenmerk deur rooiheid, ’n uitslag en ’n sperfunksie wat nie goed werk nie. (Die sperfunksie keer dat “slegte” deeltjies jou vel binnedring en hou ook vog binne.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Namate ons ouer word, neem velsensitiwiteit toe. Ongeveer 50% van mense het ‘n reaktiewe/sensitiewe vel (59% vroue en 41% mans).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jou gesig, en veral jou nasolabiale voue (die voue langs jou neus na jou mondhoeke), is die mees algemene plek vir velsensitiwiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is die 8 grootste foute wat jy kan maak as jou vel sensitief is

1. Sonblootstelling en om nie elke dag sonskerm te dra nie.

Omdat jou sperfunksie nie behoorlik werk nie, kan jou vel hom ook nie heel nie, wat jou nog meer vatbaar vir sonskade maak. Daaglikse sonskerm is baie belangrik. Daar is baie sonskerms vir sensitiewe velle, toets verskillende soorte totdat jy een kry wat vir jou gemaklik genoeg voel om elke dag te dra. Vra gerus vir toetsgroottes by skoonheidstoonbanke.

Het jy geweet? Meer mense word bewus van velsensitiwiteit in die somer, wat daarop dui dat UV-blootstelling ook ’n rol in sensitiwiteit speel.

2. Jy was jou vel nie reg nie.

Maak jou gesig net twee keer per dag skoon met reinigers wat vir sensitiewe velle bedoel is en vry is van irritante soos alkohol, parfuum of bestanddele wat jou vel kan sensitiseer (soos alfahidroksiesure).

3. Jy gebruik verfrissers, saamtrekmiddels of rome wat alkohol bevat.

Kyk mooi na die bestanddelelysies van skoonheidsprodukte en moet dit nie gebruik as dit die volgende woorde bevat nie, veral nie as dit binne die eerste ses bestanddele gelys word nie: SD alcohol, denatured alcohol of isopropyl alcohol. Dit is gewoonlik die produkte wat vinnig droog/koel word op jou vel, of dadelik olie verwyder. Behalwe dat dit die vel sensitief kan maak, veroorsaak dit ook droogheid wat die veloppervlak verniel en veroorsaak dat die vel nie behoorlik kan herstel en gesond word nie.

4. Oormatige afskilfering

… of afskilfering met growwe afskilferaars, of harde chemiese afskilferaars.

Dit sal die normale sperfunksie van die vel beskadig – ’n groot oorsaak van ’n sensitiewe vel. Dis voldoende om die vel een tot twee keer per week af te skilfer, maar vermy dit liefs wanneer jou vel ontsteek en rooi is. Vermy korreltjierige afskilferaars en kies eerder ’n veilige chemiese afskilferaar. Die wrywing van die korreltjies kan mikro-skeurtjies in jou vel veroorsaak en sensitiwiteit vererger

5. Chemiese afskilferbehandelings

Chemiese afskilferbehandelings kan jou vel meer sensitief maak. (Daar is wel sekere chemiese afskilferaars beskikbaar wat vir sensitiewe velle kan werk).

6. Lang warm baddens of storte

Hierdie kan jou vel uitdroog omdat dit die vel van natuurlike olies stroop en die vel rooi en onsteek laat. Smeer dadelik ná ‘n bad of stort room aan.

7. Jy gebruik velsorgprodukte met te veel aktiewe bestanddele.

Minder is meer. Volg die aanbevelings van hoeveel en hoe gereeld jy die produk moet gebruik noukeurig.

8. Blootstelling aan omgewingsfaktore

… soos wind, koue, hitte en die lugdruk in ’n vliegtuig.

Probeer dit veral vermy as jou vel ’n uitslag het. Wend ’n room aan wat die vel teen die elemente sal beskerm voordat jy blootgestel word en ’n helende masker ná blootstelling.

Lees ook: Wees sonskerm-slim hierdie somer – ons beantwoord al jou vrae oor sonroom

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.