kategorieë: Leef gesondGesondheid

Vakansieplanne en pille wat werk: Raad vir sonsteek, blase, jig en geswikte enkels

Vakansieplanne en pille wat werk: Raad vir sonsteek, blase, jig en geswikte enkels deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Rooi is die gewildste Kersfeeskleur maar het jy al opgelet dat baie van jou Kersfeeskwale ook rooiheid veroorsaak? Hier is planne sou dié klompie jou en jou mense kom pla …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die beste raad vir bloublasiebrande

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. ’n Rooi jigtoon of -vinger vang jou

Die simptome

’n Bloedrooi, opgeswelde en ontsettend pynlike toon of vinger.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor jig

Watter kosse veroorsaak jig?

Wat kan jy doen?

  • Kry kolgisien by die naaste apteek.
    Jy het nie ’n voorskrif nodig nie, en dit verlig die simptome binne ure. Nou moet jy net ’n volgende aanval keer.
  • Luister na jou liggaam.
    Wat sneller jig by jou? Maak ’n lysie. Baie mense kan nie ’n druppel bier drink nie maar kom reg met wyn, veral as hulle glase water of baie ys daarmee saam drink.
  • Sny die soetgoed.
    Hoe soeter, hoe slegter vir jou jig, want die fruktose in suiker word afgebreek na uriensuur, wat as kristalle in jou gewrigte neerslaan.
  • Drink ekstra water, tee en koffie.
    Wie wil heeltyd bly nee sê vir Kerskoek, roomys en koelers? Dit kan help as jy baie meer water drink, want hoe beter jy gehidreer bly hoe meer uriensuur word uitgespoel en hoe minder daarvan kan as jigkristalle op jou toon- en vingergewrigte neerslaan.
    Maar kies wat jy drink: onversoete water, koffie en tee help, terwyl die suiker in vrugtesap, gaskoeldrank en koelers uriensuur veroorsaak en jou niks help nie. Dieetkoeldranke en suikervrye koelers sal wel werk. Of maak jou eie koeler met suikervrye tonikumwater en dieetlimonade.
  • Kies meer kere witvis.
    Rooivleis, spek, mossels, blikkies ansjovis en sardiens is berug vir hul vermoë om jig te veroorsaak.
  • Doen een dag ’n 16/8 vas
    Dit verlaag jou bloedsuiker ’n slag.
  • Stap ’n draai
    Ligte oefening verlaag ook jou bloedsuiker. Harde oefening is nie onvoorwaardelik beter nie, want dit dehidreer jou en verhoog so die kanse dat meer pynveroorsakende uriensuur-kristalle vorm.

Lees ook: Probeer die vas-dieet

2. Bloedrooi verbrand: sonsteek of hittesteek?

Die Woordeboek van Afrikaanse Geneeskunde Terme gaan sover as om sonsteek as ’n “vorm van hitteberoerte” te beskryf. Dit is nie oordrewe nie, want een uit elke tien mense met sonsteek sterf – selfs binne net ’n halfuur, terwyl mense tot tien dae ná die voorval nog ’n baie groot kans het om te sterf weens orgaanskade. Hittesteek is die ligter graad daarvan.

So weet jy watter een jy het

Met altwee is jou vel vuurwarm, en jy kan flou, duiselig en/of naar voel en vinnig en vlak asemhaal. Jy kan ook verward en selfs aggressief voorkom en onsamehangend praat.

Twee belangrike simptome: is jou vel klam of droog? Is jou polsslag vinnig, of soms vinnig en dan vir ’n paar sekondes weg? ’n Vuurwarm, droë vel saam met ’n wisselvallige polsslag is tekens van regtig gevaarlike sonsteek – ’n noodgeval.

Wat kan jy doen?

  • Kry jouself dadelik afgekoel
    Neem ’n koue bad, of gaan sit in ’n veilige waterpoel, met soveel van jou bene, lyf en arms onder die water as moontlik. Moenie alleen sit nie – iemand behoort jou dop te hou. Moenie oor-afkoel nie. Sodra jou liggaam min of meer by 38 °C is (verkieslik gemeet met ’n termometer) kom uit die water en uit die son en rus op ’n koel plek.
  • Kry jou bloedsomloop aan die gang
    Lig jou voete bo jou kop. Dit kan help as iemand jou arms en bene masseer om die bloed terug te kry na jou romp en kop.
  • Vergoed vir die dehidrasie en soute-verlies
    Drink water – as jy kan iets souterigs, soos Marmite-water (een teelepel op ’n liter koue water). Of eet iets souterigs, saam met gewone water.
  • Troetel jou vel
    Jou vel het moontlik ook verbrand. Erge sonbrand is eintlik ’n brandwond. Wend Burnshield aan.

Lees ook: Die slimste UV-gids wat jy moet gebruik

3. Blase gebrand

Tekens

Eers brand jy rooi maar ná ’n dag of wat sien jy dat van klein blasies tot reuseblase onder jou boonste vellaag begin vorm.

Hoe help jy jouself?

  • Los hulle!
    Moenie jou blase stukkend steek nie. Jy ontbloot rou vel wat baie vatbaar is vir infeksie, en wat lelike letsels kan veroorsaak. Blase gaan vanself oop sodra die nuwe vel sterk genoeg is. As die blaasvel uitgedroog het en afdop, kan jy dit stadig aftrek – nooit vinnig nie, want jy wil net aftrek wat reeds los is.
  • Drink ’n pynpil
    Daar is regtig niks wat sonbrand en blase oornag wegneem nie. Jy moet maar die ongemak wegdokter met ’n parasetamol (wat die pyn stil) of ’n aspirien (wat die pyn stil en inflammasie verminder).
  • Hou jou vel koel en vogtig
    Gebruik ’n waterige room, en wend dit baie saggies aan sodat jy nie jou vel rek nie. ’n Aanspuitroom is nog beter.

Lees ook: ’n Slim sonskermroetine vir jou kinders

Wees sonslim met sonskerm

4. ’n Slegte val

Tekens

Jy het skeef getrap of geval en ’n gewrig of jou enkel verstuit, en nou is dit bloedrooi en opgeswel. En dit klop en pyn.

Hoe help jy jouself?

  • Beskerm die seer gewrig
    Jy het hopelik net ligamente gerek, en niks gebreek of afgeskeur nie. Jou gewrig is nou baie vatbaar vir verdere beserings. Daarom moet jy hom beskerm. Draai ’n rekverband taamlik ferm om die seer gewrig om alles in posisie te hou. Die verband help ook dat die gewrig nie verder swel nie.
  • Rus die seer ledemaat
    Jy sal nie pyn wegloop of wegwerk nie. Verdere gebruik doen verdere skade. Rus dit vir ’n dag of twee. Haal jou gewig van jou voete af. As jy moet loop, gebruik ’n kruk.
  • Sit ys op
    Koue help dat die swelling sak. Haal jou verband vir twintig minute van elke uur af en hou die verswikte gewrig in yskoue water, of sit iets soos ’n sakkie bevrore ertjies daaroor. Verbind weer jou gewrig. Hoe gereelder jy dit veral die eerste dag herhaal, hoe minder is die swelling.
  • Lig dit hoog
    Dit help vir limfdreinering en verlig die swelling.

Lees ook: Wat jy moet weet oor slange en slangbyte

Help jouself, sonder voorskrif

Insekbyte
Antihistamienroom, soos Phenergan. Moenie krap nie!

Koorsblare
Beta-Vira of Acitab. Begin dadelik.

Bloublasiebrand
Verwyder heel eerste die stringe van jou vel – maar nie met jou kaal hande nie. Gebruik ’n skulp of handdoek. Spoel die vel met seewater af. Hou dit nou vir 10-20 minute in yskoue of vuurwarm water, wat die gif help inaktiveer. Wend Stingose of ’n pasta van bakpoeier en water aan.

Aambeie
Anusol, Preparation H of ’n ligte kortisoonroom.

Brandwond
Burnshield. Maar gaan na ’n dokter of ’n noodeenheid of ’n Clicks- of Dis-Chem-apteek as die wond baie diep of baie groot is, of infeksie inkry. (Dit sal begin klop.)

Ooginfeksie
Jy kan Brolene-oogdruppels probeer maar dit kan ernstig wees. As jy skielik sleg sien, gaan liewer na ’n dokter of oogkundige.

Sistitis
Pyridium of Uri-Kleer.

Kandida
Canesten of Medaspor.

Sooibrand
Gaviscon, Lenamet of Lancap.

Onthou!

Onthou om altyd eers met jou dokter te praat voordat jy jouself medikeer of ’n diagnose maak.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.