Margaret se Wêreld: Die mooiste vrou in die wêreld – en ek

Margaret se Wêreld: Die mooiste vrou in die wêreld – en ek deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sommige dae word jy wakker en jy wil nie uit die bed opstaan nie. Almal weet hoe ek die roetine voor die spieël haat. Die grimering. Die hare. (Veral die hare. Ek begin nou eers daaraan aandag skenk. ’n Mens kan op foto’s sien watter dae was ek nie lus om uit die bed op te staan nie.) Maar daar is  altyd sterre wat jy weet belangrik is vir jou kliënte, dus word jy gedwing om iets aan jou gesig te smeer en jou hare te stileer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Margaret se Wêreld: My oggendroetine

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op 23 September was dit presies ’n maand sedert ek my operasie gehad het om ’n aggressiewe kankergewas van my neus te verwyder en dit het ’n gat van 7 mm gelaat wat toegemaak moes word.

Lees ook: Margaret se ope brief oor die kankergewas op haar neus

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Margaret se Wêreld: Die operasie

Dit was omtrent tien dae na ek na Toronto gevlieg het om onderhoude vir kliënte te doen en ek het ’n dag later teruggevlieg.

Elke dag het nuwe emosionele uitdagings gehad en ek was steeds besig om aan te pas. My fisieke voorkoms was die laaste ding in my gedagtes.

Lees ook: Ons het almal sulke dae

Ek het ’n Sondagoggend wakker geword met die gedagte om dinge stadiger te probeer neem. Ek het my kalender nagegaan en die naam Dakota Johnson het uitgespring.

Ek het 30 minute gehad om die afspraak na te kom. Ek het in die stort gespring, helderrooi lipstiffie aangesit, my hare gevleg en ek is by die deur uit. By die verkeerslig het ek iets aan my oë gesmeer. Um. Die resultaat is die onderstaande foto. Kom ons wees eerlik. Soms moet jy meer as 10 minute neem, of ten minste na jouself in ’n spieël kyk voordat jy langs een van die mooiste 29-jariges in die wêreld gaan sit!

Margaret en Dakota Johnson. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Omhels wie jy is

Ek was vies vir myself. Maar raai wat, mense? Ek is trots op myself dat ek dit tot by die perskonferensie gemaak het. Ja, ek moes daardie los sliert hare wat agter my oor losgekom het, ingesteek het. En ja, ek het soos ’n 59 jarige gelyk. Maar weet jy wat? EK IS 59 JAAR OUD.

So, geluk aan myself dat ek dit so ver in my lewe te maak het en steeds pret het en geïnspireerd is deur hierdie jonger generasie vroue vir wie Dakota Johnson verteenwoordig.

Die resep van die lewe is om pret te hê, selfs al is jy moeg  … en om te omhels wie jy is. Wel, dit is my resep, en dit werk vir my. So ek lyk nie altyd so goed nie, maar dit gaan oor hoe ek voel en wat ek sê en sommige dae lyk ek beter en sommige dae lyk ek erger, maar die glimlag van die lewe is ’n keuse en ek werk aan die glimlagte.

Lees Margaret se onderhoud met Dakota Johnson: Klik hier

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.