Margaret se Wêreld: Dit was Cannes en hierdie is Bali

Dit was Cannes en hierdie is Bali deur Margaret Gardiner

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Laat ons die ure aanteken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Uur per motor van Cannes na Nice. Twee uur per vliegtuig van Nice na Duitsland. Elf uur na LA. Een uur huis toe. Volgende dag. Een uur om te ontspan, twee uur na San Francisco. Sestien uur na Singapoer. Twee uur na Bali. Tydsveranderinge: agt uur verskil tussen LA en Cannes. Vyftien uur verskil tussen Bali en Los Angeles.

Die vraag is, waar is ek?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is my spertye?

En, die belangrikste, waar is my skedule?

Ek wag vir die onderhoud met Chris Hemsworth vir my YouTube-kanaal vir Sony se Men In Black-heropname

Dit klink oorweldigend.

Die brein sukkel met die klein detail. Ek mis belangrike goed. Ek probeer prioritiseer. Maar ek leef! Ek kan slaap. Ek weet ek moet slaap, maar die lug is soel en die oseaan warm en die swembad lyk of dit tot by die horison strek. Daarby is die talent sjarmant, daar is ’n nuwe kultuur en dinge om te sien en plekke om te besoek. En ek glimlag. En ek slaap op vreemde plekke, waar en wanneer ek kan. En ek sal hierdie werk bo enigiets anders kies.

Geen grimering nie en my hare in ‘n bolla. Sloffies aan my voete en ‘n gholfkarretjie (met die komplimente van die Ritz Carlton Bali) om my rond te ry sodat ek nie verdwaal weens my vlugvoosbrein nie.

Kort, intense aktiwiteite tussen lieflike gesinstyd rondom die braai en stories om uit te ruil. Kook, praat, lag en slaap op snaakse tye omdat jou lyf nie seker is waar hy nou is nie. Maar jy beplan en berei voor.

Ek reis gemiddeld elke twee weke vandat ek 16 was en die fotograaf Bernard Jordaan my aan die hoof van L’Agence-modelagentskap voorgestel het. Ek is na Parys genooi om modelwerk te doen. Om op ’n vliegtuig te klim is nie vir my snaaks nie. Daar is altyd mense en glimlagte en avonture om te beleef. Dit laat die lewe glad verloop.

Ek kan dié hotel aanbeveel. Die Ritz Carlton in Bali het ’n hyser wat jou op ’n soort Disney-rit van ontvangs af na die kamers neem. Die skoonheid is asemrowend. Elke hoek is groen en die lug maak my hare wild en krullerig.

Ek spring uit die bed tot in die swembad, en van daar gaan ek af na die strand. Sonsopkoms, ontbyt en ’n gholfkarretjie wat gereed staan. Daarna terug kamer toe om te stort, navorsing te doen en om grimering aan te sit. Die hare in ’n bolla. Weer uit by die deur in ‘n gholfkarretjie en op met die hyser terwyl ek na die eindelose see kyk.

Uitsig uit die hyser

Spring op ’n bus na ’n ander hotel waar daar nog meer asemrowende swembaddens, waterfonteine, blomme, rangskikkings en rolprentsterre is. Ek sit en wag om met Chris Hemsworth te praat. Hy speel in die heropname van Men in Black. Hy is die toonbeeld van ’n rolprentster, ses voet drie, blond, blou oë, pragtige glimlag. Én hy is gaaf.

Die agtergrond van ons onderhoud

Toe ek vra vir ’n wye skoot weens my neus, onderbreek hy my: “Jy lyk goed, moet jou nie bekommer nie.”

Dit is gaaf, maar die kere wanneer ek vergeet om die kameraman te vra om ’n wye hoek te neem, kan jy die skewe neus, die knop aan die kant en die L-vormige letsel sien. En dit is al wat ek sien, daarom vra ek.

Die onderhoud is pret en toe ek weer daarna kyk, sien ek my hare staan wild omdat ek dit in ’n bolla vasgemaak het en daarvan vergeet het voor ek op kamera verskyn het. Ek sien Chris gebruik sy hande meer as ek as hy praat en dit laat my lag. Ons maak klaar toe die son sak en die lug met skoonheid gevul word. Ek bestel ’n drankie en fokus. Daarna gaan ek terug na my kamer om die video vir my YouTube-kanaal te redigeer voor ek dit oplaai en slaap.

Ek word vieruur die oggend wakker en spring uit die bed om in stilte die sonsopkoms oor die strand te geniet.

Ek spring in die helende atmosfeer van die sonsopkoms.

Ek asem die sagte gedruis van die oseaan in. Ek ly aan vlugvoosheid, maar my omgewing oorweldig my met skoonheid. Dit heel my van binne. Ek voel, soos so dikwels, energie oor my spoel. Ek voel lus om in die rondte te tol en in die lug te spring van vreugde.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.