kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheid: Zero-afval

Skoonheid: Zero-afval deur: Suzanne Kotzé Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Plastiekstrooitjies, balonne, foelie, onnodige plastiek in verpakkingsmateriaal; ons is almal meer bewus as ooit van watter slegte uitwerking hierdie dinge op ons samelewing het! Mintel se 2019 globale skoonheids en persoonlike trend-voorspelling reken Sub-Zero afval gaan die grootste trend vir die volgende paar jaar wees. Hulle gaan selfs so vêr as om te sê dat besighede wat nie nou hulle aanslag tot afval verander nie, nie meer in die toekoms sal bestaan nie. Besighede moet aanpas om volhoubaar te wees en nie onnodige afval te skep nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 10 stappe nader aan ’n zero waste-leefstyl

Gelukkig is dit reeds aan die gebeur met groot maatskappye soos Unilever en L’Oréal wat beloof het om teen 2025 slegs 100% herwinbare, herbruikbare en kompasteerbare plastiek te gebruik. In 2018 het Proctor & Gamble gesê hulle gaan 25% herwinbare plastiek gebruik oor hulle reeks van meer as 500 miljoen haarsorgproduk-bottels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Jy kan ’n plastiekvrye badkamer skep

Dink twee keer voordat jy enige iets, selfs verpakking weggooi.

Foto: Suzanne Kotzé

Ek gebruik graag my leë potjies oogroom om ringe in my juwele laaitjies te bêre. Dit is ook wonderlik as jy reis; draai net die doppie op en siedaar jou ringe is reg vir inpak. Die dosies waarin rome verpak word, beland ook dikwels in my juwelelaai om kettinkies of armbande in te bêre.

Onthou al is bio-afbreekbare produkte en verpakking beter vir die omgewing, is vullishope (waarop die meeste bio-afbreekbare verpakking beland) nie die ideale plek vir bio-afbreekbare produkte nie. In die natuur of jou tuis-komposhoop sal dit abreek, maar by groot vullishope is daar nie genoeg bakteriëe, lug, lig en water om die proses aan te help nie.

Die wetgewing is ook nog nie in plek vir bio-afbreekbare stellings nie. Doen jou huiswerk.

Lees ook: Dink voor jy weggooi: Slim wenke vir herwinning

Produkte wat slimmer verpak is met minder plastiek en/of produkte waar die verpakking uit bio-abreekbare formules bestaan, is beter keuses.

Nuxe Nuxuriance Ultra Replenishing Serum (R695) Nuxe het reeds in 2013 eko-vriendelike potjies ontwerp wat 81,5 % ligter is en van ’n enkele herwinbare materiaal, polipropileen gemaak is. In 2014 het dit die toekenning vir Volhoubare Skoonheid gewen. Alle verpakkingsmateriaal word met plant-gebaseerde ink gedruk en papier word van volhoubare woude verkry. Hulle is ook betrokke by ’n projek om bye te beskerm en om te help om gesonde drinkwater beskikbaar te stel in Kambodja en Madagaskar.

Lees ook: Waterwys, wêreldwyd ’n groot trend

Lush Naked Skincare Cleanser Jade Roller Naked Cleanse (R89 vir 15g) is deel van Lush se nuwe Naked Skincare-reeks wat  geen plastiekverpakking bevat nie, dit is selfpreserverend en bevat geen parabene nie, maar hou nogtans baie lank op die rak en bevat geen diere-byprodukte nie. Lush is bekend vir hulle omgewingsvriendelike produkte.

Lees ook: 9 maniere om plastiekvry te lewe

Eco Diva Face Wash( R335 ecodiva.co.za) het ’n hervulbare glasbottel in plaas van plastiek. Eco Diva bevat geen chemiese bestandele nie en gebruik organiese en natuurlike, bio-afbreekbare bestanddele.

Avène Eau Thermale Cleanance Suncare SPF50 (R249,95 vir 50ml) al hulle sonskerms is bio-afbreekbaar om nie ’n negatiewe uitwerking op die seelewe te hê nie. Hulle is deel van Skin Protect Ocean Respect.  Klik hier om meer te leer

KIEHL’S “Made for All” Gentle Body Cleanser (R550 vir 500ml) is bio-afbreekbaar en bestaan uit meer as 95% natuurlike bestanddele.

Lees ook: Kougom: Krisis of kougeld?

The Body Shop Drops of Youth Sheet Mask (R95) is ten volle bio-afbreekbaar (baie min lappiesmaskers is) en  word van herwinbare hout gemaak wat binne ’n maand afbreek en jy kan dit op jou komposhoop/drom gooi. Dit is ook veganis-vriendelik. The Body shop was van die eerste omgewingsbewuste handelsmerke, wat lank reeds ’n verskil probeer maak.

Reinigingslappies en watte word gereeld gebruik en eindig op die vullishoop. Gelukkig is hierdie bio-afbreekbaar

Cherubs Biodegradable ECOtton Rounds (R23,99 vir 80 Dis-Chem and Pick n Pay)

Cherubs Facial-Wipes Sensitive/Dry (R24,99 vir 24, R44,99 vir 60  Dis-Chem and Pick n Pay)

Cherubs-Eco-Facial-Wipes Oily-Combination (R24,99 vir 24, R44,99 vir 60 Dis-Chem and Pick n Pay)

Cherubs-Eco-Facial-Wipes Normal (R24,99 vir 24, R44,99 vir 60)

Natracare Organic Make-Up Removal Wipes (R89 beskikbaar by faithfull-to-nature.co.za) bevat geen parfuum of parabene nie, is geskik vir sensitiewe vel en reinig sagkens.

Shea Moisture Coconut & Hibuscus Facial Wipes (R199 beskikbaar by Clicks) bevat kokosneutolie en vetsure wat jou vel voed en hibiskusblomme en Songyi sampioen wat help om jou vel helderder te laat lyk.

RVB SKINLAB diego dalla palma  CELL DETOXIUM OXYGENATING SCRUB (R495) help om onsuiwerhede en dooie vel te verwyder sodat jou vel ‘beter asemhaal.’ Dit is bio-afbreekbaar.

Avène Trixera Nutrition Nutri-Fluid Cleanser (R179,95 vir 400ml) is bio-afbreekbaar, bevat geen seep nie en geskik vir selfs die mees sensitiewe velle. Jy kan dit op jou lyf en gesig gebruik.

RAIN se reeks Castile Hand and Body washes (R109 elk beskikbaar by shop.rainafrica.com) word van ‘extra virgin’-olyfolie, kokosneutolie, gliserien en kasterolie gemaak. Dit reinig en bevogtig jou vel. Dit bevat geen SLES, SLS, minerale olies of petrochemiese bestanddele of parabene nie. Dit is ten volle bio-afbreekbaar.

Oneka Goldenseal and Citrus Body Wash (R55 vir 60ml en R355 vir 500ml) ruik heerlik vars en is strelend. Dit is bio-afbreekbaar.

Earthsap Citrus & Ginger Body Wash (R79 beskikbaar by Wellness Warehouse, gesondheidswinkels, faithful-to-nature.co.za en uitgesoekte Spar en Pick n Pay-winkels) ruik heerlik vars en pomelo en gemmer help met jou bloedsirkulasie. Dit is omgewingsvriendelik en bio-afbreekbaar.

Earthsap Almond Milk & Honey Body Wash (R79) streel en bevogtig jou vel terwyl dit reining. Dit is omgewingsvriendelik en bio-afbreekbaar.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.