Deur Margaret Gardiner
Welkom by Oktober. In die Suidelike Halfrond lui dit die aanloop tot Kersfees en somer in. In die Noordelike Halfrond begin die winter sy kleure met korter dae en koeler temperature wys. Maar as jy in die vermaaklikheidsbedryf is, weet jy dat die Oscar-toekennings binnekort gaan begin. Soos die Venesiese Rolprentfees in Europa klaarmaak en die vorige rondte Emmy-toekennings op die televisie gevier word, begin elke fliek wat hoop om vir ’n Oscar raakgesien te word, sy soektog na erkenning.

Margaret Gardiner by die Netflix-geleentheid in ’n rok wat die Suid-Afrikaanse ontwerper Carole Schonveld 28 jaar gelede vir haar gemaak het. (Foto: Verskaf)
Ek het Venesië vanjaar oorgeslaan om die Toronto Internasionale Rolprentfees (TIFF) by te woon. Dis slegs vyf uur weg van LA teenoor die rowwe 13 uur na Venesië om nie eens te praat van die nege uur lange tydsverandering nie. Flieks wat hoop om in Maart en by die Oscar-toekennings ’n impak te maak, word ten toon gestel. Angelina Jolie het in ’n klein onafhanklike fliek genaamd Couture verskyn. Dit gaan oor wat met jong meisies gebeur wat in die modelwêreld gewerf word.
As iemand wat oor hierdie werklikheid in fiksie skryf onder die titel Damaged Beauty, het dit die manier vasgevang waarop baie jong meisies sonder volwasse toesig in die diep kant gegooi word en op moet staan of moet val. Dit wys nie net die gebrek aan toesig oor jong meisies nie, dit delf ook in ’n vrou se menswees (Angelina Jolie) wat die ontdekking hanteer dat sy gevorderde borskanker het.
As iemand wie se ma, Marcheline Bertrand, aan borskanker oorlede is (2007), en wat ’n dubbele mastektomie ondergaan het, het die aktrise in trane uitgebars toe sy gevra is na raad vir vroue wat in haar skoene loop. Sy het ’n storie oorvertel oor haar ma wat opgemerk het dat wanneer jy kanker het, mense net met jou oor jou kanker praat. Die fliek Couture vier ook een vrou se ervaring om te hoor dat sy die gevreesde siekte het en haar stadiums van hantering van daardie waarheid tydens die Paryse Modeweek.
Daar is baie rolprente wat op ware gebeure gegrond is waaroor ek in die volgende maande in diepte- onderhoude sal voer. Hamnet is ’n fliek deur die Oscar-wenner Chloe Zhao wat die eerste vrou van kleur geword het om ’n Oscar vir Nomadland te wen. Ek het die kans gekry om met haar en die hoofaktrise Jessie Buckley te gesels oor die inspirasie daaragter wat op historiese data gegrond is en gebruik is om die fliek te maak. Hamnet was die naam van Shakespeare se seun en die rolprent fokus op die invloede wat tot sy grootste werk, Hamlet, gelei het.
Roofman is ook ’n feitelike storie met Channing Tatum en Kirsten Dunst in die hoofrolle oor ’n ontsnapte gevangene wat in ’n speelgoedwinkel wegkruip en op een van die werknemers verlief raak. The Lost Bus met Matthew McConaughey handel oor die brande in Los Angeles. Dit sal jou op die punt van jou stoel hou. Eternity is ’n klug oor wat in die hiernamaals gebeur wanneer jy meer as een ware liefde in die lewe gehad het. Met wie kies jy om die ewigheid deur te bring? Dis ’n interessante idee. Sou jy die een kies wat weggekom het of die een met wie jy jou lewe deurgebring het? Pas dit nou op jou lewe toe!
- Kirsten Dunst en Channing Tatum (Foto: Verskaf/ Paramount Pictures)
- (Foto: Verskaf/ Paramount Pictures)
Die Golden Globes, wat twee maande voor die Oscars plaasvind en die eintlike toekenningseremonies in Januarie afskop, het hul jaarlikse “Road to the Golden Globes” aangebied tydens ’n deftige partytjie vol sterre wat by die Four Season’s Hotel in Toronto gehou is. Natalie Portman, Channing Tatum, Kirsten Dunst, Andrew Scott, die nuwe blondine in Hollywood – Sydney Sweeney – Paul Mescal en meer het in die dakwoonstel saamgekom en tot in die vroeë oggendure gekuier.
Ek het verblyf in Toronto vir ’n beperkte tyd gekies om vir die Netflix Emmy-partytjie terug te keer. Soos alles wat Netflix doen, het dit van glans, pret en sterre gewemel. Dit het ’n top-DJ gehad wat afgeskakel het om ook die tromme te speel terwyl sterre op die maat van die musiek op die dansvloer gespring het en die sjampanje laat vloei het. Hulle het baie gehad om te vier deur 30 Emmy-beeldjies huis toe te neem. Die reeks Adolescence het elke hoofkategorie waarin dit meegeding het, gewen, en as jy dit nog nie gesien het nie, beveel ek dit sterk aan. Dis boeiend. Die ster Owen Cooper, het op slegs 15 die jongste man geword wat nog ’n Emmy gewen het.
Een van die voordele van ’n Netflix-geselligheid is hul idee om pantoffels of gemaklike skoene by hul geleentheid te verskaf. In plaas daarvan om rond te swaai in hoë hakke, kon ek gemaklike pantoffels aantrek terwyl ek aan pizza, taco’s en heerlike versnaperings gesmul het. Omdat ek nie by my ontwerper kon uitkom nie, het ek gekies om ’n rok te dra wat die Suid-Afrikaanse ontwerper Carole Schonveld 28 jaar gelede vir my gemaak het! Die talent van Suid-Afrika het beteken dat ek my vintage-mini kon dra en sterre het gevra: “Wie dra jy!?”
- Jude Law en Bela Bajaria (Foto: Verskaf/Netflix)
- Owen Cooper en Netflix Hoof Uitvoerende Beampte, Ted Sarandos (Foto: Verskaf/Netflix)
Dit was een week in September. Hou die rooi rose-blad dop vir diepgaande onderhoude met Leonardo di Caprio, Jennifer Lopez, Scarlett Johansson en meer.
Volg Margaret op Youtube, Facebook, Twitter en Instagram!
Lees ook: Meesterlike Hen spook Oktober in teaters






