Margaret se Wêreld: My oggendroetine

Margaret se Wêreld: My oggendroetine deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Gerda Genis – geneem April 2018.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het meer as 30 000 myle gevlieg in Oktober, en ek is steeds besig om te herstel van ’n operasie wat ’n impak gehad het op hoe ek myself sien. Ek probeer die spieël vermy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voor my operasie moes ek al my vitamines uitsny en ek het nog nie weer daarmee begin nie. Ek is steeds beseer en kan nog nie oefen soos ek wil nie. Ek lyk nie op my beste nie.  Ek is nie hard op myself nie, en ek hoef nie jonger te lyk as wat ek is nie, maar ek wil op my beste lyk.

Vandag is die eerste dag van die res van my lewe. Dit beteken ek kan myself vergewe en weer begin. Ek is van plan om weer na myself te kyk. Ek hoef nie te gaan werk nie, so ek kan nou by al die goed uitkom waarvoor ek nie kans kry wanneer ek reis nie.  Ek het nou tyd om myself te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Margaret se ope brief oor die kankergewas aan haar neus

Ek reinig my vel met Pond’s Cold Cream, iets wat ek gebruik sedert ek dertien jaar oud was. Dit raak ontslae van oppervlakkige vuilheid. Dan wend ek Purity se One Step Facial Cleanser aan; dis ’n natuurlike produk wat iemand aanbeveel het, en dit laat my veltoon onmiddelik beter lyk. Ek klim in my jacuzzi-bad wat gevul is tot by my nek en ek ontspan. Vyf minute later verwyder ek die reiniger saggies in ronde bewegings met ’n waslap, insluitende die nek en bors. Wanneer ek klaar gebad en afgedroog is, wend ek Estée Lauder Resilience Lift Firming/Sculpting Face and Neck Cream aan. Dit bevat ook ’n sonskerm met ’n SBF 15.

Dan gebruik ek my Biocorneum Advance Scar Treatment van Sientra op my neus. Dit maak die litteken op my neus minder sigbaar. Ek gebruik Visine Totality, oogdruppels vir moeë oë.  Die rondrits maak my vel baie droog en die tydverskille van agt of nege ure maak my oë baie moeg. Ek tik ’n bietjie Age Defying Protective Eye Cream van Borghese aan vir die holtes met vetkussinkies wat onder my oë gevorm het. Ek weet nie of dit van dehidrasie, moegheid of ouderdom is nie. Ek het nooit oogroom gebruik toe ek jonger was nie, want dit het my oë laat opswel. Noudat ek die holtes ontwikkel het, help die oogroom nogal baie.

Die finale produk in my velsorgroetine is Neutrogena Ultra Sheer Dry Touch Sunblock SPF 55. Ek hardloop rond vandag, so geen grimering vir my nie. Ek wend Lait Corporel Verveine, Verbena Body Lotion van L’Occitane en Provence op my lyf aan.  Dit het die lieflikste geur en bevogtig my vel.

Ek trek my jeans van H&M aan- ek is mal oor hierdie jeans omdat die pype lank genoeg vir my lang bene is.  Ek kombineer dit met ’n klassieke t-hemp.  Ek hou nie van tierlantyntjies nie, maar verkies uitrustings wat eenvoudig, maar stylvol is. Ek trek my gunsteling paar Converse-tekkies van Varvatos aan en draai ’n serp om my vir ekstra beskerming teen die Los  Angeles-son.

Ek is op pad uit by die deur toe ek myself in die spieël sien.

Hmmm, ek het dalk tog ʼn tikkie kleur nodig.  Ek gryp my Vivid Matte Liquid in Nude Flash van Maybelline en wend dit vinnig op my lippe aan.

Ek gryp my sleutels en trek my vingers deur my hare en hardloop by die deur uit om my af-dag te begin.

Om op hoogte te bly met Margaret se besige en interessante lewe, volg gerus haar blog vir rooi rose. Jy kan haar ook op sosiale media volg: facebook, Instagram, twitter, en youtube.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.