Margaret se Wêreld: Só herstel ek na die partytjieseisoen

Margaret se Wêreld: Só herstel ek na die partytjieseisoen deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Teen die derde week in Januarie begin alles stabiliseer ná die feestyd. Dit is ook die tyd van die Sundance-rolprentfees, wat deur Robert Redford gestig is. Dit word in die berge buite Park City, Utah gehou. Ek woon dit nooit by nie want dit is die tyd wat ek rustiger raak na die besige Golden Globe-tyd. Dan probeer ek weer in my roetine kom en probeer dinge herstel wat ek afgeskeep het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Margaret se Wêreld: Die oploop tot die Golden Globes

Margaret se Wêreld: Ons het almal soms ’n helpende hand nodig

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Margaret se Wêreld: Partytjies is harde werk

Margaret se Wêreld: Hy is wel glansryk, maar hy is nie Emily Blunt nie

Een van my grooste bederwe is om in ’n diep borrelbad te ontspan. Ek skakel die borrelbad-knoppie aan, wend Olay Pro-X aan wanneer ek inklim – en ek geniet die luuksheid. Daarna diep-reinig ek my vel, nek en bors. Ek spoel dit af en wend Eucerin Original Extra Thick Crème aan my lyf terwyl dit nog klam is. Ek druk dit droog.

Lees ook: Margaret se Wêreld: My oggendroetine

Ek smeer Olay se Micro Sculpting Regenerist-room aan. Dit is nie duur nie, so ek werk nie te suinig hiermee nie. Ek smeer dit ruim aan my décolletage.

Ek het grootgeword in ’n era waarin ons die son aanbid het en daarby woon ek dertig jaar in Kalifornië waar ek daagliks aan erge son blootgestel word. Ek het nooit daaraan gedink om die V-lyn van my bors te beskerm nie.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Omhels wie jy is

Olay se Micro Sculpting Regenerist vernuwe en maak die vel werklik skoon. Na 24 uur kan ek my vel sag met my vinger vryf as ek ingedagte is, en dan sal dooie vel steeds afkom. Ek vryf dit dus af met ’n waslap wat ek in sagte sirkelbewegings vryf.  Dit is nogal ’n kragtige room en ek gebruik dit vir sewe dae agtereenvolgend, so twee weke voor ’n groot funksie, om van die dowwe vel en fyn lyne ontslae te raak. Dit is ’n hele proses, maar dit is baie effektief!

Ek doen die volgende oggend ’n onderhoud met Anna Paquin en Matt Le Blanc. Anna is in ’n goeie nuwe reeks genaamd Flack. Dit gaan oor wat die promosiemense moet doen om glansmense te beskerm as hulle droogmaak. Matt Le Blanc maak nou klaar as gasheer van Top Gear en doen nou promosiewerk vir sy nuwe reegs: A Man With A Plan.

Anna Paquin

Anna is wonderlik en gesels oor hoe normaal sy is en hoe erg dit geraak het met die paparazzi toe sy nog met haar man, Stephen Moyer, uitgegaan het. Sy het ook gesels oor hoe sy ekonomiese klas vlieg om geld te spaar as sy op haar eie begroting reis, en hoe ironies dit is dat as jy geen geld het nie, niemand vir jou iets sal gee nie, maar as jy geld het en jy kan dinge bekostig, dan wil mense vir jou allerlei gratis geskenke gee vir promosiedoeleindes.

Lees ook: Margaret se Wêreld: Ons het almal sulke dae

Ek het Matt gevra of daar dinge is waaroor hy as kind gedroom het en wat hy nou kan bekostig. Hy het hierdie hartseer storie vertel: Toe hy klein was, het sy enkelma hom grootgemaak. Hulle het ’n klein kothuis agter in iemand se eiendom gehad. Die huiseienaar het ’n klein grasperkiegehad waarop hy Matt verbied het om te speel! Die beeld van ’n klein seuntjie wat gedissiplineer is om nie te doen wat natuurlik is vir seuntjies nie, soos om ’n bal te skop, breek mens se hart. Hy sê hy besit nou ’n landgoed van 12,000 acre met koeie en baie velde waar hy en sy dogter na hartelus kan speel.

Lees ook: Margaret Gardiner: Ons het almal “bad hair days”

Die lewe is vreemd. Mens dink oor ’n man wat só trots was op sy grasperk hoedat hy nie ’n klein seuntjie wou toelaat om daarop te speel nie. Hoe moes sy kinderjare gewees het dat hy gevoel het hy moet sy grasperk beskerm?

Ons dra almal letsels en een van die dinge van die lewe is dat ons ons letsels moet herken en ons gedrag moet aanpas dat ons nie onsself en ander sal seermaak nie.

Dit is die dinge waaraan ek dink terwyl ek na my tone staar in my borrelbad.

My werk laat my gereeld nadink oor die lewe en hoe mens ruimhartig kan wees teenoor onsself en ander.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels.

Lees ook:

Margaret se Wêreld: 2018 in oënskou

Margaret se Wêreld: Wees trots op Suid-Afrikaners

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.