kategorieë: ReisOntspanning

Maak die meeste van jou vakansiedae in 2019!

Maak die meeste van jou vakansiedae in 2019!  deur Leigh Hermon. Vertaal deur Martie Swanepoel. Hooffoto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Laat jou vakansiedae vanjaar tel

Só kan jy met slegs vier dae se verlof 23 dae verlof en meer as vyf mini-wegbreke (uitsluitend Desember, natuurlik) kry!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  1. Neem een dag verlof in Maart en kry vier dae af!

Jou eerste kans is Donderdag 21 Maart. Jy kan Vrydag 22 Maart af neem en ’n langnaweek van vier dae geniet. Asseblief en dankie!

Foto: pixabay

  1. Paasnaweek is vier dae lank

Die Paasnaweek strek van 19 tot 22 April en dit is vier dae wat nie aan jou verlofdae vreet nie!

Ongelukkig val Vryheidsdag op 27 April vanjaar op ’n Saterdag, so dan kry ons geen vakansiedag nie. Helaas.

Foto: pixabay

Lees ook: Die 8 beste pakwenke vir jou vakansie

  1. Neem drie dae af en kry vyf dae in Mei

Die volgende geleentheid is in Mei met Werkersdag op 1 Mei. Dit val op ’n Woensdag en jy kan die Maandag, Dinsdag óf die Donderdag en Vrydag daarna neem.

Só werk dit:

  • Neem Maandag 29 April en Dinsdag 30 April en dan kan jy van Saterdag 27 April tot Woensdag 1 Mei met vakansie gaan.
  • Neem Donderdag 2 Mei en Vrydag 3 Mei en dan het jy Woensdag 1 Mei tot Sondag 5 Mei af.

Foto: pixabay

Lees ook: Veelsydige items vir jou vakansietas

  1. Ons het vanjaar twee drie-dag naweke: Jeugdag en Vrouedag

Jeugdag val dié jaar op ’n Sondag, 16 Junie, en ons kry Maandag 17 Junie af.

Byna twee maande later is daar nóg ’n drie-dag naweek met Vrouedag wat op Vrydag 9 Augutus val.

Foto: pixabay

Wonder jy wat om met jou langnaweke te maak? Loer hier vir inspirasie.

  1. Erfenisdag: Neem een dag en kry vyf dae af

Hierdie jaar val Erfenisdag op Dinsdag 24 September. Sit verlof in vir Maandag 23 September en dan kan jy met vakansie gaan van Saterdag die 21ste tot Dinsdag die 24ste!

Foto: pixabay

Lees ook:6 Reiswenke vir jou juwele waarvan almal moet weet.

#rrWenk: Onthou, dis belangrik om vroegtydig om verlof aansoek te doen sodat jou aansoek voorkeur kry – voor jou kollegas ook uitvind van hierdie slim verlofplanne! 😉

Foto: pixabay

Hierdie artikel deur Leigh Hermon het oorspronklik in SA Country Life as Here’s how to take 4 days leave & get 23 days off in 2019! verskyn.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

21 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.