kategorieë: InspirasieJou lewe

Marina Beukes oor ‘n dikbek by die huis en ’n dosyn kleinkinders

Marina Beukes oor ‘n dikbek by die huis en ’n dosyn kleinkinders deur Mariette Snyman. Hooffoto: pexels, ander foto’s: verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. ’n Mens sou nooit sê jy is byna 70 nie. Voel jy enigsins ouer?

As ek in die spieël kyk, sien ek verseker 69 somers, dit help nie om teen die prikkels te skop nie! In my kop is ek egter nog jonk en vol lewe, lewensvreugde, lewenslus en vol verwagting dat die beste nog voor is!

Luister nou na Tussen Ons vir goeie raad en inspirasie oor hoe ons gelukkiger kan wees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Dis nie net wat met ons gebeur wat ons vorm nie, maar veral hoe ons dit benader. Wat is in breë trekke jou lewensfilosofie?

Ek het al op ’n jong leeftyd besef dat daar nie ’n perfekte lewe is nie en dat ek die dinge moet aanvaar wat ek nie kan verander nie, my bes moet doen om te verander wat ek kan, en vir die Genade moet vra om die verskil te kan herken.

Ek voel ook dat elke dag ’n nuwe stuk genade is en dat jy dit moet aangryp en voluit leef. Met no regrets, stewig geanker in die Heer se liefdevolle sorg en genade. Ek probeer met groot dankbaarheid leef; dankbaarheid neem jou na iets groter as jouself.

Leef met vreugde en liefde, sorg vir ander, dan vergeet jy ’n bietjie van jouself. Onthou dat humor ’n kameel is wat jou deur menige woestynland sal dra.

Marina Beukes

3. Vertel van jou grootwordhuis en wat jy daar geleer het.

Ek is die oudste van twee sussies, ons is vandag nog beste maats wat alles met mekaar deel. Ons ouers was in die onderwys en ons het sorgvrye kinderdae op die platteland in die Karoo beleef. Vakansies is tussen see- en plaasgrootouers verdeel met groot, uitgebreide families. Ons het sterk familiebande en kuier heerlik saam. Ons was geborge en is met liefde grootgemaak. Kosbare lewenslesse by ons ouers geleer, ’n liefde vir lees, omgee vir ander mense, eerlikheid, goeie maniere, respek en liefde, en dat die Here jou Herder en Toevlug is. My ma is vanjaar 95 en sy leef nog met groot dankbaarheid en vrede.

4. Jy was ’n uitruilstudent by die American Field Service. Wanneer was dit en hoe het jy dit ervaar?

Gedurende 1968/1969 was ek vir ’n jaar in West Des Moines, Iowa, VSA.

Die American Field Service was veral in Afrikanerkringe as ’n volksvreemde organisasie beskou wat liberale denke sou bevorder! My pa was egter ’n verligte opvoeder wat die waarde van so ’n ervaring kon insien. Dit was een van die ongelooflikste ervarings van my lewe.’n Mens kyk met nuwe oë na baie dinge. Dit verbreed jou insig en die lewens- en mensekennis kan nie met geld gekoop word nie. Na 50 jaar het ek nog hegte bande met klasmaats daar.

5. Wanneer en hoe het jy jou man, Pieter Beukes, ontmoet?

As ek aan Pieter dink, onthou ek altyd Lina Spies se gedig “Aanroep”.

God, u wat u besig hou met sonnestelsels;

Planete en engele,

Luister na my:

Ek het ’n gewone mens eindeloos liefgekry.

Ons het op skool ontmoet, ek was in gr. 9 en hy was die hoofseun in matriek! Vir my was dit liefde met die eerste oogopslag! Dit was in 1964 in Port Elizabeth.

6. Wat sien jy as die geheim van ’n gelukkige huwelik?

Ek weet nie regtig wat die geheim van ’n gelukkige huwelik is nie, ek weet net wat vir my en Pieter gewerk het. Ons het min of meer dieselfde agtergrond gehad, geanker in ’n sterk geloof, met dieselfde lewenswaardes. Ons was beste vriende wat alles kon deel en oop en eerlik kon kommunikeer.

Ons het verskillende belangstellings gehad, so ons het vroeg in ons huwelik besluit om mekaar baie ruimte te gee, sonder druk of verwyt. (Hy kon gholf speel en so laat terugkom soos hy wou, sonder die vrees vir ’n dikbek by die huis en andersom!)

Ons het baie gelag en ook geleer om die meeste te maak van wat ons het en die minste van wat ons nie het nie. Ons was albei baie sosiaal. Lief vir vriende, was deel van die skool en kerkgemeenskappe en het ons kinders ondersteun in al hul aktiwiteite.

Ek het gelukkig vroeg geleer: Blessed is the woman who can celebrate her husband’s virility/ With a true generosity that often seeks not so much to be loved than to love.

Met groot genade het die swaar tye ons nader aan mekaar gebring en kon ek die “kroon”op sy kop hou, veral tydens werksverlies, ’n nuwe besigheid en terminale siekte.

Ons het 33 gewone, maar baie wonderlike huweliksjare gehad toe hy op 58 oorlede is. As long as I live,/ He will be remembered.

7. Julle het vier kinders gehad. Wat het ma-wees vir jou beteken?

Ons vier kinders was my grootste geskenke, hulle maak my tegelyk trots en nederig.

Daar is nie ’n handleiding vir ma-wees nie en ek het maar altyd gebid dat die Liewe Heer ’n reguit hou met ’n krom stok sal slaan.

Ma-wees het my geleer: elke kind is uniek, leer hom ken en fokus op sy besondere gawes en talente. Jy hoef nie kinders luuks groot te maak om hulle goed groot te maak nie. Jy moet jou kinders met respek behandel, jy moet hulle respek en liefde verdien.

Jy is nie jou kinders se maat nie, jy is hul ouer wat in liefde moet vermaan.

Elke kind het sy eie voorkeure en talente, jy kan nie deur hulle lewe nie. Soms moet jy hulle toelaat om foute te maak en daaruit te leer, jy kan hulle nie altyd beskerm nie.

Dra jou kinders aan die Here op, Hy sal sorg, jy weet nie altyd wat beter is vir hulle nie. Let go and let God!

Ek het altyd geglo: The life you live is the lesson you teach.

‘n Trotse ouma met van haar kleinkinders

8. Jy is geseën met ’n dosyn kleinkinders. Vertel ons van ouma-wees.

Hierdie titel is die genade en seën vir ’n ouer vrou, reguit uit die Here se Hand. Ek kyk na elkeen met groot verwondering en kan soms nie glo hulle is deel van my en Pieter se liefde nie. Ek geniet elkeen en het ’n nuwe hart gegroei vir elkeen, so elkeen lê sy eie hart vol in my lewe. Ek kan hulle geniet, bederf, inspireer en soen en druk! Hulle is kosbare juwele vir ’n luukse oudag.

9. Toe Pieter oorlede is, moes jy saam met jou voltydse pos as maatskaplike werker jul drukkery, Western Printers, vestig en groei. Watter besigheidswenke het jy vir entrepreneurs?

Ek is nie regtig ’n sakevrou nie, maar ek het ’n paar dinge oor besigheid op die harde manier geleer.

  • As jy ’n onderneming begin moet jy ’n “klipkouer” wees en die Here vertrou.
  • Oornag-sukses gebeur nie oornag nie!
  • Jou werknemers is jou besigheid: pas hulle goed op, leer hulle, inspireer hulle, ken hulle en beloon hulle.
  • Eerlikheid in besigheid beteken ’n lekker nagrus.
  • Leer van ander mense.
  • Pas jou kontantvloei mooi op, ry maar met die ou motor!
  • Neem berekende risikos: Things do not happen, you manage it to an outcome.

Iemand het eendag vir my gesê: Do what you must do, until you can do what you want to do. Dit het my moed gegee om aan te hou! Sukses is die vrede in jou gemoed as jy weet jy het die beste gedoen waartoe jy in staat is.

Marina en die vroue na aan haar hart.

10. Wat is jou grootste wens vir die toekoms?

As ’n mens amper 70 is, weet jy nie hoeveel voetstappe daar nog is nie, daarom is elke nuwe dag vir my die toekoms en wil ek elke dag voluit lewe!

Ek wil my kinders en kleinkinders liefhê en bederf, ek wil lekker kos maak en dit met familie en vriende geniet. Ek wil reis en kuier en gesels. Ek wil nog baie boeke lees en na mooi musiek luister.

Ek wil die see en die bos beleef. Ek wil mooigoed waardeer en geniet en elke dag tee drink uit my mooi koppies. Ek wil graag my beste self word, ek wil liefhê en vergewe en leef met no regrets.

Ek wil jubel in die Here se liefde en genade tot my pad klaar geloop is. Ek wil niks bêre vir die toekoms nie, die toekoms is nou.

Kontak Marina by www.westernprinters.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.