Maak 16 snytjies
Bestanddele
Onderlaag
- 250 ml (1 k) sagte botter
- 140 ml (½ k + 1 e) versiersuiker
- 375 ml (1½ k) koekmeel
- 125 ml (½ k) mielieblom (Maizena)
- knypie sout
- 250 ml (1 k) marmelade
Vulsel
- 210 ml (¾ k + 2 e) sagte botter
- 250 ml (1 k) strooisuiker
- fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 2 eiers, liggies geklop
- 200 g (2 pakkies) fyn gemaalde amandels
- 310 ml (1¼ k) fyn klapper
- 50 g (½ pakkie) gemengde sitrusskil
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n 20 cm x 30 cm-losboomkoekpan met kleefwerende kossproei.
- Onderlaag: Room die botter en suiker saam tot lig en romerig.
- Sif die meel, mielieblom en sout by. Voeg die meel by die bottermengsel en meng tot dit bymekaarkom. Druk in ’n dun lagie in die koekpan.
- Prik die basis met ’n vurk en bak vir 18 min. tot ligbruin. Haal uit en laat afkoel.
- Smeer die marmelade oor die kors, maar los ’n randjie van 1 cm om die kant.
- Vulsel: Klop die botter en suiker saam tot lig en romerig. Meng die suurlemoenskil, eiers, amandels, klapper en sitrusskil by. Skep in die kors en maak glad. Bak vir 45 min. tot goudkleurig.
- Laat in die pan afkoel. Haal versigtig uit en sny in vingerdikte stafies.