kategorieë: VelsorgSkoonheid

Maskers vir Valentynsaand

Maskers vir Valentynsaand deur Suzanne Kotzé en Justine Kroes. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maskers saam met vriendinne

Vra jou vriendinne/gaste om elkeen hulle gunsteling maskers saam te bring en ruil dan onder mekaar uit.

Onthou net:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Maak seker almal se hande is gewas voor julle maskers aanwend.
  • Gebruik  spateltjie in potjie-maskers sodat julle nie mekaar se maskers besmet nie.
  • Gebruik ’n verskeidenheid van aanlos- en afwas-maskers sodat almal nie gelyk hulle maskers moet afwas nie (tensy jy ’n magdom badkamers en wasbakke het!)
  • Jy kan mooi bakke met water en klein handdoeke uitsit waar jou vriendinne hulle gesigte kan afspoel as jy nie genoeg wasbakke het nie.
  • Maak seker jy het ’n drommetjie byderhand vir lappiesmaskers

Hier is van ons gunsteling-maskers

Suzanne toets:

Luukse bederf vir baie #selfliefde

Sisley Black Rose Mask (R2 049). Hierdie maskers is so duur en spesiaal dat jy dit dalk eerder moet spaar vir jouself. Wonderlik voor enige spesiale geleenthede; dit gee ’n pragtige glans, voel heerlik luuks en jy hoef dit nie af te spoel nie (jy kan, maar hoef nie). Ek gebruik dit graag die aand voor ’n spesiale geleentheid en word dan wakker met ’n pragtige, glansende vel. Ek assosieer al die reuk van hierdie masker, met spesiale geleenthede. Duur, maar die geld werd!

Skilfer af en bevogtig

Filorga Oxygen-Glow Mask (R610) word aanbeveel om jou vel gladder, meer eweredig en plomper te help maak en dit te ontgiftig. Dit bevat bestanddele wat jou vel liggies afskilfer en jou vel mooi glansend laat lyk. Jou vel voel ook meer bevogtig na die tyd danksy hialuriensuur.  Los die masker vir 10 minute aan en gebruik louwarm water en ’n gesiglappie of sponsie om die masker te verwyder.

Maskers vir Valentynsaand

Ideaal vir mans ook!

Bioderma Hydrabio Moisturising Mask (R272,99) sal ’n gunsteling wees as jy ’n sensitiewe en gedehidreerde vel het. Dit ruik en lyk neutraal; so jou man of kêrel sal nie te ‘vroulik’ voel met die masker aan nie. Ná ’n somer van baie swem en strand toe gaan, voel my vel taamlik gedehidreer en die masker is so strelend – dit voel sommer of my vel ’n sug van verligting gee wanneer ek dit aansmeer.

PS my man hou ook hiervan en hy het ’n sensitiewe vel wat geneig is om ekseem te kry.

Heerlik hidrerend

Garnier Hydra Bomb Tissue Mask Replumping Pomegranate (R49,95) bevat granaatekstrak en hialuriensuur om jou vel te hidreer. Dit voel heerlik vars op jou gesig. Los dit vir 15 minute aan en onthou om die masker sommer op jou komposhoop te gooi, want die lappie is bio-afbreekbaar.

Voor grimering

Skin Republic Prime + Refine 3 Minute Primer Face Mask Sheet (R52 Clicks, Dis-Chem, Red Square & Edgars) help om jou vel meer glansend te laat lyk en bevat bestanddele wat porieë en merkies laat ‘blur’ en minder opsigtelik te laat vertoon. Wend dit aan, los dit vir drie minute lank aan (dink solank aan wat jy gaan aantrek terwyl jy op die bed lê) en druk die oortollige serum liggies in jou vel in voordat jy jou grimering aanwend. Jy sal ook sommer voel dat jou grimering makliker aanwend.

Justine toets:

Strelende SOS

Eau Thermale Avène Soothing Radiance Mask (R250) is ’n ou gunsteling en sal vir jou ook wees as jy sukkel met inflammasie en ’n droë gesigvel. Ek is dankbaar ek het die masker in my vakansietas gepak nadat ek een oggend laat was en vergeet het om sonroom aan te smeer. Teen sonsondergang het ek soos ’n kreef gelyk! Ek het die masker oor my gesig en skouers aangewend en na 15 minute het my vel minder gloeiend en warm gevoel. Die masker herstel die sperfunksie van die vel, die anti-oksidante en anti-inflamatoriese bestanddele verseker daardie strelende effek en ekstra hidrasie.

Maskers vir Valentynsaand

Oornagmasker

Nimue Super Hydrating Mask (R443) hou ek altyd byderhand ingeval my vel bietjie vaal, droog en trekkerig voel. Die masker wend baie maklik aan en jy het nie veel nodig nie (dit hou ook lekker lank!) boonop ruik dit lieflik en word redelik vinnig geabsorbeer. Hoewel 15 minute op jou vel vir die masker genoeg is – los ek dit sommer oornag aan (dit word ook so aanbeveel) en teen die oggend is my vel soepel, sag en gehidreerd.

Probeer gerus die maskers ook:

Neutrogena Radiance Boost Hydrogel Recovery Mask (R59,95) beloof ’n glansende veltekstuur met vitamiene B3 as ’n hoofbestanddeel in die serum. Die lappie-masker benodig 15 tot 30 minute om die vel te hidreer en glansend te laat.

Die Glamglow Youthmud Glow Stimulating Treatment (R895) staan ook bekend as Hollywood se geheime 10-minute gesigbehandeling in ‘n houertjie! Die bestanddele sluit Glamglow se gepatenteerde TEAOXI groenteeblaar en vulkaniese puimsteen in wat saam beloof om jou vel helder te laat en boonop gladder en sagter te laat voorkom.

NIVEA 1 Minute Detox Mask Pore Refine (R99.99) is ‘n masker met ’n selfverwarmende formule wat help om enige oortollige olies en onsuiwerhede vanuit jou porieë te verwyder en so ook jou porieë heelwat kleiner laat voorkom. Jy het slegs 1-minuut nodig om die masker aan te wend. Perfek vir daardie laaste minuut afspraak!

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes  en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.