kategorieë: LeesOntspanning

Vlam hoofstuk 53: Sterre

Vlam hoofstuk 53: Sterre deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees eers die vorige hoofstukke van Vlam. Klik hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam hoofstuk 53: Sterre

‘n Bekende kloppie in morsekode aan haar woonwadeur maak Niekie wakker.

Marco het op die rolprentstel gearriveer.

Dae te laat, maar darem.

Sug.

Sy is nie lus vir die Fransman wat eens haar maag met vlinders gevul het nie. Sy het dikwels die laaste paar weke gedink hoe dankbaar sy is oor die ervaring in Burkina Faso. Dit het haar finaal laat besef dat daar geen toekoms vir haar en Marco saam is of ooit was nie.

Sy is ook vies vir haarself, want na Marco het sy sowaar weer haar hart op ‘n onmoontlike liefde verloor. Hoe kon sy so dom wees om dit toe te laat?

Sy val altyd vir die verkeerde mans. Pleks het sy jare gelede, toe Henk nog single was, vir hom geval. Goeie Henk op wie sy altyd kan staatmaak.

Nou het Henk vir Irma Pienaar met haar sagtheid en Happy-parfuum.

Maar Henk verdien ‘n meisie soos Irma.

En, sy wat Niekie is, moet liefs alleen oud word, het sy al herhaaldelik vir haarself gesê.

Sy besef sy het duidelik geen goeie oordeel in die mans-afdeling nie. Ja, sy is klaar met mans, het sy al besluit voor sy Angola toe gekom het.

Maar dié gedagte sluip soms by haar kop uit en dan neem die muisneste oor.

Sy sal Duard op ‘n afstand hou, het sy vas besluit, maar o wee, elke keer as sy hom sien, borrel sy teenwoordigheid soos vonkelwyn in haar are en verloor sy beheer.

Daar is weer ‘n morsekode-klop aan die deur.

“Dis drie-uur in die nag! Waar kom jy nou vandaan?”

Die sjarmante glimlag in die maanlig maak geen indruk op haar nie.

“Ek is moeg, Marco, gaan weg.”

Hy probeer sy smekende gesiggie. Dit werk nie meer vir haar nie.

Marco sal voortaan net ‘n kennis wees. Nie eens ‘n vriend nie. Net ‘n kennis.

“Asseblief, Vlam, ek soek net slaapplek vir ‘n paar uur. Jy kan my uitskop voor die ander wakker word as jy jou waardigheid wil beskerm.”

“Jy weet jy is twee dae laat. Maar, ek vergeet, jy dink mos net aan jouself.”

Weer die smeekgesiggie.

“Ek het ‘n storie gejaag en toe ek hier aankom, is daar nie slaapplek vir my nie. Ek sal op die ander bed slaap, ek is moeg. Jy wil tog nie hê ek moet buite slaap nie?”

Niekie stem teen haar beterwete in.

“Sesuur skop ek jou uit. En jy gedra jou, anders skop ek jou vroeër as sesuur uit.”

Hy stroop al sy klere nonchalant af en raak kaal op die ander bed aan die slaap. Marco kan onmiddellik aan die slaap raak, asof hy geen gewete het nie, dink sy suur.

En hy slaap altyd kaal.

Soos so baie ander dinge in sy lewe, besef sy, is hy ‘n gewoontedier waaraan niemand ooit sal verander nie.

Nou moet sy net ontslae raak van die ander gewoontedier waaraan sy weet sy nie sal kan verander nie …

Sy baklei opnuut met haarself so in die nagtelike ure met ‘n kaalgat man op die ander bed. Hoe kon sy na die kaalgat vir nog ‘n slymbol val?

Al probeer die akteur soms hard om haar sag te maak, is dit duidelik hy is maar net soos ander mans wat vroue  wil misbruik. Hy wil net vir Melissa jaloers maak en na haar laaste gesprek met Melissatjie, gun sy haar en Duard vir mekaar.

Sy raak genadiglik weer aan die slaap.

Die res van die nag worstel sy met nagmerries oor die laaste maande se gebeure. Sy droom sy arriveer kaal in Cannes en almal lag haar uit. Dan neem haar drome haar terug na haar kinderjare en sy wag vergeefs vir haar ma by die hek. Die nanag se drome worstel sy met haar ontvoerders en Melissa. As sy uiteindelik in ‘n rustige diep slaap verval, slaap sy soos ‘n klip.

‘n Klop aan haar deur maak haar weer wakker. Dis seker weer Marco, dink sy deur die newels en trek die kussing oor haar kop.

Die klop raak harder.

“Gaan weg!” gil sy ongeduldig.

Maar dan hoor sy die deur oopgaan. Sy sien deur haar skrefiesoë Marco se kaal bas. En dan onthou sy. Hy is binne die woonwa.

Dan hoor sy Duard se stem!

Sy skrik heeltemal wakker.

Marco het haar woonwa se deur oopgemaak en daar staan hy met sy kaal stert voor Duard! Sy weet presies wat Duard dink en sy kan hom nie kwalik neem nie.

Sy hoor die akteur wegstap en Marco loer skuldig na haar. “Jammer, ek het nie besef en is kaal toe ek die deur oopmaak nie. Ons het verslaap.”

Niekie antwoord hom nie. Sy beduie hy moet sy klere vat en loop. Nie dat sy eintlik omgee wat Duard dink nie, troos sy haarself. Dis seker maar beter so. Sy trek aan en maak haar emosioneel gereed vir ‘n moordende dag in die son. Sy kan nie wag dat hierdie ellendige fliek nou klaarkry sodat Duard Wayne kan teruggaan Hollywood toe nie. Hy en Melissatjie.

Die tonele vir die dag sluit aksie-tonele in. Daar is ook tonele tussen Duard en Melissa wat eers aan die einde van die fliek gebruik gaan word. Liefdestonele. Dis al wat sy vandag nodig het, dink sy moedeloos en frommel die skedule van die dag op.

Marco probeer sy bes om tussen die tonele deur haar geselskap op te soek. Hy dra yswater en Red Bulls aan. Hy voel blykbaar skuldig oor sy flater die oggend. Middagete kom sit hy langs haar.

“Hy het jou hart gesteel.”

Sy gluur hom aan.

“En, die manier wat hy van daardie eerste aand in Cannes af na jou kyk …”

Niekie kyk anderpad.

“Wel, ons weet wat hy na vanoggend dink, nè?”

Hy vat haar hand.

“Askies, Vlam.”

Sy wil opstaan en loop, maar hy keer haar.

“Ek sal aan hom gaan verduidelik.”

Sy lag.

“Vir wat? Hy gaan tog net ook met my hart mors … soos jy. Onthou jy van my droom oor ‘n huis en kinders? Wel, kan jy Duard in daardie rol sien?”

Marco klou, al wil sy wegruk.

“Ek kan hom inderdaad in daardie rol sien. Ek ken Duard beter as baie mense. Ek ken die ou agter die rolprentheld. Sy hele lewe lank begeer hy ook net ‘n gewone lewe met ‘n vrou en kinders.”

Niekie lag wrang.

“Jy speel seker? Hy?”

Marco lyk ongewoon ernstig.

“Ek gaan nou my broederlike eed aan hom verbreek en jou meer vertel van die sensitiewe siel agter die glansheld. Ek vertrou dat jy dit vir niemand sal vertel nie. Hy mag nooit weet ek het jou vertel nie. Ek doen dit want ek dink julle twee verdien mekaar. Julle is dieselfde soort mens. Ek sou graag wou sien dat julle gelukkig wees.”

As jy Vlam hoofstuk 53: Sterre geniet het gaan jy sommer baie van ons voorlesings van Martie Swanepoel se verhale geniet! Dis gratis – klik net op die pienk speelknoppie.

Botox, Barbies en Bietse

Dans met die rooi rok

Klik hier vir nog lekker podsendings

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.