kategorieë: HareSkoonheid

Matriekafskeid: Inspirasie vir jou hare

By die onlangse 2016 MuchMusic Video Awards in Toronto, Kanada het supermodel en aanbieder van die toekenningsgeleentheid, Gigi Hadid, nie met een nie, maar 4 verskillende haastyle op een aand gespog! Sy het ook ses verskillende uitrustings aangehad, maar wie kan dit nou bekostig! Dis baie goedkoper om verskillende haarstyle sommer self in die badkamer te doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voorkoms 1: Die lae vlegsel vir jou aankoms

’n Middelpaadjie en lae vlegsel is nie net vreeslik trendy nie, maar ook ’n goeie voorkoms om die aand mee te begin. Dit is klassiek en lyk nie asof jy te hard probeer het nie. Van hier kan jy jou volgende style skep (dis nou te sê as jy verskillende style wil hê).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: Stacey Newman/Greatstock/Shutterstock

Voorkoms 2: Die hoë bolla, elegant vir foto’s

Die lae vlegsel het verander in ’n hoë gevlegde bolla. Haal jou vlegsel uit, maak ’n hoë poniestert, vleg jou hare, bind ’n rekkie aan die eindpunt, draai om die rekkie op jou kop, steek vas en … voila! voorkoms nommer 2. Jy kan ook ’n bietjie jel aanwend om wegvlieghaartjies te tem.

Foto: Brian Patterson/Greatstock/Shutterstock

Voorkoms 3: Die hoë vlegsel, vir nuwe energie as die dansery lekker lewe kry

Die knippies is uitgehaal en die partytjie is reg om te begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Brian Patterson/Greatstock/Shutterstock

Voorkoms 4: Die lae poniestert

Ideaal vir die “afterparty” waar jy minder gedoen wil lyk. Maak alles los en bind jou hare in ’n lae ponie, reg vir ’n meer informele voorkoms.

Foto: Gallo Images/Getty Images

Hierdie haarstyle is almal so mooi dat jy ook net een kan kies; elkeen van hulle sal mooi lyk as jou enigste haarstyl.

Pak dit in jou handsakkie as jy jou style wil verander

#rooirosewenk

’n Vlegsel werk nie so goed op silwerskoon hare nie, want skoon hare is baie glad en glip as jy dit vleg. Was jou hare die aand voor die tyd en spuit ’n bietjie droë sjampoe die volgende dag op, nie net om jou hare te verfris nie, maar ook om dit ’n bietjie taai te maak sodat jy makliker kan vlieg.

Ons sê probeer Girlz Only se droë sjampoe,  R45 Dis-chem

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.