1 Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot oondvaste kastrol. Braai die uie, knoffelhuisies, jalapeños en brandrissies daarin tot sag.Mexikaanse maalvleis met nachos
Ingredients
Instructions
2 Voeg die tamatie-pasta, kakao en kaneel by en kook vir 2 min. Roer deurentyd. Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en breek met die agterkant van ’n vurk op.
3 Braai vir 10 min. of tot goudkleurig. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
4 Voeg die tamaties, bier, bone en sojasous by. Laat prut vir 30 min. oor lae hitte of totdat die sous dikker word.
5 Verhit die oond tot 200 °C.
6 Sit die nachos op die maalvleis. Strooi die kaas oor. Bak vir 10-15 min. of tot die nachos goudkleurig en die kaas gesmelt is. 7 Sit met lepels vol suurroom en vars koljanderblare voor.