kategorieë: Ontspanning

MIMCO se Afrika-inspirasie

Wat was die inspirasie agter Code Afriquette S1.15?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek het laasjaar oor Afrika gevlieg en dit, en my besoek aan Suid-Afrika het my geïnspireer met patrone van die natuur en die styl wat ek waargeneem het. Tendense beïnvloed die seisoenale benadering op ’n natuurlike manier, net soos kunsuitstallings, musiekvideo’s en wat ons ook al voel in die mode is. Hierdie seisoen se films het ’n groot invloed gehad met Her, Star Wars, Gattaca en Bicentennial Man hoog op die lys vir inspirasie. Ons het ’n versameling geskep wat kunsmatige intelligensie meng met Afrika-stamtradisie en wat spreek tot retro-futurisme, die nuwe hippie, Art Deco en feminisme. Mimco bevat harmonieuse kontraste!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat was die publiek se reaksie?

Ons het ’n baie entoesiastiese reaksie gekry van die vroue wat by ons koop. Die patroon, tekstuur, detail en materiaal wat ons gebruik het, sowel as die fotografiese veldtog met Ajak Deng, is goed ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is jou gunstelingstuk in die versameling?

As ek dit moes beperk tot een belangrike aankoop vir die seisoen, sou dit die MIMCO Gatta swart handsakkie wees. Die styl is elegant en gesofistikeerd en die mengsel en detail saam met die kettingband bied ’n ekstra gevoel van luuksheid. Dit is groot genoeg om al die noodsaaklikhede in te pas en is die perfekte sak om kantoor toe, en ook saans na ’n funksie te dra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die beeldmateriaal van die veldtog is asemrowend. Waar en hoe is dit geskiet?

Ons het geskiet by die bekroonde Landskapargitektuur, Cranbourne Botaniese Tuine, net buite ons tuisstad Melbourne, Australië. Ons wou ’n oop ruimte hê waar ons beweging in die skote kon vasvang. Die tuine is vol beskermde inheemse flora en fauna, maar die omgewing was ook magies weens die pragtige argitektuur. Christian Blanchard het die veldtog geskiet en hard daaraan gewerk om futuristiese skote met inspirasie van pienk en helder geel te skep. Baie werk en liefde gaan in ons veldtogte in en ons klein, knap span skep saam wonderlike eindresultate.

Hoe lyk die ideale MIMCO-vrou?

Die vrou wat getrou is aan haar eie styl. Sy wil nie dieselfde lyk as ander nie en soek na maniere waarop sy haar eie persoonlikheid en die handelsmerk en stukke wat sy koop, kan kombineer.

Ajak Deng is die gesig van hierdie veldtog. Hoekom het jy haar gekies as model?

Ajak Deng verpersoonlik die MIMCO-vrou. Sy is energiek en het selfvertroue. Sy het haar skoonheid en ’n rou, natuurlike energie na die veldtog gebring, en soos jy sê, die resultate spreek vir hulself. Sy was die perfekte keuse!

Wat kan ons in die toekoms verwag?

Ons gaan vanjaar ’n paar nuwe winkels in Suid-Afrika oopmaak. MIMCO is volgende jaar 20 jaar oud en ons beplan ’n groot feesviering. Ons kyk na hoeveel ons vroue reis en die toebehore wat sy vir hierdie reise nodig het. Kyk uit vir ons Kersfees-versameling. Ons beplan ons somer-veldtog met ’n baie opwindende internasionale gesig. As als goed verloop, sal ons gereed wees vir die volgende ses tot 12 maande en daarna.

Wat is die ideale mode-styl vir KODE: Afriquette?

KODE: Afriquette se vrou is eklekties, maar nog nie oorwerk – en probeer nooit te hard nie. Sy wys haar individualiteit deur ’n unieke stuk of twee, en is sterk genoeg om haar persoonlikheid die held te laat speel. Sy hoef nie in blink goed begrawe te word nie. Sy blink self uit.

Beskryf die nuwe reeks in een sin.

Grafies, atleties, ontspanne glans, eklekties en individualisties.

– Cathryn Wills van MIMCO –

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.