kategorieë: VelsorgSkoonheid

Dis hoekom jy ’n eenvoudige velsorgroetine moet kies

Dis hoekom jy ’n eenvoudige velsorgroetine moet kies deur Suzanne Kotzé. Foto Brooke Auchincloss

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoewel die Koreaanse velsorgroetine met sy tien stappe steeds gewild is, is daar al hoe meer van ons wat ‘n eenvoudiger en minimalistiese roetine verkies. Met ‘n oordaad produkte en inligting tot ons beskikking voel ‘n mens byna oorweldig wanneer jy velsorgprodukte moet kies.

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor K-Beauty

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Onthou

Die beste velsorgroetine is een wat jy volg.

Minder as meer

“Jou velsorgroetine kan dalk net die begin wees van ‘n eenvoudiger leefstyl. As ‘n mens moet analiseer wat jou vel werklik nodig het, dan is dit drie produkte: ‘n Goeie melkreiniger wat reinig en bevog, ‘n ensiemafskilferaar en ‘n veeldoelige vogroom wat behandel en bevog,” sê Carina Franck eienaar en stigter van Kalahari Lifestyle.

Lees ook: Carina Franck se beste raad

Pas lagom toe

Ons het die Deense hygge-konsep (warm en knus) en die Scandi– (Skandinawiese) styl in dekor leer ken, maar dié tendense het ook na velsorg oorgespoel. Volgens Mintel-marknavorsing is die Skandinawiese lagom-tendens – wat beteken nie te veel nie en ook nie te min nie – baie gewild. Dit geld alles – van skoon lyne in verpakking in strelende, neutrale kleure tot produkontwikkeling en formules.

Enige oormaat, van kleure tot bestanddele, soos kunsmatige kleursel, geure en parabene is ‘n nee. As jy geneig is tot velsensitiwiteit (en al hoe meer mense is), is dit wys om minder produkte met minder bestanddele te kies.

Lees ook: Analiseer jou vel met hierdie stappe

Produkte vir ‘n eenvoudige roetine

Dis hoekom jy ’n eenvoudige velsorgroetine moet kies

  1. Dermalogica Meet Dermalogica Kit (R749) bevat al Dermalogica se gunsteling- basiese produkte.
  2. Lamelle Nourish Daily Cleanse (R260) is ‘n seepvrye skuimreiniger met ‘n jeltekstuur wat diep reinig. Ideaal vir die stort.
  3. Kalahari Lifestyle Enzyme Face Buff (R213 vir 50 ml) raak ontslae van dooie oppervlakselle (die groente- en vrugtesure daarin los die proteïenbindings op wat dooie velselle vashou) sodat nuwe gesonde selle na die veloppervlak kan beweeg.
  4. Kalahari Lifestyle Gentle Cleansing Milk (R226 vir 160 ml) werk sagkens om jou vel te reinig en bevat bestanddele soos jojobaolie en strelende rooibos. Geskik vir sensitiewe velle.
  5. Skin Creamery The Everyday Cream (R350).
  6. Vichy Pureté Thermale 3 in 1 Step Cleanser (R180 vir 200 ml) is ‘n reiningswater, tonikum en ooggrimeringverwyderaar in een. Gebruik dit met watte, jy hoef nie jou gesig af te spoel nie.
  7. Optiphi Classic Complete Therapy SPF 20 (R877) is ‘n alles-in-een dagroom wat anti-oksidante, peptiede en retinol bevat.
  8. La Roche-Posay Physiological Foaming Water (R210) is ‘n skuimende miccelar water wat sagkens reinig en nie jou vel se pH versteur nie. Dit bevat geen seep, alkohol, kleurmiddels of parabene nie.
  9. Eau Thermale Avène Soothing Eye Contour Cream (R229,95 vir 10 ml) streel en bevogtig die sensitiewe dele om jou oë. Bevat geen geur- of preserveermiddels nie.
Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

9 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

12 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

16 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.